Tulbagh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Tulbagh
Tulbagh se hoofstraat met die Winterhoek-berge agter.
Tulbagh se hoofstraat met die Winterhoek-berge agter.
Ligging van Tulbagh op 'n kaart (Wes-Kaap)
Tulbagh
Tulbagh
Ligging van Tulbagh op 'n kaart (Suid-Afrika)
Tulbagh
Tulbagh
Koördinate: 33°17′6″S 19°8′16″O Koördinate: 33°17′6″S 19°8′16″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Kaapse Wynlande
Plaaslike Munisipaliteit Witzenberg
Stigting 1795
Oppervlak
 - Stad 3,52 km²  (1,4 vk m)
Hoogte 800 m (2 625 vt)
Bevolking (2001)
 - Stad 6 507
 - Digtheid 1 800/km² (4 662/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)

Tulbagh, 'n dorp in die munisipaliteit Witzenberg van die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika) met 8 173 inwoners (2001), sowat 125 kilometer noord-oos van Kaapstad, is genoem na Ryk Tulbagh, die Kaapse goewerneur van 1751 tot 1771. Tulbagh is die sentrum van 'n wynboustreek.

Geskiedenis[wysig]

Baie van die dorp se geboue in die Kerkstraat dateer van die tweede helfte van die 18de eeu. Op 29 September 1969 het 'n aardbewing, wat 6,5 op die Richterskaal gemeet het, die dorp verwoes en nege menselewens geëis. Tulbagh lê regstreeks op 'n breuk in die ondergrondse rots wat die sterkte van die aardbewing verklaar. Die heropbou en restourasie van Tulbagh was die grootste projek van dié soort wat tot dusver in Suid-Afrika aangepak is.

Tulbagh se ou NG kerkgebou.

Ekonomie[wysig]

Die vrugtebedryf is een van die belangrikste plaaslike werkgewers. Vrugte word veral in die noordelike en suidelike dele van die Tulbaghvallei verbou en sluit appels, pere, pruime, perskes, appelkose en sitrusvrugte in. Die grootste deel van die vrugteopbrengs word na Europa, Noord-Amerika en Asië uitgevoer, maar 'n aansienlike gedeelte word ook plaaslik verwerk as droë- of geblikte vrugte.

Wynbou het al lank 'n groot rol in die Tulbaghvallei gespeel, maar dié bedryf het sedert die negentigerjare van die 20ste eeu die vinnigste gegroei. Daar is nou 'n groot aantal wynplase, waarvan sommige wêreldfaam geniet. Danksy die topgehalte van plaaslike wyne, wat na bestemmings orals ter wêreld uitgevoer word, is baie nuwe wingerde geplant, en nuwe wynkelders het ontstaan. Baie van die wynkelders maak nou deel uit van Tulbagh se Wynroete, een van die gewildste toeristebestemmings in die Wes-Kaap.

Besienswaardighede[wysig]

Die historiese wynplaas Montpellier de Tulbagh naby Tulbagh.
  • Die Oude Kerk Volksmuseum behandel die geskiedenis van Tulbagh.
  • Verskeie wynplase in die omgewing.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Tulbagh (kategorie)


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg