N7 (Suid-Afrika)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf N7)
Spring na: navigasie, soek
Padteken van die N7.
Die N7 word in rooi aangedui.
Die N7 noord van Vanrhynsdorp, Wes-Kaap.
Die N7 naby Springbok, Namakwaland.

Die N7 is een van die nasionale paaie in Suid-Afrika. Die pad verbind Kaapstad in die Wes-Kaap met Vioolsdrif, Noord-Kaap.

Wes-Kaap[wysig]

Die N7 begin deur van die N1 af te draai in Kaapstad en hou dan reguit noord vir 53 km voor die dorp Malmesbury teëgekom word. Halfpad soontoe gaan die reisiger die Swartland binne wat bekend is vir sy koringlande. Die N7 hou steeds noord en 40 km later gaan die pad verby Moorreesburg. Nog 26 km verder gaan die N7 eers oor die Bergrivier en dan verby Piketberg. Die volgende 45 km gaan ook vinnig verby voor die pad via die Piekenierskloofpas verby Citrusdal gaan. Die reisiger het nou die Swartland verlaat en gaan die Olifantsriviervallei en Sederberg areas binne met die Sederberg aan die regterkant sigbaar. Die pad hou nou noordoos en die Olifantsrivier bly aan die reisiger se regterkant. Na 53 km word daar verby eers verby die Clanwilliamdam en dan by die dorp Clanwilliam verby gery. Die pad hou steeds langs die Olifantsrivier vir 38 km en swaai dan skielik noordwes, kruis die rivier, gaan verby Klawer en hou noordwes tot by Vanrhynsdorp. Nou het die reisiger Namakwaland binnegegaan.

Namakwaland[wysig]

Namakwaland is bekend vir sy blommeprag gedurende die lente. Van Vanrhynsdorp draai die N7 geleidelik noordoos, gaan oor die Sishen-Saldanha Spoorlyn en 70 km vanaf Vanrhynsdorp word die klein plekkie Nuwerus teegekom. Die area tussen Vanrhynsdorp en Nuwerus word die Knersvlakte genoem. Sewentien kilometer later word verby Bitterfontein gery en 61 km later word Garies bereik. Ongeveer 30 km voor Garies het die reisiger die Noord-Kaap binne gegaan. Van Garies na Kamieskroon is 46 km en nog 68 km verder is Springbok nadat die N7 eers oor die Burke'spas gegaan het. Springbok staan bekend as die 'hoofstad van Namakwaland'. Daar is kopermyn bedrywighede in die omgewing. Nababeep is net 'n entjie verder vanaf Springbok(weg van die N7) en het die grootste kopermyne. Die N14 nasionale pad begin ook hier by Springbok. Vanaf Springbok is dit net 7 km na Okiep, nog 'n myndorp en 42 km verder noord kom die reisiger die dorpie Steinkopf teë. Daar moet nog 67 km gereis word voordat die grenspos en dorpie Vioolsdrif bereik word by die Oranjerivier. Hier hou die N7 op en aan die Namibië kant word die pad die B1 genoem.[1][2]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]