Johan Goosen
| |||||
Volle naam | Johannes Lodewikus Goosen | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 27 Julie 1992 | ||||
Geboorteplek | Burgersdorp, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,85 m | ||||
Massa | 89 kg | ||||
Skool | Grey-kollege | ||||
Beroep | Professionele Rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Huidige status | |||||
Posisie | Losskakel | ||||
Huidige span | Montpellier | ||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Losskakel | ||||
Springbokno. | 839 | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2014–2016 2018– |
Racing 92 Montpellier |
51 17 |
(237) (27) | ||
korrek soos op 23 Julie 2022. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011–2014 2021– |
Vrystaat Blou Bulle |
18 8 |
(143) (99) | ||
korrek soos op 23 Julie 2022. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2012–2014 2018 2021– |
Cheetahs Cheetahs Bulls |
27 3 3 |
(331) (10) (5) | ||
korrek soos op 23 Julie 2022. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2011 2012–2016 2014 |
SA o/20-span Suid-Afrika Springbok XV |
5 13 1 |
(79) (25) (9) | ||
korrek soos op 13 September 2022. |
Johan Goosen (gebore in Burgersdorp, 27 Julie 1992) is ’n rugbyspeler wat vir die Cheetahs as losskakel gespeel het in die Curriebeker en die Superrugbyreeks. Hy het vir die Suid-Afrikaanse Skolespan gespeel en het ook Suid-Afrika verteenwoordig in die 2011 IRR Junior Rugbywêreldbeker.
Goosen is gekies as lid van die Suid-Afrikaanse onder 20-span wat sou deelneem aan die 2011 IRR Junior Wêreldkampioenskap[1] maar doen ’n skouerbesering op teen die Highlanders wat hom uit die toernooi hou.[2]
In Junie 2014 is bekend gemaak dat Goosen ’n driejaarkontrak met die Franse klub Racing 92 geteken het.[3]
Springbokloopbaan
[wysig | wysig bron]Goosen maak sy Springbokdebuut op 8 September 2012 teen Australië in Perth. Hulle verloor 26–19 nadat hy opdraf as plaasvervanger-losskakel vir Morné Steyn in the 59ste minuut van die wedstryd.
Sy insluiting as jong Bok het ’n sensasie onder menige ondersteuners verskaf, omdat gereken is dat die nommer-een Springboklosskakel, Steyn, die balbesit te veel wegskop; nie aanval deur te hardloop nie, en boonop ook nie met al sy stelskoppe pale toe geslaag het nie. Die volgende twee Saterdae speel Goosen in die begin-vyftiental vir die Springbokke op losskakel, waar hy hom goed van sy taak gekwyt het.
In Maart 2013 doen hy 'n kniebesering op tydens 'n Cheetah-spanoefening in Sydney[4] wat hom tot Oktober van die veld af gehou het. Op 14 Junie 2014 speel hy vir ongeveer 10 minute vir die Springbokke teen Wallis in Durban, maar is weer af met 'n skouerbesering.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Sport24
- ↑ Nel, Brenden (29 April 2012). "Goosen uit vir vier maande" (html) (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 29 April 2012.
- ↑ Thörmahlen, Jóhann (6 Junie 2014). "Goosen op pad" (html). Beeld. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Julie 2014. Besoek op 18 Junie 2014.
- ↑ "Goosen beseer knieligamente in Australië". ESPN Scrum (in Engels). 19 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Augustus 2014. Besoek op 25 Junie 2013.