Rugby Amerikas Noord
Rugby Amerikas Noord | |
---|---|
Kenteken van Rugby Amerikas Noord
| |
Engelse naam | Rugby Americas North |
Afkorting | RAN |
Vasteland | Noord-Amerika |
Lede | 21 |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 2001 |
Sambreelorganisasie | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1988 |
President | Miguel Carner |
Hoof- uitvoerende beampte | Dan Payne |
Setel | Tortola, Britse Maagde-eilande |
Amptelike tale | Engels, Frans en Spaans |
Amptelike webwerf | rugbyamericasnorth.com |
Rugby Amerikas Noord (Engels, Frans en Spaans: Rugby Americas North, afgekort “RAN”), voorheen die Noord-Amerikaanse en Wes-Indiese Rugbyvereniging (North America and West Indies Rugby Association, NAWIRA) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Noord-, Sentraal-Amerika en die Karibiese gebied. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 2001 gestig en hulle hoofkantoor is in Tortola, Britse Maagde-eilande, geleë. Die amptelike tale is Engels, Frans en Spaans en Miguel Carner dien as president van Rugby Amerikas Noord.
Rugby Amerikas Noord organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Amerikas Rugbykampioenskap (saam met Suid-Amerika Rugby) en die Rugby Amerikas Noord-kampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Rugby Amerikas Noord hou ook toesig oor Sewesrugby in Noord-Amerika en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Pan-Amerikaanse Sportorganisasie (PASO) saam.
Die Noord-Amerikaanse en Wes-Indiese Rugbyvereniging (North America and West Indies Rugby Association, NAWIRA) is in 2001 gestig, nadat Kanada en die Verenigde State by die Wes-Indiese Rugbyvereniging (West Indies Rugby Association, WIRA) aangesluit het.[2] In 2010 is die Noord-Amerikaanse en Wes-Indiese Rugbyvereniging hernoem in Noord-Amerika-Karibiese Rugbyvereniging (North America Caribbean Rugby Association, NACRA) wat in 2016 op sy beurt hernoem is in Rugby Amerikas Noord (Rugby Americas North, RAN).
Lidlande
[wysig | wysig bron]Rugby Amerikas Noord het tans 21 lede:
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "North America". Wêreldrugby. Besoek op 17 Desember 2023.
- ↑ (en) "About RAN". Rugby Amerikas Noord. 2001. Besoek op 17 Desember 2023.
- ↑ (en) "Global Participation in Rugby" (PDF). Wêreldrugby. 2018. Besoek op 17 Desember 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) (es) (fr) Amptelike webwerf