26 April
Voorkoms
<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
26 April is die 116de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (117de in skrikkeljare). Daar volg nog 249 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1336 – Eerste toeristiese bergbestyging: die Italiaanse digter Francesco Petrarca bestyg saam met sy broer die Mont Ventoux.
- 1478 – Pazzi-sameswering: ´n aanslag word gedoen op Lorenzo de' Medici en sy broer. Lorenzo ontkom maar sy broer Giuliano di Piero de’ Medici word gedood.
- 1607 – Engelse koloniste vestig hulle by Cape Henry, Virginië, die eerste permanente kolonie in Noord-Amerika.
- 1773 – Pous Clemens XIV stel Giovanni Angelo Braschi, (later Pous Pius VI) en Francesco D'Elci, ouditeur generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 1904 – Die Bell Telephone Company vestig homself in Antwerpen.
- 1933 – Die Gestapo word gestig.
- 1937 – Die Spaanse stad Guernica, word deur die Duitse Luftwaffe gebombardeer tydens die Spaanse Burgeroorlog.
- 1945 – Alle Limburgse myne word onder staatsbeheer geplaas.
- 1962 – Die Ranger 4-ruimtetuig bots met die maan.
- 1964 – Tanganjika en Zanzibar smelt saam om Tanzanië te vorm.
- 1978 – In Brussel word die Manneken Pis gesteel.
- 1986 – 'n Ongeluk by die Tsjernobil-kernkragstasie in die Oekraïne veroorsaak die ergste kernkragramp. Een-en-dertig mense sterf as direkte gevolg van die ongeluk en duisende meer word blootgestel aan hoë vlakke van radioaktiewe materiaal.
- 1994 – Suid-Afrika se eerste veelrassige verkiesing.
- 1994 – 'n China Lugredery Airbus A300-600R val by Nagoya lughawe in Japan en 264 sterf.
- 2002 – 'n 19-jarige skolier skiet in die Duitse Erfurt 16 mense dood en pleeg daarna selfmoord.
- 2006 – Erkenning van die Vlaamse Gebaretaal deur die Vlaamse Parlement.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 121 – Markus Aurelius, Romeinse keiser († 180).
- 1765 – Emma Hamilton, Lord Nelson se minnares († 1815).
- 1859 – Groothertog Nikolaas Michailowitsj van Rusland, die oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland († 1919)
- 1887 – Anna Petronella van Heerden, eerste Afrikaner vrou wat as mediese dokter kwalifiseer († 1975).
- 1889 – Ludwig Wittgenstein, Oostenryks-Britse filosoof († 1951).
- 1894 – Rudolf Hess, Nazi-leier tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1987).
- 1898 – Christo Albertyn Smith, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1956).
- 1934 – Alan Arkin, Amerikaanse akteur.
- 1933 – Carol Burnett, Amerikaanse sangeres en aktrise.
- 1941 – Claudine Auger, 'n Franse aktrise († 2019).
- 1943 – Peter Zumthor, Switserse argitek.
- 1961 – Joan Chen, Chinees-Amerikaanse aktrise.
- 1963 – Jet Li, Chinese akteur
- 1969 – Nic Henning, Suid-Afrikaanse gholfspeler.
- 1970 – Melania Trump, vorige Amerikaanse Eerste Dame.
- 1972 – Juanita du Plessis, Suid-Afrikaanse sangeres
- 1988:
- Suzaan van Biljon, Suid-Afrikaanse swemmer.
- Rutger Bregman, Nederlandse populêre historikus en skrywer.
- 1992 - Aaron Judge, Amerikaanse bofbalspeler.
- 1994 – Daniil Kvyat, Russiese Formule Eenrenjaer.
- 1999 – Laura Wolvaardt, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 757 – Pous Stefanus II, die 92ste pous (of die 93ste voor 1961) van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1478 – Giuliano di Piero de' Medici, tweede seun van Piero de' Medici ("die Jigtige") en Lucrezia Tornabuoni en vader van Giulio di Giuliano de' Medici, wat later Pous Clemens VII sou word (* 1453).
- 1865 – John Wilkes Booth, sluipmoordenaar van Abraham Lincoln (* 1838).
- 1929 – Groothertog Michail Michailowitsj van Rusland, die tweede oudste seun van groothertog Michail Nikolajewitsj van Rusland (* 1861).
- 1938 – Edmund Husserl, Duitse filosoof (* 1859).
- 1970 – Gypsy Rose Lee, Amerikaanse aktrise (* 1911).
- 1973 – Irene Ryan, Amerikaanse aktrise (* 1902).
- 1977 – Hennie Muller, Suid-Afrika se twee-en-twintigste Springbokrugbykaptein (* 1922).
- 1984 – Count Basie, Amerikaanse musikant en komponis (* 1904).
- 1985 – Cornelis van der Merwe, Suid-Afrikaanse politikus, medikus en kabinetsminister (* 1921).
- 1986 – Broderick Crawford, Amerikaanse akteur (* 1911).
- 1989 – Lucille Ball, Amerikaanse aktrise (* 1911).
- 2001 – Guy Butler, Suid-Afrikaanse digter, dramaturg en akademikus (* 1918).
- 2016 – Ken Higgins, Suid-Afrikaanse pianis (* 1936).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van St. Anakletus I, die derde pous. Afgeskaf in 1969.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 April. |