Keegan Daniel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Keegan Daniel Sportportaal
Volle naam Keegan Rhys Daniel
Geboortedatum 5 Maart 1985 (1985-03-05) (29 jaar oud)
Geboorteplek Humansdorp, Suid-Afrika
Lengte 1,88 m
Gewig 90 kg
Rugbyloopbaan
Posisie(s) Flank
Agsteman
Provinsiale/Staatspanne Wedst (pte)
2006- Natal Haaie 92 (160)
korrek op 28 Oktober 2012.
Super Rugby    
2006- Sharks 92 (70)
korrek op 17 Mei 2013.
Nasionale span(ne)    
2010- Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 5 (0)
korrek op 28 November 2012.
Ander Inligting
Beroep Professionele Rugbyspeler
Skool Dale-kollege

Keegan Daniel (gebore in Humansdorp, 5 Maart 1985) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Natal Sharks in die Curriebeker en Superrugby speel.

Daniel is in op 5 Maart 1985 in Humansdorp gebore. Hy het sy opvoeding by Gonubie Primary begin, maar is later na Dale College, een van Suid-Afrika se top rugbyskole[verwysing benodig].

Hy speel in 2003 vir die Grens tydens die Craven-week, maar word later deur die Natal Rugby-akademie opgeraap.

Daniel begin in 2006 op provinsiale vlak te speel tydens die jaar se Super 14-kompetisie wat hom ook 'n plek in Suid-Afrika se onder-21 span besorg. Daniel blink uit tydens die IRR se onder-21 wêreldbeker in Frankryk waar Suid-Afrika in die eindstryd verloor. Hy word genomineer as speler van die toernooi en later aangewys as Suid-Afrika se onder-21 speler van 2006.

Sedertdien het Daniel begin om vir die Natal Sharks op Super 14-vlak te speel. Tydens die 2008-seisoen word hy aangewys as man-van-die wedstryd in wedstryde teen die Blou Bulle en die Auckland Blues (waar hy 3 drieë gedruk het). Tydens die Blues-wedstryd druk hy sy eerste drie na slegs 16 sekondes op die veld, 'n rekord op Super 14-vlak.

Eksterne skakels[wysig]