Kiel (sterrebeeld)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kiel
Carina constellation map.png
Latynse naam Carina
Genitief Carinae
Afkorting Car
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 9h
Deklinasie -60º
Grootte 494 vk. grade (34ste)
Kwadrant SQ2
Besonderhede
Hoofsterre 9
Helderste ster Alpha Carinae (Canopus)
Naaste ster LHS 288
Sterre helderder as 3 m 6
Sterre met planete 9
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 52
Meteoorreëns Alpha Carinids, Eta Carinids
Aangrensende sterrebeelde
Agterdek , Seile
Silder, Vlieënde Vis, Vlieg, Kameleon, Sentour
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Kiel (Latyn: Carina) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit verteenwoordig die kiel van ’n skip en was oorspronklik deel van ’n groot sterrebeeld, die skip van "Jason en die Argonoute" (Argo Navis), wat eeue later verdeel is in drie dele – die ander twee is die Agterdek en die Seile.

Ruimtevoorwerpe[wysig]

Die Kiel bevat Canopus, die tweede helderste ster in die naghemel, asook die asterisme bekend as die Diamantkruis, wat groter as die Suiderkruis is, maar dowwer en, van die aarde af, onderstebo. Nes die Vals Kruis word die Diamentkruis soms verkeerdelik as die Suiderkruis aangesien.

Carina is bekend vir sy enorme newel met dieselfde naam, wat verskeie newels bevat. Dit is 8 000 ligjare weg en 300 ligjare wyd met groot stervormende streke.

Aangesien die Melkweg deur die Kiel loop, is daar talle oop sterreswerms in die sterrebeeld, soos NGC 2516 en IC 2602. Laasgenoemde is algemeen bekend as die "Suidelike Plejades".

Carina bevat ook die bolvormige sterreswerm NGC 2808, wat met die blote oog sigbaar is. Epsilon Carinae en Upsilon Carinae is dubbelsterre wat met klein teleskope gesien kan word.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenice se HareBoogskutterBulCassiopeiaCepheusDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf