Verre-Oosterse ekonomiese streek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Verre-Oosterse ekonomiese streek in Rusland.

Die Verre-Oosterse ekonomiese streek (Russies: Дальневосто́чный экономи́ческий райо́н, Dalnewostotsjni ekonomitsjeski rajon) is een van 12 ekonomiese streke van Rusland. Dit is 6 216 000 km2 groot – omtrent so groot soos Argentinië en Indië saam.

Groot stede is Wladiwostok, Chabarofsk, Komsomolsk aan die Amoer, Blagowesjtsjensk en Jakoetsk. Al is lone hier hoër as in die res van Rusland, neem die bevolking van 6,6 miljoen (volgens die 2002-sensus) redelik vinnig af omdat baie mense na Wes-Rusland verhuis. Sowat 76 persent woon in die stede. Die gemiddelde bevolkingsdigtheid is 1/km2.

Die basis van die ekonomie word gevorm deur metallurgie en vissery. Daar is ook heelwat bosbou. Nywerheid in die groot stede behels veral die vervaardiging van masjiene, verbruikersgoedere en voedsel. Die Transsiberiese Spoorlyn loop deur die suide van die gebied en die Baikal-Amoer-spoorlyn noord daarvan.

Deelgebiede[wysig]

Die volgende deelgebiede val in die streek:

  1. Flag of Amur Oblast.svg Amoer-oblast
  2. Flag of Khabarovsk Krai.svg Chabarofsk-krai
  3. Flag of the Jewish Autonomous Oblast.svg Joodse Outonome Oblast
  4. Flag of Kamchatka Oblast.svg Kamtsjatka-krai
  5. Flag of Magadan Oblast.png Magadan-oblast
  6. Flag of Primorsky Krai.svg Primorski-krai
  7. Flag of Sakha.svg Sacha
  8. Flag of Sakhalin Oblast.svg Sachalin-oblast
  9. Flag of Chukotka.svg Tsjoekotka

Verwysings[wysig]

Flag of Russia.svg Deelgebiede van die Russiese Federasie
             Republieke  AdigeaAltaiBasjkortostan (Basjkirië)BoerjatiëChakassiëDagestanIngoesjetiëJakoetiëKabardino-BalkariëKalmikiëKaratsjai-TsjerkessiëKareliëKomiKrimMari ElMordowiëNoord-Ossetië-AlaniëOedmoertiëTartarstanTsjetsjniëTsjoewasjiëTiwa
Krais  AltaiChabarofskKamtsjatkaKrasnodarKrasnojarskPermPrimorskiStawropolZabaikalski
Oblaste  AmoerArchangelskAstrachanBelgorodBrjanskIrkoetskIwanowoJaroslawlKaliningradKaloegaKemerowoKirofKoerganKoerskKostromaLeningradLipetskMagadanMoermanskMoskouNizjni NowgorodNowgorodNowosibirskOeljanofskOmskOrenburgOrjolPenzaPskofRjazanRostofSachalinSamaraSaratofSmolenskSwerdlofskTambofTjoemenToelaTomskTsjeljabinskTwerWladimirWologdaWoronezjWolgograd  
 Outonome oblast  Joodse
 Outonome okroegs  Chanto-MansiëJamalo-NenetsiëNenetsiëTsjoekotka
Federale stede  MoskouSewastopolSint Petersburg