Brasiliaanse Rugbykonfederasie
Brasiliaanse Rugbykonfederasie | |
---|---|
Kenteken van die Brasiliaanse Rugbykonfederasie
| |
Portugese naam | Confederação Brasileira de Rugby |
Afkorting | CBRu |
Land | Brasilië |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1963 |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1995 |
Vastelandse beheerliggaam | Suid-Amerika Rugby |
President | Martin Jaco |
Setel | São Paulo, Brasilië |
Amptelike taal | Portugees |
Amptelike webwerf | brasilrugby.com.br |
Die Brasiliaanse Rugbykonfederasie (Portugees: Confederação Brasileira de Rugby, afgekort “CBRu”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Brasilië beheer. Die beheerliggaam is in 1963 gestig en in São Paulo gesetel. Sedert 1995 verteenwoordig dit Brasilië by Wêreldrugby en ook by Suid-Amerika Rugby (“SAR”).
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Brasiliaanse Rugbykonfederasie is in 1963 onder die naam Brasiliaanse Rugbyunie (União de Rugby do Brasil, URB) gestig, in 1970 in Brasiliaanse Rugbyvereniging (Associação Brasileira de Rugby, ABR) hernoem en het in 1995 ’n volle lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) geword.[1] Daarbenewens was die Brasiliaanse beheerliggaam in 1988 ’n stigtingslid van CONSUR (nou Suid-Amerika Rugby).[2]
Taak
[wysig | wysig bron]Die Brasiliaanse Rugbykonfederasie organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Brasilië se nasionale seniorrugbyspan vir mans (die Tupi’s), vroue en jeug. Die CBRu hou ook toesig oor sewesrugby in Brasilië en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Brasiliaanse Nasionale Olimpiese Komitee saam. Naas die amptelike nasionale span roep die Brasiliaanse Rugbykonfederasie ook ander keurspanne byeen. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Brasilië. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Net soos ander rugbylande beskik Brasilië oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[3] Die Brazil Sevens is die Brasiliaanse sewesrugbyspan en hulle neem aan internasionale toernooie soos Wêreldrugby se Sewesreeks, Sewesrugbywêreldbeker en Olimpiese Somerspele deel.
Die beheerliggaam reël ook die plaaslike kompetisies. Die hoogste rugbyliga in die land is die Campeonato Brasileiro de Rugby wat in 1964 gestig is en tans tussen 16 spanne beslis word, waarvan die meeste uit die deelstaat São Paulo. In die verlede was die meeste spelers van die Brasiliaanse nasionale span uit dié amateurliga afkomstig. Sedert 2020 draf die meeste Brasiliaanse spelers egter uit vir die keurspan Cobras wat aan die professionele Superrugby Amerikas deelneem. Hieraan neem ook spanne uit Argentinië, Chili, Paraguay, Uruguay en die Verenigde State deel.[4] Van die ander spelers is veral op professionele vlak in Europa aktief.
Kenteken
[wysig | wysig bron]Die Brasiliaanse Rugbykonfederasie se kenteken toon ’n rugbybal tussen twee doelpale op ’n geel agtergrond met die afkorting CBRu daarbo.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Brazil". Wêreldrugby. Besoek op 26 Maart 2024.
- ↑ (es) "Historia". Suid-Amerika Rugby. 2021. Besoek op 26 Maart 2024.
- ↑ (en) "World Rugby U20 Championship". Wêreldrugby. Besoek op 26 Maart 2024.
- ↑ (en) "Super Rugby Americas kicks off in Argentina". Wêreldrugby. 17 Februarie 2023. Besoek op 26 Maart 2024.