Strandlopers en snippe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Scolopacidae
Calidris alpina
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Subklas: Neornithes
Infraklas: Neoaves
Orde: Charadriiformes
Suborde: Scolopaci
Familie: Scolopacidae
Rafinesque, 1815
Genera

Die strandlopers en snippe (Scolopacidae) is 'n familie van voëls in die orde van steltloperagtiges (Charadriiformes). Die familie omvat 93 spesies.[1]

Voëls in die familie het 'n lang liggaam met lang bene en smal vlerke. Die meeste spesies het 'n smal snawel, maar andersins is die vorm en lengte van die snawel baie veranderlik. Hulle is klein tot mediumgrootte voëls, ongeveer 12-66 cm in lengte. Die voëls se snawels is sensitief, sodat hulle in die modder en sand vir kos kan rond voel. Hulle het gewoonlik vaal vere, met kriptiese bruin, grys, of gestreepte patrone, hoewel sommige met helder kleure in die broeiseisoen pronk.[2]

Taksonomie[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). (en)
  2. Harrison, Colin J.O. (1991).In Forshaw, Joseph: Encyclopaedia of Animals: Birds. London: Merehurst Press, 103–105. ISBN 1-85391-186-0.