Afghaanse nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Afghanistan
Kenteken van die Afghaanse nasionale krieketspan.png
Kenteken van die Afghaanse nasionale krieketspan
KonferensieAfghaanse Krieketraad (ACB)
Personeel
ToetskapteinHashmatullah Shahidi
EDI-kapteinHashmatullah Shahidi
T20I-kapteinMohammad Nabi
AfrigterVlag van Suid-Afrika Lance Klusener
Geskiedenis
Toetsstatus verkry2018
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (2001)
Volle lid (2017)
IKR-streekAKR (Asië)
IKR-ranglys Tans[5] Beste rang tot dusver
Toetsrang10de9de (1 Mei 2020)[1]
EDI10de10de (26 Desember 2015)[2][3]
T20I7de7de (5 Mei 2019)[4]
Toetse
Eerste toetst Vlag van Indië Indië op M. Chinnaswamy-stadion, Bangalore; 14–18 Junie 2018
Laaste toetst Vlag van Zimbabwe Zimbabwe op Sheikh Zayed-krieketstadion, Aboe Dhabi; 10–14 Maart 2021
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Totaal[6]63/3 (50,00%)
(0 gelykop, 0 onbeslis)
Vanjaar[7]21/1
(0 gelykop, 0 geen uitslag)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Skotland Skotland op Willowmoore-park, Benoni; 19 April 2009
Laaste EDIt Vlag van Ierland Ierland op Sheikh Zayed-krieketstadion, Aboe Dhabi; 26 Januarie 2021
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Totaal[8]12962/63 (49,60%)
(1 gelykop, 3 geen uitslag)
Vanjaar[9]33/0
(0 gelykop, 0 geen uitslag)
verskynings by wêreldbekertoernooie2/12 (eerste in 2015)
Beste uitslagGroepfase (in 2015 en 2019)
verskynings by wêreldbekerkwalifiserings2 (eerste in 2009)
Beste uitslagKampioen (in 2018)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Ierland Ierland op P. Sara-stadion, Colombo; 1 Februarie 2010
Laaste T20It Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland op Sheikh Zayed-krieketstadion, Aboe Dhabi; 7 November 2021
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Totaal[10]8960/28 (67,97%)
(1 onbeslis, 0 geen uitslag)
Vanjaar[11]85/3
(0 onbeslis, 0 geen uitslag)
Verskynings by T20I-wêreldbekertoernooie5/7 (eerste in 2010)
Beste uitslagTweede rondte (in 2016 en 2021)
Verskynings by T20I-wêreldbekerkwalifiserings4 (eerste in 2010)
Beste uitslagGroepfase
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Afghaanse nasionale krieketspan (Pasjtoe: د افغانستان د کريکټ ملي لوبډله; Persies: تیم ملی کریکت افغانستان) is die nasionale krieketspan van Afghanistan en verteenwoordig dié land in internasionale krieket. Krieket word in Afghanistan deur die Afghaanse Krieketraad (Engels: Afghanistan Cricket Board, ACB; Pasjtoe: د افغانستان کريکټ بورډ; Persies: کریکت بورد افغانستان) bestuur en hulle is die twaalfde toetskrieketland. Krieket word sedert die middel van die 19de eeu in Afghanistan gespeel, maar dit is net in onlangse jare wat die nasionale span sukses behaal het. Afghanistan is tans (November 2021) tiende op die IKR-toetsranglys, tiende op die eendagranglys en sewende op die Twintig20-wêreldranglys.[12][13][14]

Die Afghaanse Krieketraad is in 1995 gestig, het in 2001 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword[15] en in 2003 ’n lid van die Asiatiese Krieketraad (AKR).[16] Hulle is die twaalfde volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR), en die vyfde in Asië, nadat hulle – saam met Ierland – op 22 Junie 2017 bekroon is met toetsstatus.[17][18][19][20][21]

Afghanistan se opgradering binne die IKR het gekom nadat hulle amper ’n dekade lank internasionale krieket gespeel het. Afghanistan is ook die eerste span wat volle status verkry het nadat hulle vanaf 2001 tot in 2013 ’n assosiaatlid was en ook die enigste assosiaatlid was wat aan ’n vername IKR internasionale kriekettoernooi deelgeneem het.[19] Hulle het op 23 Februarie 2019 die rekord vir die hoogste internasionale T20I-telling met hul 278/3 teen Ierland op Rajiv Gandhi Internasionale Krieketstadion, Dehradun, aangeteken. Van hul onlangse prestasies sluit in die kwalifisering vir beide die krieketwêreldbekertoernooie in 2015 en 2019; tydens die 2015-toernooi het Afghanistan sy eerste krieketwêreldbekeroorwinning aangeteken, nadat hulle Skotland verslaan het.[22]

As gevolg van die voortgesette burgeroorlog sedert 2001 en gereelde terreuraanvalle deur die Taliban, asook ’n gebrek aan fasiliteite op ’n internasionale standaard, is die nasionale krieketspan gedwonge om sy tuiswedstryde in sy buurlande te speel. Van Afghanistan se amptelike tuiswedstryde is al in Indië, Sri Lanka en die Verenigde Arabiese Emirate gespeel.

Beheerliggaam[wysig | wysig bron]

Die beheerliggaam is in 1995 as die Afghaanse Krieketfederasie gestig.[23] In 2009 is dit in Afghaanse Krieketraad (Engels: Afghanistan Cricket Board, ACB; Pasjtoe: د افغانستان کريکټ بورډ; Persies: کریکت بورد افغانستان) hernoem.[24] In Junie 2013 het hulle as ’n assossiaatlid by die Internasionale Krieketraad (IKR) aangesluit[25] en sedert 22 Junie 2017 is Afghanistan ’n volle lid en mag dus toetskrieket speel.[19]

Die Afghaanse Krieketraad bestuur al die Afghanistan-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die ACB verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Afghaanse span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Nes ander krieketnasies beskik Afghanistan oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[26] Afghanistan A is die tweede nasionale span van Afghanistan en van hul wedstryde geniet eersterangse of A-lys-status.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Voor-EDI-geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die eerste bekende krieketwedstryd in Afghanistan is gedurende die Eerste Anglo-Afghaanse Oorlog in 1839 deur Britse soldate in Kaboel gespeel. Maar in teenstelling met die meeste ander lande het die Britte geen blywende nalatenskap van krieket agtergelaat nie, en dit sou meer as ’n honderd jaar neem voordat krieket na Afghanistan terugkeer.[15] Gedurende die 1990’s het krieket onder die Afghaanse vlugtelinge in Pakistan gewildheid verwerf en die Afghaanse Krieketfederasie (nou die Afghaanse Krieketraad) is daar in 1995 gestig. Ná hul hervestiging in Afghanistan het die voormalige vlugtelinge voortgegaan om krieket te speel.[15] Nes al die ander sportsoorte is krieket eers deur die Taliban verbied, maar in 2000 het krieket die enigste sport in Afghanistan geword wat deur die Taliban toegelaat is. Die volgende jaar het die Afghaanse Krieketfederasie ’n vennootlid van die Internasionale Krieketraad geword.[27] Die Afghaanse krieketstyl weerspieël die ontwikkelingsagtergrond in Pakistanse vlugtelingkampe en is nie anders as die algemene stylkenmerk van Pakistanse krieket nie, soos die klem op vinnige boulwerk en polsdraaikolfwerk.

