Strand, Wes-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Strand
Strand se kusgebied soos gesien vanaf Gordonsbaai.
Strand se kusgebied soos gesien vanaf Gordonsbaai.
Ligging van Strand op 'n kaart (Kaapstad)
Strand
Strand
Ligging van Strand op 'n kaart (Suid-Afrika)
Strand
Strand
Koördinate: 34°07′S 18°49′O Koördinate: 34°07′S 18°49′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kaapstad
Stigting 1714
Oppervlak
 - Voorstad 21,36 km²  (8,2 vk m)
Bevolking (2011)
 - Voorstad 55 558
 - Digtheid 2 600/km² (6 734/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 7139 (Busse)
7140 (Strate)
Skakelkode(s) 021
Wandelaars in Strand geniet die sonsondergang oor Valsbaai

Strand is 'n groot dorp aan Valsbaai in die Helderberg-substreek van die Kaapstadse munisipale gebied. Dit grens aan sowel Somerset-Wes en Gordonsbaai en is sowat 48 km van Kaapstad geleë.

Naam[wysig]

Strand is in 1850 Van Ryneveld's Town genoem deur D.J. van Ryneveld, landdros van Stellenbosch, wat grond daar gekoop het. Die dorp het in latere jare ook bekend gestaan as "Hottentots-Holland Strand", "Somerset-Strand" en "Die Strand". Laasgenoemde is in 1918 aan die plek gegee en is in 1937 verkort tot net "Strand". Munisipale status is in 1896 aan die dorp toegeken, nadat dit lank as 't ware die kusvoorstad van Somerset-Wes was.

NG gemeente[wysig]

Wynand Louw was die argitek van die NG gemeente Die Strand se kerkgebou. Dit is in 1930 ingewy.
Hoofartikel: NG gemeente Die Strand.

In 1904 het ds. W. Conradie 'n beroep as tweede leraar van die gemeente Somerset-Wes, met werkkring Somerset-Strand, aangeneem. Die gemeente-wyk het vinnig ontwikkel en kon op 12 Junie 1906 van Somerset-Wes afstig, maar foutiewe prosedure met die stigting het die kansellering daarvan genoodsaak.

Met die ringsitting van 1907 het ds. Conradie 'n memorie van belanghebbendes ingedien waarin die stigting as ongewens verklaar word. 'n Spesiale ringskommissie het in dieselfde jaar rapporteer dat, hoewel die stigting wenslik was, dit onder die omstandighede nie aanbeveel kon word nie. Die gemeente "Het Strand" is daarna op 22 Augustus 1912 met 200 lidmate en 'n sieletal van 450 afgestig.

Die kerkgebou is in September 1930 ingewy. Die gemeente is 'n jaar vantevore "Strand" herdoop toe weggedoen is met die "Het". Die gemeente, soos die dorp, het aanvanklik nie vinnig gegroei nie. In 1933 was hier maar 559 lidmate. Daarna het die getalle vinnig toegeneem tot 2 060 in 1950, met 'n sieletal van 2 990. Die eerste medeleraar is eers in 1950 beroep.

Deur die jare is drie ander gemeentes op die dorp gestig: Strand-Noord (1952), en Lourensrivier-Strand en Suider-Strand (albei in 1972). In 2007 het die vier gemeentes saam 8 049 lidmate gehad.

Bevolking[wysig]

Volgens die nasionale sensus van 2011 het Strand 'n bevolking van ietwat meer as 55 000.[1]

Een-en-vyftig persent van die bevolking is bruin, 34% is wit, 12% swart, en 1% Indiër of Asiër. Twee persent van die bevolking klassifiseer hulself as "ander".[1]

Die wydste gesproke huistaal in Strand is Afrikaans (77%), gevolg deur Engels (14%) en Xhosa (2%). Vier persent van die bevolking het nie een van die elf amptelike landstale of Suid-Afrikaanse gebaretaal as huistaal nie.[1]

Opvoeding[wysig]

Sedert 2007 is daar 19 staats- en privaat skole van pre-primêr tot sekondêr in die Strand. Die hoërskole is Khanyolwethu Sekondêre Skool, Hoërskool Valsbaai,[2] Hoërskool Strand (Afrikaans, 1 067 leerders in 2014), Simanyene Sekondêre Skool (Engels; 1 753 leerders in 2012), Strand Sekondêre Skool (tweetalig; 1 131 leerders in 2012), Rusthof Sekondêre Skool (tweetalig; 1 130 leerders in 2012) en Hoërskool Madrasatur Rajaa Strand (Engels; 170 leerders in 2012). Van die laerskole was onder meer Loreto (Engels; 252 leerders in 2012), Hendrik Louw (tweetalig; gestig in 1880; 808 leerders in 2012), Lochnerhof (Afrikaans; gestig op 17 Julie 1956 [3] nadat Hendrik Louw te groot geword het; 787 leerders in 2012) en Dr. G.J. Joubert (Afrikaans; 1 132 leerders in 2012). Die hoërskole Gordon en Hottentots-Holland is op die grens van Strand en Somerset-Wes geleë en trek leerders van albei dorpe.

Besienswaardighede[wysig]

Strand se naam is afgelei van sy gewilde strand met kilometers wit sand en volop veilige swemplekke.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]