Vlag van Kambodja

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Vlag van Kambodja
Vlag van Kambodja
Bynaam (kh) ទង់ជាតិកម្ពុជា Tung-Cheat
(af) Nasionale vlag
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 2:3
Goedgekeur 24 September 1993[1]
Ontwerp Drie horisontale bane in blou, rooi en blou met die Angkor Wat in wit in die middel van die rooi baan.

Die nasionale vlag van Kambodja (Khmer: ទង់ជាតិ កម្ពុជា, Tung-Cheat, letterlik: "Nasionale vlag") is op 24 September 1993 amptelik in gebruik geneem. Kambodja het hierdie ontwerp van die nasionale vlag tussen 1948 en 1970 gebruik en weer in 1993 die vlag aanvaar.

Simboliek[wysig | wysig bron]

Rooi en blou is die tradisionele kleure van Kambodja. Voorts stel rooi dapperheid en die mense voor terwyl blou vryheid, samewerking en broederskap en die koning voorstel. Die Angkor Wat stel integriteit, geregtigheid, erfenis en Theravada-Boeddhisme voor.

Skema Betekenis Tekstielkleur
Angkor Wat Integriteit, geregtigheid en erfenis Religie
Blou Vryheid, samewerking, broederskap Koning
Rooi Dapperheid Nasie

Ontwerp[wysig | wysig bron]

Kleure[wysig | wysig bron]

Vertikale vertoning van die vlag van Kambodja

Die kleurskema vir die vlag onder Franse koloniale beheer (1863–1948) en die huidige vlag van Kambodja (sedert 1993):

Flag of Cambodia under French protection.svg/Flag of Cambodia.svg Blou Rooi Wit
RGB 3-46-161 224-0-37 255-255-255
Heksadesimaal #032ea1ff #e00025ff #FFFFFF
CMYK 98-71-0-37 0-100-83-12 0-0-0-0

Die kleurskema vir die vlag van die Khmer-republiek (1970–1975):

Flag of the Khmer Republic.svg Blou Rooi Wit
RGB 0-0-128 204-0-0 255-255-255
Heksadesimaal #000080ff #cc0000ff #FFFFFF
CMYK 100-100-0-50 0-100-100-20 0-0-0-0

Die kleurskema vir die vlae van die Demokratiese Kampuchea (1976–1992) en die Volksrepubliek Kampuchea (1979–1989):

Flag of Democratic Kampuchea.svg/Flag of the People's Republic of Kampuchea.svg Rooi Geel
RGB 218-18-26 252-221-9
Heksadesimaal #da121aff #fcdd09ff
CMYK 0-92-88-15 0-12-96-1

Die kleurskema vir die vlag van die Staat Kambodja (1989–1991):

Flag of the State of Cambodia.svg Blou Rooi Geel
RGB 0-0-128 218-18-26 252-221-9
Heksadesimaal #000080ff #da121aff #fcdd09ff
CMYK 100-100-0-50 0-92-88-15 0-12-96-1

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Angkor Wat in Angkor (ook bekend as Yasodharapura).

Sedert omstreeks 1850 het die vlag van Kambodja ’n afbeelding van die Angkor Wat in die middel. Die huidige vlag met drie bane afwisselend in blou en rooi (in verhouding 1:2:1) is aanvaar ná Kambodja se onafhanklikheidswording in 1948. Dit is tot 9 Oktober 1970 gebruik toe ’n nuwe vlag vir Lon Nol se Khmer-republiek aanvaar is. Die republiek het tot 1975 gefunksioneer toe die Khmer Rouge in 1975 oorgeneem het. Die gevolglike staat Demokratiese Kampuchea, wat van 1975 tot 1979 geduur het, het ’n rooi vlag met die Angkor Wat (met drie torings) in geel daarop, gebruik. In 1979 is die Volksrepubliek Kampuchea gestig na die Kambodjaans-Viëtnamese Oorlog.

Die Kampucheaanse Nasionale Verenigde Front vir Nasionale Redding (FUNSK) het die vlag wat deur die Khmer Issarak aanvaar is in die dae van anti-Franse weerstand teen die nuwe staat, aangeneem. Hierdie vlag het dieselfde kleurskema as Demokratiese Kampuchea, maar met ’n geel Angkor Wat met vyf torings. Toe die Volksrepubliek Kampuchea sy naam in 1989 na die “Staat Kambodja” verander, is die vlag se onderste helfte na blou verander. Die UNTAC-vlag is gedurende die oorgangstydperk in 1992–1993 saam met die nuwe vlag in Kambodja gebruik.

In 1993 is die Kambodjaanse vlag van 1948 weer aangeneem. Tussen 1948 en 1993 het die vyf verskillende vlae wat gebruik is elk ’n afbeelding van die Angkor Wat in een of ander vorm gebruik. Hierdie beroemde tempelterrein wat uit die 12de eeu dateer, is deur die Mahidharapura-monarge gebou. Dit het vyf torings, maar dit is nie altyd so in die gestileerde weergawe op die vlag gebruik nie. Die monargie is in September 1993 herstel, maar die vlag is reeds in Junie van daardie jaar aanvaar.

Die huidige Kambodjaanse vlag en die vlag van Afghanistan is die enigste twee nasionale vlae ter wêreld wat ’n gebou uitbeeld.

Ander vlae[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Kambodja”. Flags of the World. URL besoek op 31 Maart 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.