In 2001 het die Afghaanse nasionale span aan ’n Viernasietoernooi deelgeneem. Die Afghaanse span is die volgende jaar genooi om op die tweede vlak van Pakistanse plaaslike krieket te speel,[15] en dié toer het internasionale media-aandag aan Afghaanse krieket besorg, aangesien die Amerikaans-geleide inval in Afghanistan begin het terwyl die Afghaanse span in Pakistan was. Tydens die vyf-wedstrydtoer het die span drie wedstryde verloor en in twee gelykop gespeel.[27] In 2001 het die Afghaanse span aan ’n toer van vier wedstryde na Pakistan in Pesjawar en Rawalpindi deelgeneem; in 2003 en 2004 het verdere besoeke gevolg. In 2004 het Afghanistan aan die AKR-trofee in Kuala Lumpur – die plaaslike kwalifiseringskompetisie vir die IKR-trofee – deelgeneem en respektabel vertoon, met oorwinnings teen die gasheer Maleisië en Bahrein. Tydens die AKR-trofee 2006 het hulle die derde plek gehaal en só ook twee jaar later tydens die AKR Elitetrofee.

Die Afghaanse span het in 2003 aan twee Pakistanse toernooie deelgeneem en in daardie jaar hul eerste wedstryd gewen. Hulle het in 2006 meer suksesvol geword en as naaswenner ná Bahrein tydens die Midde-Oosterse beker geëindig en ’n span van die Marylebone Cricket Club, insluitende die voormalige Engelse kaptein Mike Gatting, met 171 lopies in Mumbai verslaan. Gatting is met ’n nulletjie kleedkamer toe gestuur.[27] Gedurende die somer in 2006 het die Afghaanse span na Engeland getoer en ses van hul sewe wedstryde gewen. Drie van hul oorwinnings was teen die tweede county-spanne Essex, Glamorgan en Leicestershire.[16] Tydens die AKR-trofee in dieselfde jaar het hulle derde geëindig, nadat hulle Nepal in ’n uitspeelwedstryd verslaan het.[27]

In 2007 het die Afghaanse span sy eerste toernooi gewen en die AKR se T20I-beker met Oman gedeel, nadat hulle in die eindstryd gelykop gespeel het.[27] Afghanistan het in 2008 sy kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2011 in Jersey begin en afdeling vyf van die Wêreldkrieketliga gewen.[28] In dieselfde jaar het hulle derde tydens die AKR-elite-trofee geëindig.[16] Enkele maande later het Afghanistan ’n tweede agtereenvolgende Wêreldkrieketliga-toernooi, die afdeling vier in Tanzanië, gewen.[16] In Januarie 2009 het Afghanistan in die Wêreldbekerkwalifikasie gevorder nadat hulle afdeling drie van die Wêreldkrieketliga in Buenos Aires gewen, en die tabel volgens lopietempo bo Uganda en Papoea-Nieu-Guinee afgesluit het.[29]

EDI-status[wysig | wysig bron]

Die Afghaanse nasionale span in Rotterdam tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling een in 2010

Tydens die kwalifiserende toernooi vir die Krieketwêreldbeker 2011 het Afghanistan net-net versuim om vir dié toernooi te kwalifiseer, maar hulle het EDI-status vir vier jaar verwerf.[16] Hul eerste EDI-wedstryd was teen Skotland in die uitspeelwedstryd om die vyfde plek, hulle het die Skotte reeds voorheen tydens die toernooi verslaan, en het ook dié keer met 89 lopies gewen.[30] Tydens die Interkontinentale beker 2009–10 het Afghanistan sy eerste eersterangse wedstryd teen ’n Zimbabwe XI in ’n vierdaagse wedstryd in Mutare gespeel. Gedurende dié wedstryd, wat gelykop geëindig het, het die Afghaanse kolwer Noor Ali honderdtalle in albei sy beurte aangeteken, waarvolgens hy slegs die vierde speler geword het om dié prestasie in ’n eersterangse debuut te maak. Later, in Augustus 2009, het hulle tydens dieselfde kompetisie teen Nederland op die VRA-krieketveld te staan gekom, en ’n wedstryd met ’n lae telling met een paaltjie gewen.[31] Afghanistan het daarna aan die AKR se T20I-beker in die Verenigde Arabiese Emirate deelgeneem. Afghanistan het in Groep A al hul vyf groepwedstryde gewen. In die halfeindstryd het Afghanistan Koeweit met agt paaltjies verslaan.[32] In die eindstryd het hulle teen die gasheer, die Verenigde Arabiese Emirate te staan gekom, en hulle met 84 lopies verslaan.[33]

Op 1 Februarie 2010 het Afghanistan sy eerste T20I-wedstryd teen Ierland gespeel, maar met vyf paaltjies verloor.[34] Op 13 Februarie 2010 het Afghanistan tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering eers die Verenigde Arabiese Emirate met vier paaltjies geklop. In die eindstryd het hulle Ierland met agt paaltjies verslaan en sodoende vir die T20I-wêreldbeker in April 2010 in Wes-Indië gekwalifiseer.[35] Afghanistan is tydens die T20I-wêreldbeker in 2010 in Groep C geloot, saam met Indië en Suid-Afrika. Tydens hul openingswedstryd teen Indië het die openingskolwer Noor Ali 50 lopies aangeteken en sodoende Afghanistan tot ’n telling van 115 in hul 20 boulbeurte geneem. Ondanks dié telling het hulle die wedstryd met agt paaltjies verloor.[36] In hul tweede wedstryd teen Suid-Afrika is die span op een stadium tot 14/6 beperk, voordat ’n laat jagtog deur Mirwais Ashraf en Hamid Hassan Afghanistan 88 almal uit laat aanteken, wat tot ’n nederlaag van 59 lopies gelei het.[37]

