Padwagtertjie
Padwagtertjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | J. orithya
|
Binomiale naam | |
Junonia orithya (Linnaeus, 1758)
|
'n Padwagtertjie is 'n vlinder, Junonia orithya, met baie subspesies, in die familie van vierpootskoenlappers (Nymphalidae).[1][2] Die wetenskaplike naam van die soort is vir die eerste keer in 1764 deur Carl Linnaeus gepubliseer. Die vlinder se Engelse naam is Eyed pansy in Afrika.[3] In Australië staan dit bekend as Blue argus.[4] In Indië is sy algemene Engelse naam Blue pansy, maar in Suider-Afrika verwys Blue pansy na Junonia oenone.[5]
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die vlerkspan van die mannetjie is 40 tot 48 mm, en die van die wyfie is 35 tot 42 mm.[5]
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Hierdie vlindersoort kom voor in Afrika, Suidoos-Asië en Australië van seevlak tot 2500 meter bo seevlak, in warm en droë gebiede.
Gasheerplante
[wysig | wysig bron]Sy gasheerplante is Antirrhinum, Angelonia en Buchnera uit die familie Scrophulariaceae en Thunbergia alata, Hygrophila salicifolia, Asystasia en Pseuderanthemum uit die familie Acanthaceae.
Subspesies
[wysig | wysig bron]- Junonia orithya albicincta (Butler, 1875) (noordelike Australië, Kaap York tot Brisbane)
- Junonia orithya baweana (Fruhstorfer, 1906) (Bawean)
- Junonia orithya celebensis (Staudinger, 1888) (Soelawesi, Muna)
- Junonia orithya eutychia (Fruhstorfer, 1912) (Timor, Wetar, Babar, Kissar)
- Junonia orithya hainanensis (Fruhstorfer, 1912) (Hainan)
- Junonia orithya here (Lang, 1884) (Saoedi-Arabië, Jemen)
- Junonia orithya kontinentalis (Martin, 1920) (Soelawesi)
- Junonia orithya kuehni (Fruhstorfer, 1904) (Klein-Soenda-eilande, Kalao, Tukangbesi)
- Junonia orithya leucasia (Fruhstorfer, 1912) (Filippyne)
- Junonia orithya madagascariensis (Guenée, 1865) (Afrika suid van die Sahara)
- Junonia orithya marcella (Hulstaert, 1923) (Nieu-Guinee)
- Junonia orithya metion (Fruhstorfer, 1905) (Borneo)
- Junonia orithya mevaria (Fruhstorfer, 1904) (Lombok)
- Junonia orithya minagara (Fruhstorfer, 1904) (Java, Bali, Komodo-eilande)
- Junonia orithya minusculus (Fruhstorfer, 1906) (Soemba)
- Junonia orithya neopommerana (Ribbe, 1898) (Nieu-Brittanje)
- Junonia orithya novaeguineae (Hagen, 1897) (Nieu-Guinee tot Papoea-Nieu-Guinee)
- Junonia orithya ocyale (Hübner, 1819) (Indië tot die suide van Mianmar en suidelike Yunnan)
- Junonia orithya orithya (Asië)
- Junonia orithya orthosia (Godart, 1824) (Ambon, Serang, Saparua, Soela-eilande, Maluku)
- Junonia orithya palea (Fruhstorfer, 1912) (Tanimbar)
- Junonia orithya patenas (Fruhstorfer, 1912) (Sri Lanka)
- Junonia orithya saleyra (Fruhstorfer, 1912) (Salayar)
- Junonia orithya sumatrana (Fruhstorfer, 1906) (Soematra)
- Junonia orithya swinhoei (Butler, 1885) (Mianmar)
- Junonia orithya wallacei (Distant, 1883) (Thailand, Maleise Skiereiland van Maleisië, Singapoer)
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Merendeels vertaal uit Nederlands van Wikipedia asook vertaal uit Engels van Wikipedia
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ South African Butterfly Conservation Assessment: http://lepimap.adu.org.za/index.php/, besoek op 21 Desember 2015.
- ↑ Williams, M. (1994). Butterflies of Southern Africa; A Field Guide. ISBN 1-86812-516-5.
- ↑ "Butterflies and moths at Walter Sisulu National Botanical Garden" (PDF). Besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ "Coffs Harbour Butterfly House: NYMPHALIDAE of Australia" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 1 Mei 2016.
- ↑ 5,0 5,1 "SANBI Biodiversity Series 16 (2010)" (PDF). Besoek op 1 Mei 2016.