Gebruikerbespreking:Aliwal2012/argief2020

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

NB Plekhouer vir artikeluitleg[wysig bron]

Die laaste afdelings in 'n artikel moet hierdie volgorde gebruik: Sien ook → Verwysings → Bronne → Eksterne skakels → Verdere leesstof → navigeerkassies soos {{Huidige leiers van die G20}} → vertalingnotas → Normdata → dan kategorieë heel onder.

gebruiker-stats.wikimedia

  • Autopilot = stuuroutomaat (Pharos en HAT)

Afrikaanse plantname[wysig bron]

Gert, hou dit vir die toekoms: https://www.proteaatlas.org.za/com_afr.htm Groete! Oesjaar (kontak) 12:11, 10 Julie 2020 (UTC)

Abiekwasgeelhout[wysig bron]

Gert, hoekom wys die nasionale nommer nie? Groete! Oesjaar (kontak) 13:49, 14 April 2020 (UTC)

Hi Deon, die mechanic het Sjabloon:Taksoboks verander op 10 Augustus 2019‎, sedert ek nasionale boomnommer daar laat vertoon het. Jammer ek kan nie dit regmaak nie! --Aliwal2012 (kontak) 15:40, 14 April 2020 (UTC)
K175?
Korrek. Hy skroom ook nie om my verbeteringe aan artikels, sonder bespreking, terug te rol nie! --Wapen van die Wes-Kaap.png Aliwal2012 19:31, 14 April 2020 (UTC)

Heup vs Heupbeen[wysig bron]

Gert, dankie vir jou aanhoudende hardewerk hier op ons Wiki. Het jy al deur Heup gelees? Moet die twee versmelt word? Groete! Oesjaar (kontak) 11:25, 17 April 2020 (UTC)

Reg Oesjaar, sal nou daaraan werk. Groete tuis, Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 11:31, 17 April 2020 (UTC)
Uitgevoer versmelt --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 22:53, 20 April 2020 (UTC)

Babilonstoring[wysig bron]

Gert, sien bogenoemde. Groete! Oesjaar (kontak) 13:54, 5 Mei 2020 (UTC)

Dankie Deon, ek sal Babilonstoringberge probeer bymekaartrek/skakel.
NS: Ek dog ek is nog al bydraer hier oor vandag! Wat doen die ander mense met hul tyd? Groete! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 14:03, 5 Mei 2020 (UTC)
Gert, kyk weer: Babilonstoring is 'n ander berg op 'n ander plek! Groete! Oesjaar (kontak) 14:37, 5 Mei 2020 (UTC)
Oukei, het so agtergekom! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 14:39, 5 Mei 2020 (UTC)

Kategorie:Fynbos[wysig bron]

Gert, soos jy weet het ek merske klompie struike en bome geskep wat deel vorm van fynbos. Ek het hulle almal onder Kategorie:struike geplaas. Ek dink ons moet hierdie kategorie verbeter. Loer asb so 'n bietjie daarna. Groete! Oesjaar (kontak) 06:59, 29 Mei 2020 (UTC)

Voorbladartikels[wysig bron]

Goeiemore daar Gert! Lekker koud in Suid-Afrika? Sjoe, wanner gaan ek van die krieketspanne nomineer om hulle al om die vier weke op ons voorblad te bring? Ek sien ons het baie nuwe voorbladartikels nog oor weke heen en ek beplan selfs nog 'n paar artikels (Nederland, Papoea-Nieu-Guinee en Israel). Ek wil die krieketreeks graag met Engeland en Australië begin, wat die eerste toetswedstryd ooit gespeel het en dan chronologies voortgaan, d.w.s. in die volgorde van Toetskrieketstatus. Die Proteas sal dan die derde wees. Dit sal dan 12 voorbladsterre oor 48 weke wees. Wat dink jy? Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 07:55, 26 Junie 2020 (UTC)

Ek dink maar dis billik, aangesien weer die eerste sportsoorte begin kop uitsteek, soos Eng v WI op 8 Julie. Elke kwartaal van die jaar sal bowendien ook 'n ander voorbladartikel kry, soos al belowe. Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 21:05, 5 Julie 2020 (UTC)