Die Afghaanse span se Interkontinentale beker is in 2010 met oorwinnings teen Ierland, Kanada, Skotland en Kenia voortgesit, voordat hulle Skotland met sewe paaltjies in die eindstryd in Doebai verslaan.[38] In 2010 het hulle ook die AKR-elite-trofee in Koeweit gewen, nadat hulle Nepal in die eindstryd verslaan[39] en derde tydens die afdeling een van die Wêreldkrieketliga in Nederland geëindig het.[40] Afghanistan het aan die kriekettoernooi tydens die Asiatiese Spele 2010 in die Volksrepubliek China deelgeneem en die silwermedalje ingepalm, nadat hulle teen Bangladesj in die eindstryd verloor het.[41] In 2011 het Afghanistan in die Interkontinentale bekertoernooi 2011–13 begin speel. Hulle het Kanada geklop en teen die Verenigde Arabiese Emirate gelykop gespeel.[42] In die gelyktydige EDI-liga het hulle twee wedstryde teen Kanada gewen en is twee keer deur die Verenigde Arabiese Emirate verslaan.[43]

Afghanistan het sy eerste EDI-wedstryd teen ’n volle lid van die IKR in Februarie 2012 teen Pakistan in Sharjah gespeel. In Augustus 2012 het Afghanistan ook teen Australië vir een EDI-wedstryd op dieselfde plek te staan gekom. Hulle is in albei EDI-wedstryde verslaan. In Maart 2013 het Afghanistan twee T20I-wedstryde teen Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate gewen. Hulle het ook twee EDI-wedstryde tydens die Wêreldkrieketliga teen dieselfde teenstanders gewen. Afghanistan het ná die twee oortuigende oorwinnings die tweede plek op die tabel met Skotland gedeel, wat aan hulle ’n hupstoot besorg het om vir die Krieketwêreldbeker 2015 te kwalifiseer. Ierland het die Wêreldkrieketliga met 24 punte gewen en Afghanistan eindig tweede met 19 punte en kwalifiseer sodoende vir die Krieketwêreldbeker. Nederland, op die vierde plek, het die volgende maand teen Namibië te staan gekom, terwyl die vyfde Verenigde Arabiese Emirate in Maart Ierland gehuisves het.[44] Afghanistan het Skotland ook ’n duidelike nederlaag tydens hul Interkontinentale bekerwedstryd in Aboe Dhabi toegedien en Skotland met ’n beurt en vyf lopies verslaan; Izatullah Dawlatzai het elf paaltjies geneem.[45]

Assosiaatlid[wysig | wysig bron]

Afghanistan het op 27 Junie 2013 ’n assosiaatlid van die IKR geword.[25] Dié besluit is tydens die IKR se jaarvergadering op 26 Junie 2013 in Londen, Engeland, geneem en is bygewoon deur die hoof- uitvoerende beampte van die Afghaanse Krieketraad Dr Noor Muhammad Murrad. Die aansoek is die vorige jaar deur die Asiatiese Krieketraad op grond van die voortgesette vordering onder die voormalige hoof- uitvoerende beampte van die Afghaanse Krieketraad, Dr Hamid Sheenwari, gemaak.

Afghanistan is the only country that receives the Associate Membership in a short period of time in reward to the efforts Afghanistan made for the promotion of cricket.

Afghanistan is die enigste land wat die geassosieerde lidmaatskap binne ’n kort tyd ontvang het as beloning vir die pogings wat Afghanistan aangewend het om krieket te bevorder.

—Dr Noor Muhammad, hoof- uitvoerende beampte van die Afghaanse Krieketraad, AKR-webwerf


As ’n assosiaatlid ontvang Afghanistan ’n hoër befondsing en, nog belangriker, meer blootstelling vir die passievolle en kriekethonger spelers uit die oorloggeteisterde Afghanistan. Voorheen het die IKR jaarliks $700 000 se befondsing aan Afghanistan betaal, wat volgens die status as ’n assosiaatlid $850 000 geword het.[25][46]

In Maart 2013 is Afghanistan ’n hupstoot gegee nadat ’n tweejaarse Memorandum van verstandhouding tussen die krieketrade van Afghanistan en Pakistan ten einde die ontwikkeling van krieket in Afghanistan met die oog op die Krieketwêreldbeker 2015 onderteken is. Die Pakistanse Krieketraad voorsien die Afghaanse span van tegniese en professionele ondersteuning, insluitende spelopvoedingsprogramme, afrigtingskursusse, vaardigheids- en prestasie-analise, asook kursusse oor die optrede van skeidsregters en kuratore. Hoëprestasiekampe vir opkomende spelers word ook gereël. Die Nasionale Krieketakademie van die Pakistanse Krieketraad ondersteun ook die tegniese, taktiese, geestelike en fisiese vaardighede, en bied lesinge oor dotering, antikorrupsie en verskillende gedragskodes aan. Oor die finansiering van die projek sal later besluit word, waarvan die Nasionale Krieketakademie se aktiwiteite waarskynlik gesubsidieer sal word.[47] In Julie 2014 het Afghanistan vir sy eerste volle reeks teen ’n volle lid Zimbabwe besoek. Die EDI-reeks het met 2–2 en die eersterangse reeks met 1–1 ook gelykop geëindig.[48][49]

Krieketwêreldbeker 2015[wysig | wysig bron]

Op 3 Oktober 2013 het Afghanistan Kenia verslaan en sodoende tweede tydens die Wêreldkrieketliga afgesluit en vir die Krieketwêreldbeker 2015 in Australië en Nieu-Seeland gekwalifiseer. Hulle het die algeheel 20ste span geword wat tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi verskyn het en dit was Afghanistan se eerste deelname aan dié toernooi. Hul kwalifisering vir die toernooi was ’n geskiedkundige gebeurtenis vir krieket in Afghanistan, aangesien die span baie spelers ingesluit het wat die spel in vlugtelingkampe in Pakistan bemeester het.[50] Afghanistan was een van vier deelnemende assosiaatlede by dié toernooi; die ander was Ierland, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate.[51]

Afghanistan het sy EDI-wêreldbekerdebuut teen Bangladesj op die Manuka-ovaal in Canberra, Australië, gemaak. Dié wedstryd het in ’n nederlaag met 105 lopies geëindig.[52] Tydens die toernooi het die Afghaanse span teen gevestigde krieketnasies soos Australië, Indië, Sri Lanka, Nieu-Seeland en Engeland te staan gekom. Op 26 Februarie 2015 het Afghanistan sy eerste wêreldbekerwedstryd gewen nadat hulle Skotland met een paaltjie verslaan het.[22] Die span het egter alle oorblywende wedstryde verloor en is tydens die groepfase uit die toernooi geskakel.[53]

Na-wêreldbeker-toere[wysig | wysig bron]

Die Afghaanse span het Zimbabwe in Oktober 2015 vir die tweede keer besoek en ’n geskiedkundige EDI-reeks ná ’n oorwinning van 73 lopies in Bulawayo met 3–2 beklink. Afghanistan het destyds die eerste nietoetsnasie geword om ’n bilaterale EDI-reeks teen ’n volle lid te wen.[54] Met hul oorwinning teen Zimbabwe op 25 Desember 2015 het Afghanistan vir die eerste keer die beste tien op die ranglys beklee.[55]

