Houtbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Houtbaai
Hout Bay
Uitsig oor Houtbaai
Uitsig oor Houtbaai
Bynaam: Republiek van Houtbaai
Ligging van Houtbaai op 'n kaart (Kaapstad)
Houtbaai
Houtbaai
Koördinate: 34°2′S 18°21′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kaapstad
Stigting 1681[1]
Oppervlak
 - Voorstad 31,14 km²  (12 vk m)
Hoogte m (0 vt)
Bevolking (2011)
 - Voorstad 17 900
 - Digtheid 630/km² (1 631,7/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Skakelkode(s) 021 790

Houtbaai is 'n voorstad van Kaapstad geleë in 'n baai 5 km suid van die sentrale sakekern van Kaapstad.

Geskiedenis[wysig]

Die eerste skriftelike verwysing na Houtbaai is in 1607 toe John Chapman van die Engelse skip Consent daarna verwys het as Chapman's Chaunce (Chaunce is ou Engels vir chance).

Toe die VOC in 1652 in Tafelbaai geland het, het hulle hout nodig gehad om strukture op te rig (onder andere die eerste fort). Daar was egter nie genoegsame goeie hout in die baai nie en die VOC moes verder weg soek. So het hulle die bos aan die suidekant van Tafelberg ontdek en dit het hulle nie lank geneem om 'n buitepos daar te vestig nie.

Jan van Riebeeck het in sy geskrifte daarna verwys as t' Hout Baaitjen en dit die mooiste bos in die wêreld genoem. Vandag is daar egter nie veel van die bosse oor nie.

Geografie[wysig]

Houtbaai in die skemerlig, soos gesien vanaf Chapmanspiek
Houtbaai en sy hawe

Houtbaai word aan drie kante omring deur berge en dit is net die suide waar dit aan die see grens. In die noorde grens dit aan Oranjekloof wat deel uitmaak van die Tafelberg Nasionale Park. In die noordweste lê die Twaalf Apostels, en in die weste Klein Leeukop, Karbonkelberg, Kaptein's piek en die Sentinel. In die ooste grens dit aan Vlaakenberg, Skoorsteenberg en Constantiaberg.

Daar is drie paaie wat uit Houtbaai lei. Die eerste gaan noord-wes langs die Twaalf Apostels verby na Llandudno en Kampsbaai, die tweede gaan in die noordooste tussen Oranjekloof en Vlaakenberg oor Constantianek na Constantia.

Die laaste pad (genaamd Chapman's Peak-rylaan) loop suid teenaan die kus na Noordhoek. Dit is gebou deur gevangenis en amptelik geopen op 6 Mei 1922 deur die goewerneur-generaal Prince Arthur of Connaught. Dit het ongeveer 7 jaar geneem om te bou teen 'n koste van R40 000. Die pad is gereeld gesluit as gevolg van rotsstortings en is in 2004 herbou en omskep in 'n tolpad.

Besienswaardighede[wysig]

  • Die brons luiperd wat op die rotse staan in Florabaai is aan Houtbaai geskenk deur die plaaslike beeldhouer Ivan Mitford Barbeton. Dit is ter nagedagtenis aan al die luiperds wat in die woude gebly het. Die laaste luiperd is in 1930 geskiet.
  • Die ou hawe by Florabaai is die enigste ooblyfselfs van die tyd toe daar mangaan gemyn is tussen 1909 en 1911 teen die hange van Constantiaberg.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Hout Bay near Cape Town”. southafrica-travel.net. URL besoek op 2009-06-12.

Eksterne skakels[wysig]


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg