Haak-en-steek
Haak-en-steek | |
---|---|
'n Haak-en-steek in die Serengeti | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Klade: | Mimosoideae |
Genus: | Vachellia |
Spesie: | V. tortilis
|
Binomiale naam | |
Vachellia tortilis (Forssk.) Galasso & Banfi, (2008)
| |
Verspreiding |
Die haak-en-steek (Vachellia tortilis) is 'n droogtebestande doringboomspesie wat wydverspreid in woestyn-, halfwoestyn- en savannestreke aangetref word. Volwasse bome ontwikkel 'n plat of effens geronde kroon, en die twee doringtipes waarna dit vernoem is, is maklik sigbaar. Die peule word deur wild en vee gevreet wat dan die sade versprei.
Inheemse name vir die boom sluit in Mosu of Mosunyana in Tswana, umSasane in Zoeloe en Umbrella thorn in Engels.[1] Die boom se FSA-nommer is 188.[1]
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Dit kom voor van die woestynstreke in die Midde-Ooste en suidwaarts tot in Suid-Afrika. In Suider-Afrika is dit teenwoordig in Mosambiek, Zimbabwe, Botswana, Namibië, Eswatini en die sentrale en noordelike dele van Suid-Afrika. In Suider-Afrika toon dit 'n voorkeur vir droë, laagliggende bosveld en grasveld. In die res van Afrika en die Midde-Ooste is die boom inheems in Algerië, Angola, Burkina Faso, Djiboeti, Egipte, Eritrea, Ethiopië, Golf State, Jemen, Kenia, Libanon, Libië, Malawi, Mali, Mauritanië, Marokko, Niger, Nigerië, Oman, Palestina, Saoedi-Arabië, Senegal, Sinai, Sirië, Soedan, Sokotra, Somalië, Tanzanië, Tsjad, Tunisië, Uganda, Westelike Sahara en Zambië.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die kroon is aanvanklik gerond, maar word platter namate dit groter raak. Dié boom verskil van baie ander akasias deurdat dit reguit sowel as gekromde dorings het. Albei soorte dorings groei dikwels saam op dieselfde takkie wat aanleiding gee tot die naam haak-en-steek. Ander akasias met reguit en krom dorings is die rooihaak of vals-haak-en-steek (A. reficiens), die trassiedoring (A. hebeclada) en die buikdoring (A. luederitzii).
Die blomme word in wit of roomkleurige hofies gedra. Die boom se saad word in peule gedra wat 5 tot 9 mm breed en op kenmerkende wyse verdraai is. Dié verdraaide peule en die kombinasie van haak- en reguit dorings maak dit maklik om die boom uit te ken.
-
In blomtyd (November) op die Springbokvlakte -
blomhofies en dorings -
loof en dorings -
sade
Kyk ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Haak-en-steek.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir haak-en-steek.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Haak-en-steek
Bronne
[wysig | wysig bron]- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Plants of the World Online
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 76. ISBN 978-1-77007-759-1.
- IUBN Rooilys veilige spesies
- Vachellia
- Bome van Afrika
- Flora van Algerië
- Flora van Angola
- Flora van Botswana
- Flora van Burkina Faso
- Flora van Djiboeti
- Flora van Egipte
- Flora van Eritrea
- Flora van Eswatini
- Flora van Ethiopië
- Flora van Jemen
- Flora van Kenia
- Flora van Libanon
- Flora van Libië
- Flora van Malawi
- Flora van Mali
- Flora van Marokko
- Flora van Mauritanië
- Flora van Mosambiek
- Flora van Namibië
- Flora van Niger
- Flora van Nigerië
- Flora van Oman
- Flora van Palestina
- Flora van Saoedi-Arabië
- Flora van Senegal
- Flora van Sirië
- Flora van Soedan
- Flora van Sokotra
- Flora van Somalië
- Flora van Suid-Afrika
- Flora van Tanzanië
- Flora van Tsjad
- Flora van Tunisië
- Flora van Uganda
- Flora van Wes-Sahara
- Flora van Zambië
- Flora van Zimbabwe