Die Afghaanse krieketspan het in September en Oktober 2016 na Bangladesj getoer om drie EDI-wedstryde te speel. Dit was Afghanistan se eerste volle reeks teen ’n volle lid behalwe vir Zimbabwe en die eerste bilaterale reeks tussen dié twee spanne. Voor die EDI-reeks het Afghanistan teen die Bengaalse Krieketraad XI in Fatullah vir ’n opwarmingswedstryd te staan gekom. Afghanistan het die opwarmingswedstryd met 66 lopies gewen en Bangladesj die EDI-reeks met 2–1.[56] Die Afghaanse krieketspan het in Desember 2016 na die Verenigde Arabiese Emirate getoer om teen die gasheer te speel. Die toer het drie T20I-wedstryde behels en Afghanistan het dié reeks met 3–0 gewen.[57]

In Februarie 2017 het die Internasionale Krieketraad eersterangse status aan Afghanistan se plaaslike vierdaagse Ahmad Shah Abdali-kompetisie toegeken.[58] Die Afghaanse span het in Januarie en Februarie 2017 na Zimbabwe getoer. Dié toer het vyf EDI-wedstryde bevat. Voor die EDI-reeks het die Afghaanse A-span vyf „nieamptelike“ EDI-wedstryde teen die Zimbabwiese A-span gespeel. Al daardie wedstryde is as Lys-A-wedstryde aangewys. Afghanistan het die aanvanklike Lys-A-reeks met 4–1 en die EDI-reeks met 3–2 gewen.[59] Die Ierse span het in Maart 2017 na Indië getoer om teen Afghanistan ’n reeks wedstryde, bestaande uit drie T20I-wedstryde, vyf EDI-wedstryde en ’n Interkontinentale bekerwedstryd, te speel.[60][61] Al die wedstryde is in Groter Noida aangebied. Die Afghaanse span was baie suksesvol, nadat hulle beide die T20I-reeks met 3–0 en die EDI-reeks met 3–2 gewen het; Afghanistan het in die proses ’n nuwe T20I-rekord van elf agtereenvolgende oorwinnings opgestel. Afghanistan het ook die Interkontinentale bekerwedstryd met ’n beurt en 172 lopies gewen.[62]

Die Afghaanse span het in Junie 2017 ’n verdere toer onderneem en dié keer teen Wes-Indië te staan gekom.[63][64] Dié toer was Afghanistan se derde bilaterale toer teen ’n volle lidland. Later die maand het Afghanistan op sy eie toetsstatus verkry. Die toer was minder suksesvol vir Afghanistan, wat in die T20I-reeks met 3–0 oorrompel is.[65] Hulle het tydens die EDI-reeks beter gevaar en ’n 1–1-gelykop behaal.[66] Afghanistan het sy eerste oorwinning teen Sri Lanka tydens die Asiatiese beker in 2018 behaal, wat vervolgens uit dié toernooi geskakel is.[67]

Op pad na toetsstatus[wysig | wysig bron]

Afghanistan het tydens die T20I-wêreldbekerkwalifikasie in die Verenigde Arabiese Emirate ná agt oorwinnings in agt wedstryde vir die T20I-wêreldbeker 2012 in Sri Lanka gekwalifiseer. In die eindstryd het hulle egter teen Ierland verloor en as naaswenner geëindig. Gedurende die hooftoernooi is hulle egter deur Indië en Engeland verslaan en sodoende reeds in die groepfase uitgeskakel.[68] Op 24 November 2013 het Afghanistan Kenia verslaan en met die tweede plek ná Ierland vir die T20I-wêreldbeker 2014 in Bangladesj gekwalifiseer. In Maart 2014 het Afghanistan Hongkong tydens die T20I-wêreldbeker 2014 verslaan, maar hulle kon nie tot die volgende Super 10 vorder nie, nadat hulle in die twee volgende wedstryde deur onderskeidelik Bangladesj en Nepal verslaan is.[69] In die volgende kwalifiseringsrondte het Afghanistan as vyfde span vir die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië gekwalifiseer. In hul derde wedstryd het hulle Zimbabwe oorheers en met 59 lopies gewen. Afghanistan het vervolgens tot die Super 10 gevorder, terwyl Zimbabwe uitgeskakel is. Afghanistan het sodoende vir die eerste keer die tweede rondte van ’n T20I-wêreldbekertoernooi gehaal. Afghanistan het die latere kampioen Wes-Indië in hul laaste wedstryd tydens die toernooi verslaan, maar versuim om tot die halfeindstryd te vorder.[70]

Im Julie en Augustus 2016 het Afghanistan na Europa getoer en beide Skotland en Ierland besoek. Hulle het hul reeks teen Skotland met 1–0 gewen en in die reeks teen Ierland met 2–2 onbeslis gespeel. In Julie 2016 het die Afghaanse Krieketraad ’n strategiese plan bekendgemaak en teikens vir die Afghaanse span opgestel om teen 2019 onder die ses beste EDI-spanne en teen 2025 onder die beste drie spanne in beide T20I en EDI-krieket te wees.[71] Om dit te bereik het die Afghaanse Krieketraad ’n aansoek aan die Raad vir Beheer van Krieket in Indië voorgelê, waarvolgens jaarliks bilaterale wedstryde teen Indië en spanne wat Indië besoek gespeel sal word.[72]

Op 22 Junie 2017 het die Internasionale Krieketraad tydens sy jaarlikse vergadering in Londen aan beide Afghanistan en Ierland volle toetsstatus toegeken.[19][21] In Desember 2017 het die IKR bevestig dat Afghanistan in laat 2018 sy eerste toets teen Indië sal speel.[73] Volgens die IKR se toekomstige toerprogram vir 2019–23 sou Afghanistan in dié tydperk 13 toetse speel, maar hulle het soos Ierland en Zimbabwe nie in aanmerking vir die eerste twee Wêreldtoetskampioenskappe gekom nie.[74] In Januarie 2018 het beide die Afghaanse Krieketraad en die Raad vir Beheer van Krieket in Indië bevestig dat die toets in Junie op die M. Chinnaswamy-stadion in Bangalore gespeel sal word.[75][76] In Junie 2018 het Afghanistan sy eerste toetswedstryd teen die gasheer Indië met ’n beurt en 262 lopies verloor, ondanks die feit dat hulle in staat was om ’n sterk Indiese span in die eerste beurt uit te boul.[77]

Opkoms as ’n toetsnasie[wysig | wysig bron]

