Worcester

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die dorp in Suid-Afrika. Vir die dorp in Engeland, sien Worcester, Engeland.
Worcester
Ligging van Worcester op 'n kaart (Wes-Kaap)
Worcester
Worcester
Koördinate: 33°38′42″S 19°26′37″O Koördinate: 33°38′42″S 19°26′37″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Kaapse Wynlande
Plaaslike Munisipaliteit Breedevallei
Stigting 1820
Hoogte 223 m (732 vt)
Bevolking (2010)
 - Stad 141 979
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6850

Worcester is een van die groter dorpe van die Wes-Kaap, in die Breederiviervallei, 121 km oos-noordoos van Kaapstad en 52 km noordwes van Robertson. Dit is geleë aan die rant van die Hexrivierberge en is een van die mooiste geleë dorpe in Suid-Afrika. Die N1 nasionale pad gaan deur die dorp.

Geskiedenis[wysig]

Worcester is in 1820 gestig op die plase Langerug en Roodewal (sommige bronne Roodedraai) en word 'n munisipaliteit in 1842. Dit is vernoem deur lord Charles Somerset, indertydse goewerneur van die Kaap, na sy broer, die markies van Worcester. Die dorp is bekend om sy skole vir dowes en blindes. Die NG gemeente is in 1821 gestig en vandag is daar, benewens die moedergemeente, nog ses NG gemeentes.

Distrik[wysig]

Die distrik is 4 139 km2 groot en verantwoordelik vir ongeveer 25% van die land se druiwe. Hier word meer wyn en brandewyn gemaak as in enige ander distrik in die land.

Bron[wysig]

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg