Vlag van Oos-Timor

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Vlag van Oos-Timor
Vlag van Oos-Timor
Gebruik Nasionale vlag en vaandel Nasionale vlag en vaandel
Verhouding 1:2
Goedgekeur 20 Mei 2002[1]
Ontwerp Twee driehoeke teen die vlagpaalkant, ’n swart driehoek met ’n wit vyfpuntige ster in, op ’n geel driehoek wat wys in die rigting van die wapperkant, albei op ’n enkele rooi baan.

Die nasionale vlag van Oos-Timor is op 20 Mei 2002 in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee driehoeke teen die vlagpaalkant, ’n swart driehoek met ’n wit vyfpuntige ster in, op ’n geel driehoek wat wys in die rigting van die wapperkant, albei op ’n enkele rooi baan.

Simboliek[wysig | wysig bron]

Volgens die Grondwet van die Demokratiese Republiek van Timor-Leste, stel die geel driehoek die “die tekens van kolonialisme in die geskiedenis van Oos-Timor” voor. Die swart driehoek stel “die verkramptheid wat oorkom moet word” voor; die rooi basis van die vlag stel die “nasionale vryheidstryd” voor; die ster, of “die lig wat leding gee”, is wit om vrede voor te stel.

Ander vlae[wysig | wysig bron]

’n Ander vlag vir Oos-Timor is voorgestel deur die verteenwoordigers van die Timorese politieke partye en organisasies gedurende die eerste Oos-Timorese Nasionale Konvensie wat in April 1998 in Portugal gehou is. Hierdie vlag was aanvanklik die vlag van die Conselho Nacional de Resistência Timorense (Nasionale Raad van Oos-Timorese Weerstand). As gevolg van CNRT se gewildheid is konsensus onder die deelnemers bereik en die Konvensie het hulle vlag as ’n tydelike vlag vir Oos-Timor aanvaar. Dit is vervang deur die vorige ontwerp van 1975 tot 2002.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Oos-Timor". Flags of the World. Besoek op 15 Mei 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]