In Maart 2019 het Afghanistan teen Ierland sy eerste oorwinning in sy tweede toetswedstryd, wat as tuitswedstryyd in Indië aangebied is, aangeteken, en sodoende ná Engeland en Pakistan die derde toetsnasie geword wat daarin geslaag het.[78][79] In September 2019 het Afghanistan die gasheer Bangladesj met ’n hoë telling in ’n eenmalige toetstoer verslaan en sodoende sy eerste wegoorwinning met 224 lopies aangeteken. Nadat reën uitgesak het is die wedstryd amper afgelas, maar die weer het uiteindelik opgeklaar, en die draai-eenheid van Afghanistan toegelaat om die laaste vier paaltjies te neem, waardeur hulle ’n geskiedkundige oorwinning teen een van die beste toetsspanne aangeteken het.[80] Afghanistan het tydens die Krieketwêreldbekerkwalifikasie in 2018 tot die eindstryd gevorder en toe Wes-Indië in dié wedstryd verslaan.[81] Hulle het sodoende vir die Krieketwêreldbeker 2019 in Engeland gekwalifiseer, die tweede krieketwêreldbekertoernooi waaraan Afghanistan deelgeneem het. Die Afghaanse span is deur Asghar Afghan aangevoer en het in die groepfase teen al die ander nege deelnemende spanne te staan gekom. Hulle was egter nie in staat om ’n oorwinning aan te teken nie en het sodoende op die laaste (10de) plek geëindig.[82]

Nadat die Taliban in Afghanistan weer die bewind oorgeneem het, is die voorbereiding op die T20I-wêreldbeker 2021 erg geraak. ’n Beplande toer na Pakistan moes afgelas word, nadat die span nie toegelaat is om die land te verlaat nie.[83] Verteenwoordigers van die Taliban het in Augustus 2021 belowe, dat die span se deelname aan internasionale toernooie nie geraak sal word nie.[84] Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 se Super 12 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate het Afghanistan net Skotland en Namibië verslaan, terwyl hulle deur Pakistan, Indië en Nieu-Seeland geklop en sodoende uit dié toernooi geskakel is.[85]

Kleure[wysig | wysig bron]

Die Vlag van Afghanistan word deur die nasionale span steeds tydens internasionale toernooie vertoon

In toetswedstryde dra Afghanistan wit krieketklere met opsionele sweetpakke en baadjies vir koue weer, en die AKR se kenteken word op die regterbors, die vervaardiger se kenteken op die voorarm se mou en die borg se embleem op die middel van die trui vertoon. Die veldwerkers dra ’n rooi bofbalpet of ’n wit sonhoed met die AKR se kenteken op en die kolwer se helm is op ’n soortgelyke manier geverf, met die vlag van Afghanistan bo die AKR se kenteken. In die kleiner formate van krieket dra Afghanistan ’n blou trui in EDIs (of ’n grys trui in T20Is), met spatsels van groen, rooi, swart en soms geel. Die AKR se kenteken word op die regterbors vertoon en die borg se embleem in die middel, met die opskrif AFGHANISTAN onder die borg se kenteken en die vervaardiger se kenteken op die voorarm se mou. Gedurende IKR-toernooie word die borg se kenteken na die ander arm se mou verskuif. Die veldwerkers dra ’n blou bofbalpet of ’n rooi sonhoed. Die helms is ook rooi. Die huidige borg is Alokozay Group en die uitruster is TYKA Sports.[86]

Ook nadat die Taliban weer die bewind in Augustus 2021 die bewind in Afghanistan oorgeneem het dra die nasionale span truie in die driekleurige vlag van die Islamitiese Republiek Afghanistan se kleure swart-rooi-groen.[87]

Tuisstadions[wysig | wysig bron]

Die Ekana Krieketstadion in Lucknow, Indië, dien tans as Afghanistan se “tuisstadion”

As gevolg van die voortgesette oorlog in Afghanistan en die gebreek aan geriewe van ’n internasionale gehalte speel die Afghaanse nasionale krieketspan sy tuiswedstryde nie in Afghanistan nie. Afghanistan het sy “tuiswedstryd” tydens die Interkontinentale beker teen Ierland op die Rangiri Dambulla Internasionale Stadion in Sri Lanka gespeel. Ná hul kwalifisering vir die T20I-wêreldbeker 2010 het Afghanistan twee EDI-wedstryde teen Kanada op die Sharjah Krieketvereniging-stadion in die VAE gespeel, waardeur dié stadion as “tuisstadion” van Afghanistan bekend geword het.[88]

Aangesien daar planne is om Afghaanse krieket te laat herleef, is ten minste drie internasionale krieketstadions in Afghanistan opgerig. In 2016 het die Shahid Vijay Singh Pathik Sportkompleks in Groter Noida die tuisstadion van die Afghaanse nasionale krieketspan geword nadat hulle besluit het om van Sharjah te skuif.[89][90] In Junie 2018, nadat hulle toetsstatus verkry het, het Afghanistan sy tuisstadion na die Rajiv Gandhi Internasionale Krieketstadion in Dehradun verskuif.[91] In Mei 2019 het die Afghaanse Krieketraad by die Raad vir Beheer van Krieket in Indië vir ’n nuwe tuiststadion aangeklop en in Augustus 2019 het die BCCI die Ekana Krieketstadion in Lucknow as nuwe tuiste vir die Afghaanse krieketspan goedgekeur.[92][93]

Internasionale toere[wysig | wysig bron]

Soos gebruiklik sedert die begin van internasionale krieket, onderneem die Afghaanse nasionale krieketspan deels maandelange oorsese toere, waartydens hulle teen ander nasionale spanne, plaasliksaamgestelde spanne en klubspanne speel. Eweneens huisves hulle ander nasionale spanne in “tuisstadions”. Gedurende die plaaslike somer tree hulle as gasheer op of onderneem op hul beurt toere deur die ander krieketnasies van die Noordelike Halfrond en gedurende die plaaslike winter onderneem hulle toere deur krieketnasies van die Suidelike Halfrond. In teenstelling met die meeste ander krieketlande speel Afghanistan in toetskrieket nie vir enige trofee teen sy teenstanders nie.

Spelers[wysig | wysig bron]

Spelerstatistieke[wysig | wysig bron]

Altesaam het vir Afghanistan 24 spelers toets-, 50 spelers EDI- en 43 spelers T20I-krieket gespeel. Vervolgens die spelers, wat vir die Afghaanse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies[wysig | wysig bron]

Toets EDI T20I
Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies
Asghar Afghan 2018–hede 6 440 Mohammad Nabi 2009–hede 127 2 817 Mohammad Shahzad 2010–hede 70 2 015
Rahmat Shah 2018–hede 6 385 Mohammad Shahzad 2009–2019 084 2 727 Mohammad Nabi 2010–hede 86 1 523
Ibrahim Zadran 2019–hede 4 356 Rahmat Shah 2013–hede 076 2 467 Asghar Afghan 2010–2021 75 1 382
Hashmatullah Shahidi 2018–hede 5 353 Asghar Afghan 2009–hede 114 2 424 Najibullah Zadran 2012–hede 68 1 232
Afsar Zazai 2018–hede 5 172 Samiullah Shinwari 2009–2019 084 1 811 Samiullah Shinwari 2010–hede 64 1 013
Korrek teen: 28 November 2021[94] Korrek teen: 28 November 2021[95] Korrek teen: 28 November 2021[96]

Paaltjies[wysig | wysig bron]

Toets EDI T20I
Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies
Rashid Khan 2018–hede 5 34 Rashid Khan 2015–hede 074 140 Rashid Khan 2015–hede 55 101
Amir Hamza 2019–hede 3 16 Mohammad Nabi 2009–hede 127 132 Mohammad Nabi 2010–hede 86 073
Yamin Ahmadzai 2018–hede 5 11 Dawlat Zadran 2011–2019 082 115 Dawlat Zadran 2012–2019 34 040
Mohammad Nabi 2018–hede 3 08 Mujeeb Ur Rahman 2017–hede 043 070 Shapoor Zadran 2010–2020 36 037
Zahir Khan 2019–hede 3 07 Gulbadin Naib 2011–hede 068 061 Hamid Hassan 2010–hede 25 035
Korrek teen: 28 November 2021[97] Korrek teen: 28 November 2021[98] Korrek teen: 28 November 2021[99]

Spankapteins[wysig | wysig bron]

Tot op hede het een spelers as kaptein vir Afghanistan tydens ’n toetswedstryd fungeer, ses tydens ’n EDI en vier tydens ’n T20I.[100]

Toets[101] EDI[102] T20I[103]
No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk
1 Asghar Afghan 2018–2021 Nawroz Mangal 2009–2012 Nawroz Mangal 2009–2012
2 Rashid Khan 2019–2020 Karim Sadiq 2012 Mohammad Nabi 2013–2015
3 Mohammad Nabi 2013–2015 Asghar Afghan 2015–2021
4 Asghar Afghan 2015–2021 Rashid Khan 2019
5 Rashid Khan 2018–2019
6 Gulbadin Naib 2019

Rekords[wysig | wysig bron]

Toetsrekord teen ander lande[wysig | wysig bron]

Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Geen uitslag % Gewen Eerste oorwinning
Vlag van Bangladesj Bangladesj 1 1 0 0 0 100,00 9 September 2019
Vlag van Ierland Ierland 1 1 0 0 0 100,00 18 Maart 2019
Vlag van Indië Indië 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 2 1 1 0 0 50,00 14 Maart 2021
Algeheel 6 3 3 0 0 50,00 18 Maart 2019
Rekords volledig tot en met toets #2436 op 26–30 November 2021. Laaste keer hersien op 28 November 2021.[104]

Wêreldtoetskampioenskap[wysig | wysig bron]

  • 2019–2021: Nie gekwalifiseer nie
  • 2021–2023: Nie gekwalifiseer nie

EDI-rekord teen ander lande[wysig | wysig bron]

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Geen uitslag % Gewen Eerste oorwinning
t. Toetsnasies
Vlag van Australië Australië 3 0 3 0 0 0,00
Vlag van Bangladesj Bangladesj 8 3 5 0 0 37,50 1 Maart 2014
Vlag van Engeland Engeland 2 0 2 0 0 0,00
Vlag van Ierland Ierland 30 16 13 0 1 55,17 17 Januarie 2015
Vlag van Indië Indië 3 0 2 1 0 0,00
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 2 0 2 0 0 0,00
Vlag van Pakistan Pakistan 4 0 4 0 0 0,00
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 4 1 3 0 0 25,00 17 September 2018
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 9 3 5 0 1 37,50 9 Junie 2017
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 25 15 10 0 0 60,00 22 Julie 2014
t. Assosiaatlede
Vlag van Kanada Kanada 5 4 1 0 0 80,00 16 Februarie 2010
Vlag van Hongkong Hongkong 2 1 1 0 0 50,00 1 Mei 2014
Vlag van Kenia Kenia 6 4 2 0 0 66,66 5 Julie 2010
Vlag van Nederland Nederland 6 4 2 0 0 66,66 1 September 2009
Vlag van Skotland Skotland 13 8 4 0 1 66,66 19 April 2009
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 6 3 3 0 0 50,00 2 Mei 2014
Algeheel 129 62 63 1 3 49,60 19 April 2009
Rekords volledig tot en met EDI #4338 op 27 November 2021. Laaste keer hersien op 28 November 2021. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.[105]

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1975 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1979 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1983 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1987 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1992 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1996 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1999 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
2003 Nie ’n IKR-lid op die tyd van kwalifikasie nie
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Groepfase
2019 Groepfase
2023 N.v.t.

T20I-rekord teen ander lande[wysig | wysig bron]

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Geen uitslag % Gewen Eerste T20I-oorwinning
t. Toetsnasies
Vlag van Bangladesj Bangladesj 6 4 2 0 0 66,66 3 Junie 2018
Vlag van Engeland Engeland 2 0 2 0 0 0,00
Vlag van Ierland Ierland 18 14 3 1 0 80,55 9 Februarie 2010
Vlag van Indië Indië 3 0 3 0 0 0,00
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Pakistan Pakistan 2 0 2 0 0 0,00
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 2 0 2 0 0 0,00
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 7 3 4 0 0 42,85 27 Maart 2016
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 12 11 1 0 0 91,66 26 Oktober 2015
t. Assosiaatlede
Vlag van Hongkong Hongkong 5 3 2 0 0 60,00 18 Maart 2014
Vlag van Kanada Kanada 2 2 0 0 0 100,00 4 Februarie 2010
Vlag van Kenia Kenia 3 2 1 0 0 100,00 30 September 2013
Vlag van Namibië Namibië 1 1 0 0 0 100,00 31 Oktober 2021
Vlag van Nederland Nederland 4 2 2 0 0 50,00 14 Maart 2012
Vlag van Nepal Nepal 1 0 1 0 0 0,00
Vlag van Oman Oman 5 5 0 0 0 100,00 25 Julie 2015
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Papoea-Nieu-Guinee 1 1 0 0 0 100,00 23 Julie 2015
Vlag van Skotland Skotland 7 7 0 0 0 100,00 10 Februarie 2010
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate 6 5 1 0 0 83,33 10 Julie 2015
Algeheel 89 60 28 1 0 67,97 4 Februarie 2010
Rekords volledig tot en met T20I #1447 op 22 November 2021. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit geen uitslae uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valby).[106]

Twintig20-rekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
2007 Nie gekwalifiseer nie
2009 Nie gekwalifiseer nie
2010 Eerste rondte
2012 Eerste rondte
2014 Eerste rondte
2016 Super 10
2021 Super 12
2022 gekwalifiseer

