Kampioenetrofee 2017

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Kampioentrofee 2017)
Kampioenetrofee 2017
Kampioentrofee 2017.png
Kenteken van die Kampioenetrofee 2017
Datums 1 Junie – 18 Junie
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Wallis Wallis
Kampioen Vlag van Pakistan Pakistan (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Indië Indië
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
Speler van die reeks Vlag van Pakistan Hasan Ali
Meeste lopies Vlag van Indië Shikhar Dhawan (338)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Pakistan Hasan Ali (13)[2]
2013
2025

Die Kampioenetrofee 2017 (Engels: 2017 ICC Champions Trophy) is van 1 tot 18 Junie 2017 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die agtste Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.

Aan die Kampioentrofee 2017 het die destydse agt beste nasionale spanne op die EDI-ranglys deelgeneem: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika. Die spanne is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners van hierdie wedstryde het in die eindstryd ontmoet.

Bangladesj, Engeland, Indië en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Bangladesj en Pakistan het Engeland geklop, waardeur die twee aartsvyande Indië en Pakistan in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op The Oval in Londen het Pakistan die verdedigende kampioen Indië verslaan en sodoende sy eerste Kampioenetrofeetitel gewen. Saam met hul oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1992 en die T20I-wêreldbeker 2009 was dit Pakistan se derde internasionale kriekettitel.

Die laaste Kampioenetrofee sou oorspronklik in 2013 aangebied word en dié toernooi sou vanaf 2017 met die Wêreldtoetskampioenskap vervang word.[3] In Januarie 2014 is dié plan egter herroep en aangekondig dat in 2017 wel ’n Kampioenetrofee sal plaasvind en die Wêreldtoetskampioenskap gekanselleer is.[4] In 2016 het die Internasionale Krieketraad aangekondig dat die Kampioenetrofee na 2017 geskrap sal word om aan die IKR se doelwit te voldoen om vir elke krieketformaat een toernooi te hê.[5] In November 2021 het die IKR bekend gemaak dat die Kampioenetrofee in 2025 weer sal plaasvind en in Pakistan aangebied word.[6]

Toewysing[wysig | wysig bron]

Die Internasionale Krieketraad het Engeland en Wallis as gashere vir die Kampioenetrofee 2017 aangewys.

Deelnemers[wysig | wysig bron]

Die destydse beste agt spanne op die EDI-ranglys soos op 30 September 2015 het vir die Kampioenetrofee 2017 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika.[7] Bangladesj, wat Wes-Indië vervang het, is die enigste verandering in die 8-span-lys van die Kampioentrofee 2009 en 2013. Die wedstrydskedule en groepe is op 1 Junie 2016 bekend gemaak.[8] Geen assosiaatlid het aan die toernooi deelgeneem nie.

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Australië Australië Volle lede Agtste 2013 Kampioen (2006, 2009)
Vlag van Bangladesj Bangladesj Vyfde 2006 9de plek (2000, 2006)
Vlag van Engeland Engeland Agtste 2013 Naaswenner (2004, 2013)
Vlag van Indië Indië Agtste 2013 Kampioen (2002, 2013)
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Agtste 2013 Kampioen (2000)
Vlag van Pakistan Pakistan Agtste 2013 3de plek (2000, 2009)
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka Agtste 2013 Kampioen (2002)
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Agtste 2013 Kampioen (1998)

Stadions[wysig | wysig bron]

Tydens die toernooi is twee Engelse en een Walliese stadion ingespan. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Kampioenetrofee 2017 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.

Birmingham Cardiff Londen
Edgbaston Sophia Gardens The Oval
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W / 52.4558139; -1.9024889 (Edgbaston) 51°29′14″N 3°11′29″W / 51.48722°N 3.19139°W / 51.48722; -3.19139 (Sophia Gardens) 51°29′1″N 0°6′54″W / 51.48361°N 0.11500°W / 51.48361; -0.11500 (The Oval)
Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 15 634 Kapasiteit: 27 500
Edgbaston---close-of-play.jpg Stadiwm SWALEC.JPG OCS Stand (Surrey v Yorkshire in foreground).JPG
Kampioenetrofee 2017 (Engeland)

Kalender[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Kampioenetrofee 2017 se daaglikse program aan. ’n Siaan blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase en ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Junie
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
4
Ma
5
Di
6
Wo
7
Do
8
Vr
9
Sa
10
So
11
Ma
12
Groep A 1 1 1 1 1 1
Groep B 1 1 1 1 1 1
Uitklopfase
Junie
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Uitklopfase 1 1 1
Legende

   Groepfase

   Uitklopfase

   Eindstryd

Wedstryde[wysig | wysig bron]

Groepfase[wysig | wysig bron]

Groep A[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver Onb LT Pte
Vlag van Engeland Engeland 3 3 0 0 +1.045 6
Vlag van Bangladesj Bangladesj 3 1 1 1 +0.000 3
Vlag van Australië Australië 3 0 1 2 −0.992 2
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 3 0 2 1 −1.058 1
1 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
305/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
308/2 (47.2 boulbeurte)
Tamim Iqbal 128 (142)
Liam Plunkett 4/59 (10 boulbeurte)
Joe Root 133* (129)
Sabbir Rahman 1/13 (1 boulbeurte)
Engeland wen met agt paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Sundaram Ravi (Ind) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Joe Root (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Vir die eerste keer in ’n Kampioenetrofeewedstryd word ’n teiken van meer as 300 lopies suksesvol gejaag.[9]
2 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
291 (45 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
53/3 (9 boulbeurte)
Kane Williamson 100 (97)
Josh Hazlewood 6/52 (9 boulbeurte)
Moisés Henriques 18 (14)
Adam Milne 2/9 (2 boulbeurte)
Onbeslis
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Richard Illingworth (Eng) en Richard Kettleborough (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Reën verkort die wedstryd tot 46 boulbeurte per span.
  • Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 235 lopies in 33 boulbeurte vir Australië.
  • Ná verdere reën word die wedstryd afgelas.
  • Josh Hazlewood (Aus) behaal die beste boulsyfers in ’n Kampioenetrofeewedstryd.[10]
5 Junie 2017
13:30 (BST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
182 (44.3 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
83/1 (16 boulbeurte)
Tamim Iqbal 95 (114)
Mitchell Starc 4/29 (8.3 boulbeurte)
David Warner 40* (44)
Rubel Hossain 1/21 (4 boulbeurte)
Onbeslis
The Oval, Londen
Skeidsregters: Chris Gaffaney (NZ) en Nigel Llong (Eng)
  • Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Wedstryd afgelas weens reën.
  • Dis is Australië se 900ste EDI-wedstryd.[11]
  • David Warner (Aus) word volgens aantal kolfbeurte (93) die vinnigste Australiese kolwer wat 4000 lopies aanteken.[12]
6 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
310 (49.3 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
223 (44.3 boulbeurte)
Joe Root 64 (65)
Corey Anderson 3/55 (9 boulbeurte)
Kane Williamson 87 (98)
Liam Plunkett 4/55 (9.3 boulbeurte)
Engeland wen met 87 lopies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Bruce Oxenford (Aus) en Paul Reiffel (Aus)
Speler van die wedstryd: Jake Ball (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Engeland vorder hiermee tot die halfeindrondte.[13]
9 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
265/8 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Bangladesj Bangladesj
268/5 (47.2 boulbeurte)
Ross Taylor 63 (82)
Mosaddek Hossain 3/13 (3 boulbeurte)
Shakib Al Hasan 114 (115)
Tim Southee 3/45 (9 boulbeurte)
Bangladesj wen met vyf paaltjies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Ian Gould (Eng) en Nigel Llong (Eng)
Speler van die wedstryd: Shakib Al Hasan (Ban)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Mahmudullah en Shakib Al Hasan behaal die beste EDI-vennootskap vir Bangladesj met 224 lopies.[14]
  • Dit is Bangladesj se eerste oorwinning in ’n Kampioentrofeewedstryd.[15]
  • Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.[14]
10 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Australië Australië
277/9 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
240/4 (40.2 boulbeurte)
Travis Head 71* (64)
Mark Wood 4/33 (10 boulbeurte)
Ben Stokes 102* (109)
Josh Hazlewood 2/50 (9 boulbeurte)
Engeland wen met 40 lopies (DLS-metode)
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Chris Gaffaney (NZ)
Speler van die wedstryd: Ben Stokes (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën gedurende Engeland se kolfbeurt het enige verdere spel verhoed.
  • Bangladesj vorder hiermee tot die halfeindrondte.[16]
  • Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.[16]

Groep B[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver Onb LT Pte
Vlag van Indië Indië 3 2 1 0 +1.370 4
Vlag van Pakistan Pakistan 3 2 1 0 −0.680 4
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 3 1 2 0 +0.167 2
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 3 1 2 0 −0.798 2
3 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
299/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
203 (41.3 boulbeurte)
Hashim Amla 103 (115)
Nuwan Pradeep 2/54 (10 boulbeurte)
Upul Tharanga 57 (69)
Imran Tahir 4/27 (8.3 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 96 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Ian Gould (Eng)
Speler van die wedstryd: Imran Tahir (SA)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Hashim Amla (SA) word die vinnigste kolwer volgens aantal kolfbeurte (151) wat 25 EDI-honderdtalle slaan.[17]
  • Die Sri Lankaanse kaptein Upul Tharanga word weens ’n stadige boultempo vir twee wedstryde geskors.[18]
4 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
319/3 (48 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
164 (33.4 boulbeurte)
Rohit Sharma 91 (119)
Shadab Khan 1/52 (10 boulbeurte)
Azhar Ali 50 (65)
Umesh Yadav 3/30 (7.4 boulbeurte)
Indië wen met 124 lopies (DLS-metode)
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Marais Erasmus (SA)
Speler van die wedstryd: Yuvraj Singh (Ind)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Reën verkort die wedstryd tot 48 boulbeurte per span.
  • Wahab Riaz (Pak) neem met 0/87 die swakste boulsyfers tydens ’n Kampioenetrofeewedstryd.[19]
7 Junie 2017
13:30 (BST) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
219/8 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
119/3 (27 boulbeurte)
David Miller 75* (104)
Hasan Ali 3/24 (8 boulbeurte)
Fakhar Zaman 31 (23)
Morné Morkel 3/18 (7 boulbeurte)
Pakistan wen met 19 lopies (DLS-metode)
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Richard Illingworth (Eng) en Sundaram Ravi (Ind)
Speler van die wedstryd: Hasan Ali (Pak)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Fakhar Zaman (Pak) het sy EDI-debuut gemaak.
8 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
321/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
322/3 (48.4 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 125 (128)
Lasith Malinga 2/70 (10 boulbeurte)
Kusal Mendis 89 (93)
Bhuvneshwar Kumar 1/54 (10 boulbeurte)
Sri Lanka wen met sewe paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Kusal Mendis (SL)
  • Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Dit was die 150ste EDI-wedstryd tussen die twee spanne.[20]
  • Die was die gesamentlik mees suksesvolle EDI-lopiejaag vir Sri Lanka en vir enige span tydens ’n Kampioenetrofeewedstryd.[21][22]
11 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
191 (44.3 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
193/2 (38 boulbeurte)
Quinton de Kock 53 (72)
Bhuvneshwar Kumar 2/22 (7.3 boulbeurte)
Shikhar Dhawan 78 (83)
Imran Tahir 1/37 (6 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Aleem Dar (Pak) en Paul Reiffel (Aus)
Speler van die wedstryd: Jasprit Bumrah (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Indië vorder hiermee tot die halfeindrondte.[23]
  • Suid-Afrika is hiermee uit die toernooi geskakel.[23]
12 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
236 (49.2 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
237/7 (44.5 boulbeurte)
Niroshan Dickwella 73 (86)
Junaid Khan 3/40 (10 boulbeurte)
Sarfaraz Ahmed 61* (79)
Nuwan Pradeep 3/60 (10 boulbeurte)
Pakistan wen met drie paaltjies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Marais Erasmus (SA) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Sarfaraz Ahmed (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Faheem Ashraf (Pak) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Pakistan vorder hiermee tot die halfeindrondte.[24]
  • Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.[23]

Uitklopfase[wysig | wysig bron]

  Halfeindrondte Eindrondte
             
14 Junie – Cardiff
 Vlag van Engeland Engeland 211  
 Vlag van Pakistan Pakistan 215/2   18 Junie – Londen
     Vlag van Pakistan Pakistan 338/4
15 Junie – Birmingham    Vlag van Indië Indië 158
 Vlag van Bangladesj Bangladesj 264/7
 Vlag van Indië Indië 265/1  

Halfeindrondte[wysig | wysig bron]

14 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
211 (49.5 boulbeurte)
t
Vlag van Pakistan Pakistan
215/2 (37.1 boulbeurte)
Joe Root 46 (56)
Hasan Ali 3/35 (10 boulbeurte)
Azhar Ali 76 (100)
Jake Ball 1/37 (8 boulbeurte)
Pakistan wen met agt paaltjies
Sophia Gardens, Cardiff
Skeidsregters: Marais Erasmus (SA) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Hasan Ali (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Rumman Raees (Pak) het sy EDI-debuut gemaak.
  • Pakistan haal vir die eerste keer ’n Kampioenetrofee-eindstryd en hul eerste EDI-eindstryd sedert 1999.[25]
15 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Bangladesj Bangladesj
264/7 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
265/1 (40.1 boulbeurte)
Tamim Iqbal 70 (82)
Kedar Jadhav 2/22 (6 boulbeurte)
Rohit Sharma 123* (129)
Mashrafe Mortaza 1/29 (8 boulbeurte)
Indië wen met nege paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Kumar Dharmasena (SL) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Rohit Sharma (Ind)
  • Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Dit was Bangladesj se eerste verskyning in ’n halfeindstryd van enige IKR-toernooi.[26]
  • Yuvraj Singh speel in sy 300ste EDI-wedstryd.[27]
  • Virat Kohli (Ind) word die vinnigste kolwer volgens aantal kolfbeurte (175) wat die mylpaal van 8000 EDI-lopies behaal.[28]

Eindstryd[wysig | wysig bron]

18 Junie 2017
10:30 (BST)
Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
338/4 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
158 (30.3 boulbeurte)
Fakhar Zaman 114 (106)
Kedar Jadhav 1/27 (3 boulbeurte)
Hardik Pandya 76 (43)
Mohammad Amir 3/16 (6 boulbeurte)
Pakistan wen met 180 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Marais Erasmus (SA) en Richard Kettleborough (Eng)
Speler van die wedstryd: Fakhar Zaman (Pak)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Fakhar Zaman (Pak) slaan sy eerste EDI-honderdtal.[29]
  • Pakistan se telling van 338 is die hoogste in enige IKR-toernooi-eindstryd.[29]
  • Die wentelling is die hoogste in enige EDI-toernooi-eindstryd volgens aantal lopies.[29]


Kampioenetrofeewenner 2017
Vlag van Pakistan Pakistan

Statistiek[wysig | wysig bron]

Meeste lopies en paaltjies[wysig | wysig bron]

Meeste lopies:[1]
Naam Lopies
1 Vlag van Indië Shikhar Dhawan 338
2 Vlag van Indië Rohit Sharma 304
3 Vlag van Bangladesj Tamim Iqbal 293
4 Vlag van Engeland Joe Root 258
Vlag van Indië Virat Kohli
Meeste paaltjies:[2]
Naam Paaltjies
1 Vlag van Pakistan Hasan Ali 13
2 Vlag van Australië Josh Hazlewood 9
3 Vlag van Pakistan Junaid Khan 8
Vlag van Engeland Liam Plunkett
5 Vlag van Engeland Adil Rashid 7

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) "Records / ICC Champions Trophy, 2017 / Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  2. 2,0 2,1 (en) "Records / ICC Champions Trophy, 2017 / Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  3. (en) Tariq Engineer (17 April 2012). "No Champions Trophy after 2013". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  4. (en) "No Test Championship, Champions Trophy to continue: ICC". Zee News. 8 Februarie 2014. Besoek op 26 April 2022.
  5. (en) "Test Championship to replace Champions Trophy". ESPNcricinfo. 29 Junie 2013. Besoek op 26 April 2022.
  6. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  7. (en) "Teams confirmed for ICC Champions Trophy 2017". Internasionale Krieketraad. 30 September 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2015. Besoek op 30 September 2015.
  8. (en) "India-Pakistan, Australia-England bouts in 2017 Champions Trophy". ESPNcricinfo. 1 Junie 2016. Besoek op 26 April 2022.
  9. (en) Bharath Seervi (1 Junie 2017). "Highest successful chase in Champions Trophy history". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  10. (en) Harry West (2 Junie 2017). "Rain saves Australia in ICC Champions Trophy opener". Sporting News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2018. Besoek op 4 Junie 2017.
  11. (en) "Australia v Bangladesh: Everything you need to know". Yahoo7. 4 Junie 2017. Besoek op 26 April 2022.
  12. (en) "Warner breaks 27-year-old Australian record". Krieket Australië. 5 Junie 2017. Besoek op 26 April 2022.
  13. (en) Tom Fordyce (6 Junie 2017). "Champions Trophy: England beat New Zealand to reach semi-finals". BBC. Besoek op 26 April 2022.
  14. 14,0 14,1 (en) Amy Lofthouse (9 Junie 2017). "Champions Trophy: Bangladesh produce a record stand to knock New Zealand out". BBC. Besoek op 26 April 2022.
  15. (en) Matt Jones (9 Junie 2017). "ICC Champions Trophy 2017 Results: Record Partnership Steers Bangladesh to Win". Bleacher report. Besoek op 26 April 2022.
  16. 16,0 16,1 (en) Tom Fordyce (10 Junie 2017). "Champions Trophy: Ben Stokes hits century as England eliminate Australia". BBC. Besoek op 26 April 2022.
  17. (en) Firdose Moonda (3 Junie 2017). "Amla reasserts his 50-over greatness". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  18. (en) "Upul Tharanga suspended for two matches after four-hour innings". ESPNcricinfo. 3 Junie 2017. Besoek op 26 April 2022.
  19. (en) "Media watch: Virat Kohli ditches Pepsi, Wahab Riaz apologises to a nation". Fox Sports. 8 Junie 2017. Besoek op 26 April 2022.
  20. (en) "India eye semi-final spot by defeating Sri Lanka". Bennett, Coleman & Co. Ltd. 8 Junie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2018. Besoek op 8 Junie 2017.
  21. (en) Jack Skelton (8 Junie 2017). "Champions Trophy: Sri Lanka stun India to throw Group B wide open". BBC. Besoek op 26 April 2022.
  22. (en) Andrew Fidel Fernando (8 Junie 2017). "Mendis, Gunathilaka anchor highest Champions Trophy chase to keep SL alive". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  23. 23,0 23,1 23,2 (en) Stephan Shemilt (11 Junie 2017). "Champions Trophy: India crush South Africa to reach semi-finals". BBC. Besoek op 26 April 2022.
  24. (en) Kal Sajad (12 Junie 2017). "Champions Trophy: Pakistan beat Sri Lanka to set up England semi-final". BBC. Besoek op 26 April 2022.
  25. (en) Bharath Seervi (14 Junie 2017). "An ill-timed low for England". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  26. (en) "India vs South Africa, Champions Trophy 2017: Latest Points Table". Network 18. 11 Junie 2017. Besoek op 26 April 2022.
  27. (en) "I wondered at one stage if I would play another game, says Yuvraj". The Hindu. 14 Junie 2017. Besoek op 26 April 2022.
  28. (en) Sidharth Monga (15 Junie 2017). "Dominant India march into yet another final". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.
  29. 29,0 29,1 29,2 (en) S Rajesh (18 Junie 2017). "Pakistan hand India biggest loss in ICC finals". ESPNcricinfo. Besoek op 26 April 2022.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Kampioentrofee Cricketball.svg

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029