Versoek[wysig bron]

Goeie naand, ek het David Maynier se artikel uitgebrei. Ek is nie so seker oor die taalgebruik nie. Kan oom miskien 'n oog daaroor gooi? Dit sal waardeer word. Groete. --Lefcentreright (kontak) 18:03, 1 Julie 2020 (UTC)

Reg so, sal môre! Swak sein tans, --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 18:21, 1 Julie 2020 (UTC)
Dankie vir die wysigings wat op die artikel aangebring is. --Lefcentreright (kontak) 18:58, 1 Julie 2020 (UTC)

Hi @Lefcentreright:, jy het die geboortedatum van en:Muhammad Khalid Sayed verwyder op en:wiki. Was dit dan verkeerd? Ek sien sy ID nr is wel aangedui op jou bron. Groete, --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 07:58, 2 Julie 2020 (UTC)

Hallo, Aliwal2012. Ek het opgelees oor die gebruik van so 'n bron op die Engelse Wikipedia. Ek het bevestig dat die Engelse Wikipedia stipuleer duidelik dat jy mag nie 'n verkiesingslys as 'n bron gebruik nie. Die OVK was nalatig om die ID-nommers van die politici in te sluit. Die staatskoerant het, byvoorbeeld, nie die ID nommers van LPs en LPWs ingesluit nie. Ek wag maar vir ander bronne wat die geboortedatums benoem. Groete, --Lefcentreright (kontak) 11:54, 2 Julie 2020 (UTC)
Dankie vir jou antwoord, dis nou jammer! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 12:29, 2 Julie 2020 (UTC)

Tiger I-tenk[wysig bron]

Dagsê @Aliwal2012:! Op die sjabloon verskyn AP (Armour piercing: Pantserdeurdring in Afr.) en HE (High Explosive: Hoë plofkrag in Afrikaans) nog. Hoe gaan ons dit vertaal? Groete! Oesjaar (kontak) 11:14, 1 Augustus 2020 (UTC)

Hallo Deon, ek sal kyk daarna... Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 11:30, 1 Augustus 2020 (UTC)
Uitgevoer Uitgevoer Groete, --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 11:54, 1 Augustus 2020 (UTC)

Disenterie[wysig bron]

@Aliwal2012:, kan jy dalk help met artikeltjie... Groete! Oesjaar (kontak) 19:18, 4 Augustus 2020 (UTC)

Ja swaer, as jy 3 tenks kon bou, kan jy hierdie een ook baasraak! Ek sal jou help met mediese terminologie waar jy vashaak. Is jy nog in die Baai? Groete --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 19:35, 4 Augustus 2020 (UTC)
Terug by die huis. Net eenkeer gestop. Groete! Oesjaar (kontak) 19:37, 4 Augustus 2020 (UTC)
Ek gaan nou vir die volg. halfuur bronne van die Engelse weergawe oordra. Moet dit asb nie redigeer nie vir daardie tydperk nie. Dankie! Lefcentreright (kontak) 21:26, 4 Augustus 2020 (UTC)
Okei, ek gaan nou slaap! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 21:29, 4 Augustus 2020 (UTC)
Ek ook! Oesjaar (kontak) 21:30, 4 Augustus 2020 (UTC)

Pantserbreek-dop ballistiese-dop-projektiel[wysig bron]

@Aliwal2012: Gert, proeflees asb! Sjoe, dit was taai. Enige raad met die Engelse afkortings. So los? Groete! Oesjaar (kontak) 07:28, 10 Augustus 2020 (UTC) Uitgevoer Uitgevoer G

Hydrazine[wysig bron]

@Aliwal2012:, Gert, wat is die goed in Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 12:00, 16 Augustus 2020 (UTC)

Ons het nou beurtkrag, sal later kyk. Afrikaanse spelling is hidrasien. Groete, Gert
Ek sien by en:Hydrazine dit kan ook en:Hydrazine (antidepressant) wees, maar jy kan my skiet, ek weet nie as apteker veel daarvan nie, jammer Oesjaar! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 15:44, 16 Augustus 2020 (UTC)
Wanneer die krag weer aan is, kan jy help met die Afrikaans vir Monopropellant? Ai, die Ingils... Groete! Oesjaar (kontak) 14:18, 16 Augustus 2020 (UTC)
Seker monodryfmiddel; enkeldryfmiddel of alleendryfmiddel (kies maar een!) Groete, --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 15:44, 16 Augustus 2020 (UTC)

Mariner 4[wysig bron]

@Aliwal2012:, dankie vir jou ondersteuning met die taalgebruik. Ja, die laaste stuk was voorwaar 'n uitdaging! Ek sukkel met die verskil tussen vaart en tog. Is hulle uitruilbaar? Wanneer is dit vaart, wanneer tog? Dink daaroor. Groete! Oesjaar (kontak) 09:22, 22 Augustus 2020 (UTC)

Haai Oesjaar, jy vra my nou vas! Ek dink hulle is uitruilbaar??
Ek "edit" maar wanneer ek sien jy nie besig is met jou artikel nie, dis verpeslik om 'n "wysigingskonflik" te beleef. Groete! Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 09:35, 22 Augustus 2020 (UTC)

Noord-Sotho Wikipedia[wysig bron]

Hallo, oom. Ek wil baie graag op die Noord-Sotho Wikipedia artikels oor Suid-Afrikaanse politici skep, maar ek kan nie Noord-Sotho praat of skryf nie. Kan oom my miskien help met vertalings, ens. Groete, Lefcentreright (kontak) 18:11, 24 Augustus 2020 (UTC)

Hi Lefcentreright, dis 'n verdienstelike idee, maar ek sal nie van veel hulp met die taal wees nie. Ek het 45 jaar gelede (toe ek so oud was soos jy!), Noord-Sotho in Std 6 en 7 op Hoërskool Menlopark geneem, maar my kennis het al erg verroes. Ek het al probeer om artikels oor lande (dinaga) soos Kenia te vertaal, maar ek brand elke keer vas daarmee.
As jy 'n sjabloon kan gebruik om net die basiese rympie te kopieer, kan dit dalk werk, maar nie uitgebreide lewensverlope nie. Laat weet maar as jy 'n poging aangewend het. Een geluk is, niemand sal jou bydraes terugrol nie, daar is te min bydraers op die Noord-Sotho Wikipedia! Groete en sterkte, Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 18:30, 24 Augustus 2020 (UTC)
Ja, ek het gedink aan 'n rympie. Iets soos "Veronica van Dyk is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy dien sedert 21 Mei 2014 as 'n lid van die Nasionale Vergadering. Van Dyk is 'n lid van die Demokratiese Alliansie." Iets kort en kragtig soos dit. Lefcentreright (kontak) 18:56, 24 Augustus 2020 (UTC)
Bg. kan vertaal word as: "Veronica van Dyk ke mopolotiki ya Afrika Borwa. O bile setho sa Seboka sa Naga go tloga ka la 21 Mots'eanong 2014. Van Dyk ke setho sa Democratic Alliance sa Afrika Borwa." Jy kan {{Infobox Officeholder}} met Engelse parameters gebruik. Groete, --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 08:20, 25 Augustus 2020 (UTC)

Morfien[wysig bron]

Gert, ek het so gehoop dat jy net so 'n klein ou saadjie hier kan skep... Groete! Oesjaar (kontak) 17:31, 31 Augustus 2020 (UTC)

Pleuritis[wysig bron]

Doen jouself gou 'n guns; tik in "pleuritis" op hierdie weergawe, dan kry jy die volgende trefslae by Long: "Pleuritis (borsvliesontsteking) kan 'n komplikasie van 'n lugweginfeksie wees. Daar word tussen droë pleuritis (pleuritis sicca) en nat pleuritis" .... Óf jy óf hierdie Wikipedia het dus die kat aan die stert beet. – Hierdie ongetekende kommentaar is deur 102.132.12.62 (BesprekingBydraes) gelewer.

Oos-Kaapse LPWs[wysig bron]

Hallo, oom. Kan oom my miskien help met die skepping van artikels oor die lede van die Oos-Kaapse provinsiale wetgewer daar op die Engelse Wikipedia? Die artikels kan dan later in Afrikaans vertaal word. Groete, Lefcentreright (kontak) 17:04, 25 September 2020 (UTC)

Hi Lefcentreright, nee wat, ek bang daai klomp "rollbackers" daar. Hulle gaan moontlik weens "not noteworthy" als ongedaan maak. Groete --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 17:20, 25 September 2020 (UTC)
Toevallig is ek een van daardie "rollbackers" :) Ons mag net blatante vandalisme terugrol, anders word ons regte onthef. Provinsiale wetgewerslede is "noteworthy", volgens die en:Wikipedia:Notability (people)#Politicians and judges riglyn. "Politicians and judges who have held international, national, or (for countries with federal or similar systems of government) state/province–wide office, or have been members of legislative bodies at those levels. Oom kan miskien hier vra dat oom se wysigings "autopatrolled" raak. Lefcentreright (kontak) 17:30, 25 September 2020 (UTC)

Nuwe artikel op versoek[wysig bron]

Goeienaand Gert, waar stuur Oesjaar al die versoeke vir jou? Ek dink maar dis iets soos "Hallo Oesjaar!" net met ander woorde. :) Mag ek maar ook vra vir nuwe artikels, veral wat die krieket betref, soos jy ook voorheen met die rugby gedoen het? Dis veral die beheerliggame van die twaalf toetsnasies en die oorblywende rooi EDI-spanne, aangesien nou die reeks voorbladartikels in die krieket begin het. Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 21:30, 26 Oktober 2020 (UTC)

Hallo SpesBona. Ja, jy is heeltemal reg, die "Nuwe artikel op versoek van Oesjaar" is maar net 'n Oesjaar-groet wanneer ek so voel. Jy mag maar versoeke aanstuur na my, ek sal kyk wat ek kan vermag. Groete, Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 07:01, 27 Oktober 2020 (UTC)

PS: Oesjaar en sy vrou is tans met vakansie in die Kaap. Hy sê hy het gaan wyn proe!

Hallo Gert, ek sal dit opreg waardeer. Dis die volgende:
Hulle is broodnodig vir die krieketreeks wat sopas begin het. Dit sal rooi skakels verminder en krieket op die Afrikaanse Wikipedia op dieselfde vlak as rugby bring. Oor presies een maand sal Suid-Afrika Engeland verwelkom.
Hoop maar Deon en sy vrou geniet die Kaapse rooiwyn! Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 19:30, 27 Oktober 2020 (UTC)

Hi daar - Louis Paul Boon[wysig bron]

Hallo, ek waardeer jou hulp, maar ek het die artikels onder die knie – telkens wanneer ek my vertaling met behulp van die outomatiese gereedskapstoep gedoen het skaaf ek aan die artikel en dit neem tyd. Wanneer jy dus sien iets makeer met 'n artikel en dat dit oomblikke terug deur my geskep is kan jy dit maar eers los so. Dankie.

Sal nie weer nie! Wat gebeur met die Am. verkiesing? --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 15:53, 6 November 2020 (UTC)
Hi, die Demokrate poog om die verkiesing te steel, lees asseblief Rhoda Kadalie se artikel (op Litnet https://www.litnet.co.za/2020-usa-election-how-did-it-come-to-this/?unapproved=298169&moderation-hash=772900cc46f3b01721c496d5f4ed35b6#comment-298169. Groete, Charlielv55 (kontak) 17:38, 6 November 2020 (UTC)

Aromatiese verbinding[wysig bron]

Haai daar Aliwal. Ek het opgemerk dat jy sikliese addisie tot sikliese byvoeging verander het. Alhoewel die Afrikaans taalgebruik swak is, word die term "addisie" in die chemie gebruik, soos in hierdie bladsy. Ek het dit terug verander. Beste Wyatt Tyrone Smith (kontak) 21:33, 6 November 2020 (UTC)

OK --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 06:06, 7 November 2020 (UTC)

Biden "president elect"?[wysig bron]

Hallo daar, ek sien jy dui aan dat Biden die presidentskap gewen het. Dis seker jou reg, want volgens die korporatiewe media en Wikipedia het hy (met ingang Saterdag) gewen. Dis egter nie die media wat besluit wie die presidentskap gewen het nie, maar die Amerikaners self, en totdat alle wettige stembriewe getel is en die onwettige stembriewe verwerp is kan daar nie 'n wenner verklaar word nie. Regter Samuel Alito v/d "Supreme Court" het beveel dat geposte stembriewe wat ontvang is na verkiesingsdag in Pennsylvanië apart gehou moet word, wat 'n sterk aanduiding is dat daardie stembriewe wanneer die Hof uiteindelik uitspraak lewer op die meriete nie gaan tel as wettig nie -wat vir Trump die oorwinning gaan gee aldaar. Voeg hierby "recounts" in Arizona, Georgia, Michigan (waar masjiene stemme vir Trump as stemme vir Biden aangedui het. Hierdie masjiene is in al die "swing states" gebruik), Wisconsin, Pennsylvanië en Nevada, en dis duidelik die resultaat is nog nie finaal nie; ten spyte van wat die hoofstroommedia op histeriese wyse uitbasuin. Ek weet nie waar lê jou lojaliteite nie en of jy onpartydig is of nie en ek het nie probleme daarmee as jy dit so aandui op die Afrikaanse Wikipedia nie (maar moenie verbaas wees indien jy dit oor 'n paar weke moet verander nie - soos wat die resultaat omgeswaai word.). Wie gebruik in elk geval die Afr. Wikipedia om hom- of haarself te vergewis van die regmatige uitslae - met die groot aantal ander hulpbronne op die ganse WWW wat beskikbaar is.

President Trump het aangedui hy sal die resultaat aanvaar indien daar nie meriete in die sake is wat hy en die GOP en RNC gebring het nie. Maar dit betwyfel ek- gegewe die groot aantal gevalle van onreëlmatighede asook die Hooggeregshof se bevel in Pennsylvanië. Groete.Charlielv55 (kontak) 10:48, 8 November 2020 (UTC)

Beste Charlie, dis seker jou reg om hierdie siening te huldig. Ek "edit" net artikels wat (laasnag) voortydig verander is deur twee "Demokratiese ondersteuners". Jy moet nou tot ruste kom of jou gesondheid mag daaronder ly! Groete, --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 11:12, 8 November 2020 (UTC)
Dis reg so dankie Aliwal2012. Groete,Charlielv55 (kontak) 11:53, 8 November 2020 (UTC)

Kaapse duinmol[wysig bron]

Gert, ek ken dit as duinemol. Groete! Oesjaar (kontak) 15:36, 21 Desember 2020 (UTC)

gelees --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 16:06, 21 Desember 2020 (UTC)
Volgens die HAT en AWS is dit 'n wisselvorm. :) ~ Burgert (kontak) 16:35, 21 Desember 2020 (UTC)

Ontkiemingskompetisie is oop[wysig bron]

Hi, die Wikipedia:Ontkiemingskompetisie/2020 is nou oop. Groete, --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 20:14, 21 Desember 2020 (UTC)

Aloe schweinfurthii‎[wysig bron]

Gert, hoekom verwyder jy die rooi kategorieë? Groete! Oesjaar (kontak) 07:33, 24 Desember 2020 (UTC)

Die rooi kategorieë is nou blou! Beste wense! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 10:11, 27 Desember 2020 (UTC)
Dankie! Oesjaar (kontak) 12:35, 27 Desember 2020 (UTC)

Streeksroetes[wysig bron]

@Aliwal2012:, Gert, dankie vir jou hulp met die streeksroetes. Nog 'n groot projek wat ons aangepak het. Met die skep van R408 (Suid-Afrika), kort Qora Mouth of Qhorha Mouth. By die R394 (Suid-Afrika) kort ons Magusheni en Brooks Nek. Kan jy help asb?