Asiatiese beker[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
2004–2012 Nie gekwalifiseer nie
2014 Eerste rondte
2016 Nie gekwalifiseer nie
2018 Super 4

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "ICC Test Ranking, Afganistan rise to # 9 position". India Today. 1 Mei 2020. Besoek op 28 November 2021.
  2. (en) "Afghanistan cricket secures place among top 10 in ICC ODI rankings". Khaama Press. 26 Desember 2015. Besoek op 28 November 2021.
  3. (en) Laura Jolly (28 Desember 2015). "Afghanistan break into ODI top 10". Krieket Australië. Besoek op 10 Maart 2021.
  4. (en) "Afganistan ranks 7th in ICC T20I rankings". Bakhtar News. 5 Mei 2019. Besoek op 15 Maart 2020.
  5. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  6. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "Test matches – 2022 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "ODI matches – 2022 Team records". ESPNcricinfo.
  10. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  11. (en) "T20I matches – 2022 Team records". ESPNcricinfo.
  12. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 25 Augustus 2021. Besoek op 28 November 2021.
  13. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 5 Oktober 2021. Besoek op 28 November 2021.
  14. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 22 November 2021. Besoek op 28 November 2021.
  15. 15,0 15,1 15,2 15,3 (en) Roy Morgan (2007). The Encyclopedia of World Cricket. Cheltenham: SportsBooks. p. 15. ISBN 978-1-899807-51-2.
  16. 16,0 16,1 16,2 16,3 16,4 (en) "Afghanistan". Asiatiese Krieketraad. Besoek op 28 November 2021.
  17. (en) "Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide-ranging governance reform". Internasionale Krieketraad. 22 Junie 2017. Besoek op 28 November 2021.
  18. (en) "Ireland awarded Test status after 10-year quest". Raidió Teilifís Éireann. 22 Junie 2017. Besoek op 28 November 2021.
  19. 19,0 19,1 19,2 19,3 (en) "Afghanistan, Ireland get Test status". ESPNcricinfo. 22 Junie 2017. Besoek op 28 November 2021.
  20. (en) "Ireland and Afghanistan granted Test status after becoming 11th and 12th full ICC members". The Telegraph. 22 Junie 2017. Besoek op 28 November 2021.
  21. 21,0 21,1 (en) "Ireland & Afghanistan awarded Test status by International Cricket Council". BBC. 22 Junie 2017. Besoek op 28 November 2021.
  22. 22,0 22,1 (en) Andrew McGlashan (25 Februarie 2015). "History for Afghanistan, heartbreak for Scotland". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  23. (en) Tim Wigmore (22 Augustus 2014). "The man who gave Afghanistan their mojo". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  24. (en) Lavanya Singhal (13 September 2018). "Afghanistan Premier League: Icon Players Chosen". Arabian Gazette. Besoek op 28 November 2021.
  25. 25,0 25,1 25,2 (en) Nagraj Gollapudi (29 Junie 2013). "Afghanistan get Associate membership". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  26. (en) Martin Williamson (11 Januarie 2006). "The Under-19 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  27. 27,0 27,1 27,2 27,3 27,4 (en) "A Timeline of Afghanistan Cricket". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 September 2012. Besoek op 13 Junie 2018.
  28. (en) "Afghanistan win a thrilling final". Cricket Europe. 31 Mei 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2012. Besoek op 13 Junie 2018.
  29. (en) "ICC Media Release: Afghanistan and Uganda seal place in ICC Cricket World Cup Qualifier". Cricket Europe. 31 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 13 Junie 2018.
  30. (en) "Scorecard: Afghanistan v Scotland, 19 April 2009". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 12 November 2011.
  31. (en) Rod Lyall (22 Desember 2009). "2009: The Year of the Afghans". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 13 Junie 2018.
  32. (en) "ACC Twenty20 Cup". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Maart 2012. Besoek op 13 Junie 2018.
  33. (en) "UAE v Afghanistan, 30 November 2009". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 12 November 2011.
  34. (en) "Afghanistan v Ireland, 1 February 2010". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019.
  35. (en) "World Twenty20 Cup Qualifier". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2012. Besoek op 13 Junie 2018.
  36. (en) "Afghanistan v. India". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 13 Julie 2016.
  37. (en) "Afghanistan v. South Africa". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Oktober 2019. Besoek op 13 Julie 2016.
  38. (en) "2009–10 Intercontinental Cup". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2019. Besoek op 13 Junie 2018.
  39. (en) "Afghanistan v Nepal, 9 April 2010". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op 12 November 2011.
  40. (en) "2010 WCL Division One". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2012. Besoek op 13 Junie 2018.
  41. (en) "Afghanistan v Bangladesh, 26 November 2010". Cricket Archive. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op 12 November 2011.
  42. (en) "2011–13 Intercontinental Cup results". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2012. Besoek op 13 Junie 2018.
  43. (en) "2011–13 Intercontinental Cup One-day results". Cricket Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2012. Besoek op 13 Junie 2018.
  44. (en) "Afghanistan hit Scotland World Cup hopes". ESPNcricinfo. 8 Maart 2013. Besoek op 28 November 2021.
  45. (en) "Dawlatzai stars with eleven wickets". ESPNcricinfo. 14 Maart 2013. Besoek op 28 November 2021.
  46. (en) Umar Farooq (18 April 2013). "Afghanistan allocated $422,000 by ICC for assistance". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  47. (en) Umar Farooq (22 Maart 2013). "Afghanistan sign up for Pakistan support". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  48. (en) "Seamers help Afghanistan square series". ESPNcricinfo. 24 Julie 2014. Besoek op 28 November 2021.
  49. (en) "Zimbabwe A level series after wicket fest". ESPNcricinfo. 3 Augustus 2014. Besoek op 28 November 2021.
  50. (en) Dennis Passa (28 Februarie 2015). "Hands on heart, Afghanistan's cricket team makes history by playing 1st match at World Cup". U.S. News & World Report. Besoek op 28 November 2021.
  51. (en) "Afghanistan secure World Cup berth". ESPNcricinfo. 4 Oktober 2013. Besoek op 28 November 2021.
  52. (en) Mohammad Isam (18 Februarie 2015). "Shakib, Mortaza spoil Afghanistan's debut". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  53. (en) Mark Mitchener (8 Maart 2015). "Cricket World Cup 2015: New Zealand beat Afghanistan". BBC. Besoek op 28 November 2021.
  54. (en) "Team's passion was the key to win – Inzamam". ESPNcricinfo. 28 Oktober 2015. Besoek op 28 November 2021.
  55. (en) "Afghanistan break into top 10 of ODI rankings". ESPNcricinfo. 27 Desember 2015. Besoek op 28 November 2021.
