Walliese nasionale rugbyspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Wallis nasionale rugbyspan)
Jump to navigation Jump to search
Wallis
Flag of Wales.svg
Unie Walliese Rugbyunie
Embleem Prins van Wallis se vere
Stadion Millennium-stadion, Cardiff
Kapasiteit 73 931
Afrigter(s) Vlag van Nieu-Seeland Wayne Pivac
Kaptein(s) Alun Wyn Jones
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Alun Wyn Jones (134)
Meeste toetspunte Neil Jenkins (1 049)
Meeste drieë Shane Williams (58)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Engeland Engeland 8 – 0 Wallis Vlag van Wallis
(19 Februarie 1881)
Grootste oorwinning
Vlag van Wallis Wallis 98 – 0 Japan Vlag van Japan
(26 November 2004)
Grootste nederlaag
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 96 – 13 Wallis Vlag van Wallis
(27 Junie 1998)
Wêreldbeker
Verskynings 9 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Derde plek in 1987
Unie webwerf
www.wru.co.uk

Die Walliese nasionale rugbyspan verteenwoordig Wallis in internasionale rugby. Rugby word in Wallis deur die Walliese Rugbyunie geadministreer. Die Walliese rugbyspan is tans (15 November 2019) vierde op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[1] Die span neem aan die vierjaarlikse Rugbywêreldbeker en die jaarlikse Sesnasies-toernooi deel. Wallis is ook een van die lande wat deel uitmaak van die Britse en Ierse Leeus – spelers wat vir Wallis mag speel mag dus ook gekies word vir die Leeus. Wallis is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs die Cookeilande, Fidji, Nieu-Seeland, Samoa en Tonga kan soortgelyke bewerings maak.[2]

Die Walliese nasionale rugbyspan tydens die Sesnasies-toernooi 2008 in die Millennium-stadion, Cardiff

Walliese rugby dateer terug na 1881 toe Wallis deur Engeland in hulle eerste internasionale rugbywedstryd geklop is. Sedert die voorganger van die Vyf- en Sesnasiestoernooi, die Tuisnasies in 1883 begin is het die span 27 keer gewen en het nog twaalf ander kere die titel gedeel. Sedert Italië in 2000 by die kompetisie aangesluit het om die Sesnasies te vorm kon Wallis vyf titels verower, die laaste in 2019. Sedert die Rugbywêreldbeker in 1987 ingevoer is, het Wallis aan al nege toernooie deelgeneem. Wallis se beste uitslag is in 1987 behaal toe die span die uitspeelwedstryd om die derde plek teen die Wallabies gewen het.

Die beheerliggaam Wêreldrugby beskou Wallis as 'n vlak-een rugbynasie. Verskeie Walliese spelers van die 1970's word gereken as van die beste in die geskiedenis van die spel. Alhoewel verskeie swak vertonings in die laat 1980's en 1990's die span se reputasie baie skade berokken het, het 'n herstel in die 2000's en Sesnasies Grand Slams in 2005, 2008, 2012 en 2019 daartoe bygedra om die situasie om te keer. As gevolg van die sukses het Wallis die eerste Europese span ooit geword om 'n Grand Slam met meer weg- as tuiswedstryde te verower.

19 voormalige Walliese rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.

Rekords[wysig | wysig bron]

Algehele rekord[wysig | wysig bron]

Wallis se plek op Wêreldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot hede

Wallis het tot dusver 384 van hulle 731 toetswedstryde gewen, 'n wenrekord van 52,53%.[3]

Wallis se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 15 November 2019)[3]

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Vlag van Argentinië Argentinië 18 13 5 0 72,22
Vlag van Australië Australië 43 12 30 1 27,91
 Britse Barbarians 4 2 2 0 50
Vlag van Engeland Engeland 134 59 63 12 44,03
Vlag van Fidji Fidji 12 10 1 1 83,33
Vlag van Frankryk Frankryk 98 51 44 3 52,04
Vlag van Georgië Georgië 2 2 0 0 100
Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland 129 69 53 7 53,49
Vlag van Italië Italië 27 24 2 1 88,89
Vlag van Japan Japan 10 9 1 0 90
Vlag van Kanada Kanada 12 11 1 0 91,67
Vlag van Namibië Namibië 4 4 0 0 100
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 35 3 32 0 8,57
 Nieu-Seeland Dienste 1 0 1 0 0
 Nieu-Seeland Natives 1 1 0 0 100
Flag of rugby Pacific Islanders.svg Pasifiese Eilanders 1 1 0 0 100
Vlag van Portugal Portugal 1 1 0 0 100
Vlag van Roemenië Roemenië 8 6 2 0 75
Vlag van Samoa Samoa 10 6 4 0 60
Vlag van Skotland Skotland 125 73 49 3 58,06
Vlag van Spanje Spanje 1 1 0 0 100
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 36 6 29 1 16,67
Vlag van Tonga Tonga 9 9 0 0 100
Vlag van Uruguay Uruguay 2 2 0 0 100
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 7 7 0 0 100
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 3 3 0 0 100
Totaal 731 384 318 29 52,53

Sesnasierekord[wysig | wysig bron]

1920-illustrasie van die wedstryd tussen Ierland en Wallis
  Vlag van Engeland Engeland Vlag van Frankryk Frankryk Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland Vlag van Italië Italië Vlag van Skotland Skotland Vlag van Wallis Wallis
Toernooie 123 90 125 20 125 125
Regstreekse oorwinnings
(Gedeelde oorwinnings)
Tuisnasies 5 (4) N.v.t. 4 (4) N.v.t. 10 (3) 7 (4)
Vyfnasies 17 (6) 12 (8) 6 (5) N.v.t. 5 (6) 15 (8)
Sesnasies 6 5 4 0 0 5
Algeheel 28 (10) 17 (8) 14 (9) 0 (0) 15 (9) 27 (12)
Grand Slams
Tuisnasies 0 N.v.t. 0 N.v.t. 0 2
Vyfnasies 11 6 1 N.v.t. 3 6
Sesnasies 2 3 1 0 0 4
Algeheel 13 9 3 0 3 12
Driekrone
Tuisnasies 5 N.v.t. 2 N.v.t. 7 6
Vyfnasies 16 N.v.t. 4 N.v.t. 3 11
Sesnasies 4 N.v.t. 5 N.v.t. 0 4
Algeheel 25 N.v.t. 11 N.v.t. 10 21
Houtlepel
Tuisnasies 11 N.v.t. 15 N.v.t. 8 8
Vyfnasies 14 17 21 N.v.t. 21 12
Sesnasies 0 1 0 14 4 1
Algeheel 25 18 36 14 33 21

Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]

Jaar Uitslag
1987 Derde plek
1991 Poelfase
1995 Poelfase
1999 Kwarteindrondte
2003 Kwarteindrondte
2007 Poelfase
2011 Vierde plek
2015 Kwarteindrondte
2019 Vierde plek
2023 N.v.t.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "World Rugby Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 15 November 2019.
  2. (en) TEIVOVO.COM – RUGBY HISTORY IN FIJI, besoek op 6 Oktober 2007
  3. 3,0 3,1 (en) "International Rugby Union Statistics – Wales". ESPNscrum. Besoek op 15 November 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]