Ek gaan eers al die roetes skep vir die Oos- en Noord-Kaap en skakel na Wikidata, dan die sjabloon bywerk (jou voorbeeld gesien) en ook die detail byvoeg bv passe, riviere en dorpe gekruis ens. Dit sal genoeg wees vir eers. Dan terug na die aalwyne... Dankie vir ondersteuning. Groete! Oesjaar (kontak) 07:09, 18 Januarie 2021 (UTC)

Môre Oesjaar, dis reg so! Ek het nou by my kantoor ingesak waar daar darem lugreëling is, werk so skelmpies aan wikipedia. Groete --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 07:44, 18 Januarie 2021 (UTC)

Bestorming van die Verenigde State Capitol in 2021[wysig bron]

Is jy nou ernstig? Jy versit jou daagliks teen "samesweringsteorieë" en onbewese "bespiegelinge", maar jy vertaal die artikel en die onbewese nonsens daarin vervat slaafs soos " 'n skaap wat nie kan wag om by die trog uit te kom vir sy daaglikse porsie voer nie" (nie bedoel as 'n belediging nie, net 'n vergelyking). Wat regtig seermaak is die volgende: "uitgevoer deur 'n skare ondersteuners van die Amerikaanse president Donald Trump (wat van die Antifas en BLM skoorsoekers?) in 'n poging om sy nederlaag in die Amerikaanse presidentsverkiesing in 2020 om te keer Regtig? Enigiemand wat die belaglike bewering glo is van sy trollie af. Hoeveel moeilikheidmakers wat doelbewys daarop uit was om moelikheid te maak was nie BLM en Antifa swernote nie? Kyk hier: https://www.thegatewaypundit.com/2021/01/watch-allowing-happen-trump-supporter-yells-capitol-police-protestors-storming-capitol-video/ Om nie eers te praat van een van die hoofargitekte (John Sullivan) wat 'n Antifa onlusmaker is nie. Regtig, ek gee op; die internet is nog 'n relatief vry plek (ten minste nog op hierdie tydstip, sonder die sensuur, breinspoeling en inmenging van Facebook, Twitter en hul maatjies Apple en Amazon) waar jy self inligting kan opsoek, jou mening kan gee en andere se vrye menings kan aanhoor en die waarheid opspoor sonder om slaafs die hoofstroom ("useless") opinies te volg. Jy kan 'n perd na die water toe lei maar hom nie maak drink nie .... Is ons veronderstel om sonder teëspraak te aanvaar dat alles wat die hoofstroom sê die waarheid is, so asof die feit dat hulle dit opper dit outomatiese die waárheid en heiligskennis maak. Erger nog, indien jy waag om die amptelike diskoers teen te gaan word jy verhoed om dit te staaf (hoe gerieflik), want ja, sekere webewerwe word mos gesensureer. Ons is in 'n gevaarlike tyd en plek waar 'n ongekende aanval op vryheid van spraak plaasvind, maar horende doof en onverleë strompel ons maar voort sonder om te besef dat ons gedagtes en vryheid besig is om stuk vir stuk en o so subtiel uitgekalwe te word. Indien jy nie saamstem nie of nie my kommentaar waardeer nie is jy welkom om dit uit vee. Vrede vir jou. Charlielv55 (kontak) 16:17, 20 Januarie 2021 (UTC)

Gert het die Engels vertaal soos sy reg is en volgens aanvaarde Wikipedia beleid. As jy 'n probleem met die Engels het, argumenteer met hulle op hulle blad. Jy het die reg om jou sê te sê enige plek buite die Wikipedia. Persoonlik sal ek verkies dat jy maar klaarmaak hier, ek begin nou regtig gatvol word vir jou sporadiese, emosionele uitbarstings. Oesjaar (kontak) 16:25, 20 Januarie 2021 (UTC)
Dankie Oesjaar, ek stem heelhartig met jou saam! Charlie, jy kla altyd jy het nie tyd om jou halfgebakte artikels te voltooi nie? Hoe lank het jy nou gesit en top oor hierdie onderwerp? Sies man! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 18:17, 20 Januarie 2021 (UTC)

Jabulani Mahlangu[wysig bron]

Hi, Aliwal2012. Hoe gaan dit? Ek het Jabulani Mahlangu se artikel teruggeplaas, want hy is 'n voormalige lid van die parlement. Voormalige parlementslede is noemenswaardig. Ek sit dan die hele dag en skryf oor voormalige parlementslede daar op die Engelse Wikipedia. Ook, ek is nogal ontevrede oor die swak kwaliteit van artikels in Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. Iets moet dringend daaraan gedoen word. Ek weet net hoe om die probleem op te los nie of aan te pak nie. Groete! Lefcentreright (kontak) 21:25, 28 Januarie 2021 (UTC)

