Sutherland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sutherland
Die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop naby Sutherland
Die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop naby Sutherland
Ligging van Sutherland op 'n kaart (Noord-Kaap)
Sutherland
Sutherland
Koördinate: 32°23′37″S 20°39′41″O Koördinate: 32°23′37″S 20°39′41″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distriksmunisipaliteit Namakwa
Plaaslike Munisipaliteit Hantam
Stigting 1858
Oppervlak
 - Dorp 35,98 km²  (13,9 vk m)
Hoogte 1 450 m (4 757 vt)
Bevolking (2011)
 - Dorp 2 836
 - Digtheid 79/km² (204,6/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6920
Skakelkode(s) 023

Sutherland is 'n dorp in die Karoo-hoogland van die provinsie Noord-Kaap (Suid-Afrika). Dit staan bekend as die sentrum van die sterrekunde in Afrika, maar ook as een van die koudste dorpe in Suid-Afrika met sneeuval en uiterste temperature van -16 °C in die winter. (Die koudste dorp is egter Buffelsfontein, waar 'n minimum temperatuur van -18.6°C al gemeet is.[1])

Geskiedenis[wysig]

Sutherland is in 1857 op die plaas De List as 'n nuwe NG Kerk gemeente gestig en op 8 November 1858 is die eerste erwe verkoop. Die dorp is vernoem na ds. Henry Sutherland, predikant van die gemeente op Beaufort-Wes ten tyde van Sutherland se afstigting in 1855.

Danksy sy afgeleë en droë ligging 1 458 meter bo seevlak staan dit bekend vir sy naghemel, wat onder die suiwerstes en donkerstes ter wêreld tel en sodoende uiters geskik is vir sterrekundige navorsing.

Die Suid-Afrikaanse Sterrewag, wat in 1972 sowat veertien kilometer buite die dorp geopen is, was destyds een van die grootstes in die Suidelike Halfrond. Sutherland huisves vandag ook die Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop (Southern African Large Telescope, SALT), die grootste enkele teleskoop in die Suidelike Halfrond.

Bekende mense gebore op Sutherland[wysig]

N.P. van Wyk Louw, bekende Suid-Afrikaanse digter, en sy broer WEG Louw is hier gebore. Hul geboortehuis, Louwhuis, is nou 'n museum. Die museum huisves ook inligting oor die ingenieur dr. Henry Olivier, ook 'n boorling van Sutherland.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. South African Weather Bureau: "Coldest Place in South Africa", 30 June 2005.