13 September
Voorkoms
<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
13 September is die 256ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (257ste in skrikkeljare). Daar volg nog 109 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 533 – Belisarius se legioene verslaan Gelimer en die Vandale by die Slag van Ad Decimum, waarmee die herowering van die Weste onder Bisantynse keiser Justinianus I begin.
- 604 – Pous Sabinianus volg Pous Gregorius I op.
- 1276 – Pous Johannes XXI volg Pous Adrianus V op.
- 1394 – Jode word uit Frankryk verdryf op bevel van Karel VI.
- 1677 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-priester van S. Maria in Trastevere.
- 1759 – Die Slag op die Abraham-Ebene by Québec beslis die Frans-Indiaanse oorlog in die guns van die Verenigde Koninkryk.
- 1838 – Pous Gregorius XVI stel Engelbert Sterckx, aartsbiskop van Mechelen, asook Filippo De Angelis, aartsbiskop-biskop van Montefiascone aan as kardinale.
- 1882 – Die magte van kolonel Ahmad Urabi, leier van die Egiptiese nasionalistiese beweging wat teen die Europees-ondersteunde regering van die Khedive Tawfiq rebelleer, word deur die Britse Leër onder sir Garnet Wolseley verslaan by die Slag van Tall al Kabir.
- 1922 – Hoogste temperatuur gemeet: 58 °C (opgeteken in al-Aziziyal in Libië).
- 1979 – Venda word die derde van vier Suid-Afrikaanse tuislande om onder die apartheidsbeleid 'onafhanklikheid' te verkry. Die onafhanklikheid word nêrens behalwe in Suid-Afrika en in die ander onafhanklike tuislande erken nie.
- 1987 – Goiânia-voorval: 'n Radioaktiewe voorwerp word uit 'n verlate hospitaal in Goiânia, Brasilië, gesteel en baie mense word aan bestraling blootgestel.
- 1993 – Ná maandelange geheime onderhandelinge in Noorweë, word die Oslo-vredesverdrag in Washington, D.C. deur die Palestynse Bevrydingsorganisasie en Israel onderteken.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1087 – Johannes II, keiser van die Bisantynse Ryk († 1143).
- 1801 – Alfred Donné, Franse bakterioloog, dokter en bekend vir die ontdekking van trichomonas vaginalis en leukemie; ook die uitvinder van die fotoëlektriese mikroskoop († 1878).
- 1814 – Nicolaas Beets, ook bekend onder die pseudoniem Hildebrand, was 'n Nederlandse skrywer, digter en hoogleraar († 1903).
- 1819 – Clara Schumann, Duitse pianis, komponis en klavierpedagoog en eggenote van Robert Schumann († 1896).
- 1830 – Marie von Ebner-Eschenbach, Oostenrykse skrywer († 1916).
- 1903 – Claudette Colbert, Frans-Amerikaanse aktrise († 1996).
- 1904 – Gladys George, Amerikaanse aktrise († 1954).
- 1908 – Mae Questel, Amerikaanse aktrise († 1998).
- 1910 – Helen Cohan, Amerikaanse aktrise († 1996).
- 1916 – Roald Dahl, Walliese romanskrywer († 1990).
- 1924 – Scott Brady, Amerikaanse akteur († 1985).
- 1925 – Mel Tormé, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer en akteur († 1999).
- 1931 – Barbara Bain, Amerikaanse aktrise.
- 1939 – Richard Kiel, Amerikaanse akteur en stemkunstenaar († 2014).
- 1940 – Óscar Arias, president van Costa Rica, Nobelprys-wenner.
- 1941 – Tadao Ando, Japannese argitek.
- 1942 – Charles Nqakula, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1944 – Jacqueline Bisset, Engelse aktrise en vervaardiger.
- 1948 – Nell Carter, Amerikaanse aktrise en sangeres († 2003).
- 1951 – Salva Kiir Mayardit, Soedanese politikus, eerste president van Suid-Soedan.
- 1951 – Jean Smart, Amerikaanse aktrise.
- 1957 – Bongbong Marcos, president van die Filippyne.
- 1966 – Maria Furtwängler, Duitse geneeskundige en aktrise.
- 1969 – Tyler Perry, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1969 – Shane Warne, Australiese krieketspeler († 2022).
- 1970 – Louise Lombard, Engelse aktrise.
- 1995 – Robbie Kay, Engelse akteur.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 81 – Keiser Titus, tiende Romeinse Keiser (* 39).
- 1506 – Andrea Mantegna, die eerste Renaissance-kunstenaar van Noord-Italië (* 1431).
- 1592 – Michel de Montaigne, Franse filosoof en essayis (* 1533).
- 1598 – Filips II van Spanje, heerser van Kastilië (* 1527).
- 1872 – Ludwig Feuerbach, Duitse filosoof (* 1804).
- 1904 – J.W. van der Rijst, skrywer van die eerste handleiding vir Afrikaanse spraakkuns (* 1828).
- 1919 – Albert Henry Hime, Eerste Minister van Natal (* 1842).
- 1934 – Sam Allen, Amerikaanse akteur (* 1861).
- 1971 – Lin Biao, Chinese generaal en politikus.
- 1973 – Hettie Smit, skuilnaam van mev. S.J. van Vuuren, Afrikaanse skrywer (* 1908).
- 1973 – Betty Field, Amerikaanse aktrise (* 1913).
- 1977 – Leopold Stokowski, Britse dirigent (* 1882).
- 1987 – Mervyn LeRoy, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1900)
- 1996 – Tupac Shakur, Amerikaanse rapper, in Las Vegas doodgeskiet (* 1971).
- 1998 – Owen Horwood, Suid-Afrikaanse politikus, Minister van Finansies (* 1916).
- 1999 – Benjamin Bloom, Amerikaanse sielkundige en akademikus (* 1913).
- 2002 – George Hills, Britse geskiedkundige van Spaans-Britse afkoms (* 1918).
- 2022 – Jean-Luc Godard, Frans-Switserse filmregisseur, draaiboekskrywer en filmkritikus (* 1930).
- 2023 – Roger Whittaker, Britse sanger-liedjieskrywer en musikant (* 1936).
- 2024 – Pravin Gordhan, Suid-Afrikaanse politikus en minister van finansies (* 1949).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Nicolaas I die Grote in die Rooms-Katolieke Kerk.
Gepubliseer
[wysig | wysig bron]- 1758 – A Quo Die – Oor Christelike eenheid - deur Pous Clemens XIII.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 13 September. |