@Lefcentreright: als reg oor die artikel, geniet jou naweek! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 07:07, 29 Januarie 2021 (UTC)

Bloutongsiekte[wysig bron]

Yes my maat, hoop dit gaan goed. Watse terugrollery is dié? Anyway, kyk asb na my Bloutongsiekte artikel. Wil graag vir paar boere hier aanstuur, maar skaam vir my taalgebruik. Groete en geniet Dumbassman (kontak) 08:35, 2 Februarie 2021 (UTC)

Ok, ek lees nou jou kommentaar. Ag ja jong, ek kan eintlik nie minder om gee nie. Mense is verveeld en aandele koop is te maklik, hulle gaan huil Dumbassman (kontak) 08:39, 2 Februarie 2021 (UTC)
Hi @Dumbassman: dit gaan goed en met jou? Terugrol is weens kwetsende kommentaar gelewer deur Charlielv55. Ek het hom nou geblokkeer, maar slegs op gebruikersbeprekings! Sal nou-nou bloutongsiekte vir jou redigeer. Groete, --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 08:41, 2 Februarie 2021 (UTC)
Dankie my maat. Hier gaan dit wraggies goed. Kalahari is mooi groen en my skaap is spekvet! Dumbassman (kontak) 08:43, 2 Februarie 2021 (UTC)

Streeksroetes van die Noord-Kaap[wysig bron]

Gert, al die Noord-Kaap se streeksroetes is nou klaar. Loer maar daar! Groete! Oesjaar (kontak) 11:56, 7 Februarie 2021 (UTC)

Mooi man! Sal dit deurlees vanaand. Welgedaan! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 12:07, 7 Februarie 2021 (UTC)

Gaberoneskraal[wysig bron]

Hallo Oom Gert, ons het lanklaas gesels.

Aangesien u in Wes-Transvaal grootgeword het, het u miskien, toe nog as opgeskote seun, Gaberoneskraal, dis nou (Gaborone se ou naam van die 1930's), op van die oumense se lippe gehoor? Ek het onlangs op hierdie naam in Op ons taalakker (bl. 517) van prof. J.J. Smith afgekom en maar net gewonder hoe gou die naam uitgesterf het. Soos te verwagte rep die Engelse Wikipedia nie 'n enkele woord daaroor nie. Die -kraal maak sin as die Boere tog eerste in daardie geweste was, lank voor die Anglo-Boereoorlog, en Tswana met Afrikaans beïnvloed het. Dat die Boere die omstreke elkeen 'n Afrikaanse naam sou gee, is tog logies! Suidpunt (kontak) 17:05, 7 Februarie 2021 (UTC)