  56. (en) Mohammad Isam (1 Oktober 2016). "Tamim, Mosharraf send Afghanistan packing". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  57. (en) "Rashid, Nabi help Afghanistan sweep series". ESPNcricinfo. 18 Desember 2016. Besoek op 28 November 2021.
  58. (en) Osman Samiuddin, Nagraj Gollapudi (4 Februarie 2017). "Big-Three rollback begins, BCCI opposes". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  59. (en) "Afghanistan raze Zimbabwe for 54 to seal series". ESPNcricinfo. 26 Februarie 2017. Besoek op 28 November 2021.
  60. (en) "Afghanistan to host Ireland in India in March 2017". ESPNcricinfo. 25 Julie 2016. Besoek op 28 November 2021.
  61. (en) "Ireland, Afghanistan set to play nine matches in India". Cricbuzz. 25 Julie 2016. Besoek op 25 Julie 2016.
  62. (en) Peter Della Penna (31 Maart 2017). "Afghanistan soar above stumbling Ireland". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  63. (en) "Afghanistan set to play first full series against West Indies". ESPNcricinfo. 25 Julie 2016. Besoek op 28 November 2021.
  64. (en) "Afghanistan, West Indies to play three T20Is, three ODIs in June". ESPNcricinfo. 29 Maart 2017. Besoek op 28 November 2021.
  65. (en) Karthik Krishnaswamy (6 Junie 2017). "Samuels' 89* completes West Indies sweep". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  66. (en) "Decider washed out; Law 'not sure' of WI's chances of direct entry into World Cup". ESPNcricinfo. 14 Junie 2017. Besoek op 28 November 2021.
  67. (en) Andrew Fidel Fernando (17 September 2018). "Rahmat, spinners knock Sri Lanka out of Asia Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  68. (en) Andrew McGlashan (21 September 2012). "Wright's 99 helps England start impressively". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  69. (en) Alan Gardner (20 Maart 2014). "Spirited Nepal trip up Afghanistan". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  70. (en) Mohammad Isam (27 Maart 2016). "Afghanistan upset table-toppers WI". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  71. (en) "Aim to be in top six in ODIs by 2019 – Afghanistan CEO". ESPNcricinfo. 12 Julie 2016. Besoek op 28 November 2021.
  72. (en) Peter Della Penna (13 Julie 2016). "Afghanistan hopeful of bilateral ODIs in India". ESPNcricinfo. Besoek op 28 September 2021.
  73. (en) "Afghanistan to make Test debut in India". Internasionale Krieketraad. 11 Desember 2017. Besoek op 28 November 2021.
  74. (en) Nagraj Gollapudi (12 Desember 2017). "Ireland, Afghanistan set to play consistent Test cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  75. (en) "Historic India-Afghanistan Test from June 14 in Bengaluru". The Times of India. 16 Januarie 2018. Besoek op 28 November 2021.
  76. (en) "India, Afghanistan Test in June". Asian News International. 16 Januarie 2018. Besoek op 28 November 2021.
  77. (en) Varun Shetty (15 Junie 2018). "Afghanistan's debut Test ends in two-day thrashing". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  78. (en) Shashank Kishore (17 Maart 2019). "Afghanistan chase historic Test win after Rashid Khan five-for". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  79. (en) Varun Shetty (18 Maart 2019). "Rahmat Shah, Ihsanullah see Afghanistan through to historic maiden Test win". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  80. (en) Mohammad Isam (9 September 2019). "Rashid bags 11 as Afghanistan use small window to seal big win". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  81. (en) "Afghanistan qualify for CWC19". Internasionale Krieketraad. 23 Maart 2018. Besoek op 28 November 2021.
  82. (en) Marc Higginson (22 Junie 2019). "Shami's hat-trick helps India beat Afghanistan; Kohli top scores". BBC. Besoek op 28 November 2021.
  83. (en) Umar Farooq (23 Augustus 2021). "Afghanistan-Pakistan ODI series postponed indefinitely". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  84. (en) "Taliban has no objection to Afghanistan's cricket series against Pakistan in Sri Lanka". The New Indian Express. 19 Augustus 2021. Besoek op 28 November 2021.
  85. (en) Andrew Fidel Fernando (7 November 2021). "All-star New Zealand knock out Afghanistan and India". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  86. (en) "Official sponsors of the top ten cricket teams". Cricket Now 24/7. 6 November 2018. Besoek op 28 November 2021.
  87. (en) Ali M. Latifi; Mohsin Khan Mohmand (26 Oktober 2021). "Flags, tears, anthem: How Afghans celebrated their cricket win". Al Jazeera. Besoek op 28 November 2021.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  88. (en) "Afghanistan Has A New Home Ground". Asiatiese Krieketraad. 22 Februarie 2010. Besoek op 28 November 2021.
  89. (en) "India to host Afghanistan home games". ESPNcricinfo. 10 Desember 2015. Besoek op 28 November 2021.
  90. (en) Vijay Lokapally (2 Desember 2015). "Soon a Noida home for Afghan cricketers". The Hindu. Besoek op 28 November 2021.
  91. (en) "Cricket diplomacy: Doon to be Afghanistan team's new home". Times of India. 14 Junie 2018. Besoek op 28 November 2021.
  92. (en) "ACB asks BCCI for new base with better logistics". CricketNext (News18). 8 Augustus 2019. Besoek op 28 November 2021.
  93. (en) "Statistics / Statsguru / Combined Test, ODI and T20I records / Team records". ESPNCricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  94. (en) "Records / Afghanistan / Test Matches / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  95. (en) "Records / Afghanistan / One-Day Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  96. (en) "Records / Afghanistan / Twenty20 Internationals / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  97. (en) "Records / Afghanistan / Test Matches / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  98. (en) "Records / Afghanistan / One-Day Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  99. (en) "Records / Afghanistan / Twenty20 Internationals / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  100. Die tydperk verwys na die ooreenstemmende krieketseisoen waarin die eerste of laaste wedstryd van die tyd as kaptein plaasgevind het
  101. (en) "Afghanistan / Records / Test Matches / Most Matches as Captain". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  102. (en) "Afghanistan / Records / One-Day Internationals / Most Matches as Captain". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  103. (en) "Afghanistan / Records / Twenty20 Internationals / Most Matches as Captain". ESPNcricinfo. Besoek op 28 November 2021.
  104. (en) "Records / Afghanistan / Test matches / Result summary". ESPNcricinfo. 28 November 2021. Besoek op 28 November 2021.
  105. (en) "Records / Afghanistan / ODI matches / Result summary". ESPNcricinfo. 27 November 2021. Besoek op 28 November 2021.
  106. (en) "Records / Afghanistan / Twenty20 Internationals / Result summary". ESPNcricinfo. 22 November 2021. Besoek op 28 November 2021.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]