Hallo @Suidpunt: alias "Daniël Goosen" LOL! Nee, jammer om jou teleur te stel: nooit daai naam by die oumense gehoor nie! My pa is wel op Ottosdal gebore in 1915, maar ek is eers nadat hy weg is uit die Wes-Tvl in Middelburg MP gebore, en as 3-jarige saam Pretoria toe toe pa hoofkantoor toe verplaas is (1961). Dus kan ek jou ongelukkig nie steun met "eie" navorsing oor daardie naam nie! Groete tuis! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 17:51, 7 Februarie 2021 (UTC)
Nou net met my ousus in Hermanus gepraat, sy së julle het 'n warm somer daar in die Overberg, nie soos Oesjaar-hulle wat wegspoel in Krugersdorp nie! Watter dorp noem jy nou weer "huis"? --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 17:59, 7 Februarie 2021 (UTC)
"Huis"? Jy is vriendelik op straat, groet almal beleefd in die winkels en vloek dat die duiwel skyt in die parkade. En verder hou jy meer as jou afstand, want op die platteland is "delegeer" tot 'n kunsvorm ontwikkel, en anders as in die stad, is gewillige goedkoop arbeid min. So jy probeer die tannies en ooms so ver moontlik vermy wat 'n gewillige eseltjie soek vir gratis diens. Jy maak asof jy stomonnosel is. Jy bêre jou talente onder 'n maatemmer, want dit, saam met tyd, gaan misbruik en uitgebuit word. Ek het feitlik elke oudskoolmaat ontvriend, want dis ongesond om rondom dieselfde mense te bly koek wat geestelik nie vooruit wíl gaan nie (en, buitendien oor wat iemand gesê het in 2010 van "mense wat nie oor skool is nie", maar toe self by die 2018-reünie lekker gekuier het) en boonop stel ek glad nie belang in my Alma Mater wat na al die jare, en stééds onversadigbaar wat geld aanbetref, nou skielik die bedelbak soos 'n universiteit hou nie. Ek beskou my lewe op skool as die ongelukkige samevloei van omstandighede buite my beheer; ek voel hulle kon die lesse, klasse, en vakkeuses beter aangebied het, ens. Die agterstand is werklik moeilik om in te haal, nou nog.
Kortom, ek kon netsowel 'n nuwe intrekker op die dorp gewees het.
Ek bid al jare om hier weg te kom, maar het na 'n tydjie agtergekom die plek is in vele opsigte darem nie te sleg nie. Die pryse wat ek op my foon van die Spar op Stilbaai kry bevestig dit net. Maar. Dis. Net. Uiters. Voorspelbaar. As. Mens. Vir. Ander. Moet. Dink. Die gebrek aan intellektuele geselskap sedert kindsbeen af is soms besonder pynlik, maar dit word vergoed deur die hordes boeke uit die Kaap, Mosselbaai, Roodepoort en Pretoria wat ek invoer. En al daardie artikels van JSTOR. En dit hou mens lank genoeg besig. En soms skryf ek opstelle waarmee ek ander mense pla, al is dit myself. Soos oor die etiek van Wikinomics. 'n Mens betree die gevaarlike ouderdom van oor die 30 waar jy --- eintlik op 'n ekspedisieskip gesit moes word, die wye wêreld in. Ek is nou op daardie fase. Maar asseblief nie soos Jan Rabie wat ten minste 20 boeke oor sy Stilbaai-strandlopery skryf nie, as ek iewers heen wil gaan, wil ek ten minste beendere opgrawe.
Nou goed, Bredasdorp is nie so warm as wat ek gewoond is nie. Ek was in 2018 laas op Hermanus. Nou dat Musica gaan sluit, het ek heeltemal niks meer daar verloor nie. Die hibiskusse hier kla egter nie oor die 10-liter elk nie. Tamaties ontkiem steeds binne 7-14 dae in grond tussen 20ºC-25ºC. Gewoonlik hierdie tyd het ek nie meer onder 'n kombers geslaap nie en my kop heeltemal toe onder die muskietnet; maar nou is dit nie so nie. En die Argentynse miere sou my al weggedra het. Tog voel dit nou koeler. Daar woed wel tans 'n enorme kriekplaag (een was selfs in die huis), wat vir my herinner aan daardie oomblik voor die groot vloed van 11 April 2005. 200 mm in 'n paar uur. Dis asof die natuur weer voorberei vir die groot donder-en-dreunoomblik.Suidpunt (kontak) 19:35, 7 Februarie 2021 (UTC)

Voorbladartikels[wysig bron]

Goeienaand Gert, doen mens nog die "al om die vier weke"-dingetjie? Ek is maar net bly as ek al die artikels agter die rug het. Ek doen maar ook ander artikels soos PNG en tans Nederland. Wanneer gaan jy die krieketbeheerliggame skep? Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 21:50, 11 Februarie 2021 (UTC)

Naand aan jou ook SpesBona, of is dit goeiemôre (1am hier)? Ek lees jou berig maar sal jou later antwoord, moeg nou! Lekker slaap! --Wapen van die Oos-Kaap.png Aliwal2012 23:00, 11 Februarie 2021 (UTC)
Vanaf einde Oktobermaand tot eine Maartmaand is daar 'n verskil van 'n uur tussen SA en D. RSG herinner my elke dag daaraan. Hulle sluit 23pm Duitse tyd. Doen maar, ek vraag maar net op watter Sondag ek die volgende voorbladartikel gaan voorberei, bywerk en hersien. Dis hoekom. Groete. -- Flag of South Africa.svg SpesBona 21:10, 12 Februarie 2021 (UTC)