Edgbaston-krieketveld
Edgbaston-krieketveld | ||
Edgbaston-krieketveld soos uit die noorde gesien
| ||
Bynaam | Edgbaston | |
---|---|---|
Ligging | Birmingham | |
Koördinate | 52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W | |
Kapasiteit | 25 000[1] | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1882 | |
Huurders | ||
Warwickshire CCC (1894–hede) Birmingham Bears (2014–hede) Birmingham Phoenix (2021–hede) |
Edgbaston-krieketveld, ook bekend as die County Ground of Edgbaston-stadion Stadium, is 'n krieketveld in die Edgbaston-omgewing van Birmingham, Engeland. Dit is die tuiste van Warwickshire County-krieketklub en sy T20-span Birmingham Bears. Edgbaston huisves toets-, eendag- en T20I-wedstryde, en het die T20-eindstryd meer as enige ander krieketveld aangebied. Edgbaston-krieketveld is al tydens vyf krieketwêreldbekertoernooie vir wedstryde ingespan: in 1975, 1979, 1983, 1999 en 2019. Daarbenewens het Edgbaston-krieketveld wedstryde tydens die Kampioenetrofeë in 2004, 2013 en 2017 aangebied. Edgbaston is sedert 2021 die tuisstadion van die Birmingham Phoenix-mansspan in The Hundred-kompetisie.
Onlangse geskiedenis
[wysig | wysig bron]Edgbaston was die eerste Engelse veld benewens Lord’s wat 'n groot internasionale eendagtoernooi-eindstryd aangebied het toe in 2013 die Kampioenetrofee-eindstryd hier gehou is. Met 'n permanente kapasiteit van sowat 25 000 is dit die vierde grootste krieketstadion in Engeland, na Lord’s, Old Trafford en The Oval.[2]
Edgbaston het gasheer gespeel vir wedstryde in groot toernooie soos tydens die Krieketwêreldbeker 2019 waar Engeland sy eerste krieketwêreldbekertoernooi gewen het en die Kampioenetrofee 2017 toe Pakistan gewen het.
Edgbaston is die stadion waar die eerste seniorwedstryd onder spreiligte in Engelse krieket gespeel is, tussen Warwickshire en Somerset in die destydse AXA Life Sunday League. Dit het die eerste dag/nag-toetswedstryd in Engeland in Augustus 2017 aangebied toe Engeland teen Wes-Indië gespeel het.
Edgbaston word as een van Engeland se voorste krieketvelde beskou. Wisden se gids tot krieketvelde in 1992 het opgemerk dat "Lord’s is really its only superior in the United Kingdom".[3] Ná die opening van die nuwe Suid- en Wes-pawiljioene in 2011 het die Engelse en Walliese Krieketraad gesê dat "die ruim fasiliteite op die voorpunt is, selfs effens beter as by die tuiste van krieket" (d.w.s. Lord’s).[2]
Toeskouers
[wysig | wysig bron]Die atmosfeer by Edgbaston is bekend as die mees vyandige in Engeland vir besoekende spanne. Die voormalige kaptein van Engeland, Alec Stewart, het onthou: "Op wêreldvlak sou ek dit saam met Eden Gardens in Kolkata plaas, wat ongeveer 70 000 hou. Dit inspireer 'n span. Dit is soos om nog 'n man in jou span te hê" en die voormalige Engelse paaltjiewagter Geraint Jones beskryf dit as volg: "Die skare hier maak so 'n groot geraas as jy goed doen... dit is 'n unieke omgewing."[4] Nadat hy die 2015-As-toetswedstryd teen Australië op Edgbaston gewen het, het die Engelse kaptein, Alastair Cook, gesê: “Die sang van die Edgbaston-skare was die luidrugtigste wat ek kan onthou. Edgbaston is 'n fantastiese plek vir ons!"[5]
Die rekordbywoning by 'n County Championship- wedstryd by Edgbaston is 28 000 teen Lancashire in die kampioenskap-wenseisoen van 1951, en die rekord vir 'n enkele dag van 'n toetswedstryd is 32 000 teen Wes-Indië in 1957.[3]
Wedstryde
[wysig | wysig bron]Krieketwêreldbeker 1975
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1975.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Oos-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Krieketwêreldbeker 1979
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1979.
t
|
||
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Charles Baksh (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
Krieketwêreldbeker 1983
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1983.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reserwedag op 12 Junie gebruik, 56 boulbeurte van Nieu-Seeland op 11 Junie voltooi.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Krieketwêreldbeker 1999
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 1999.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reserwedag op 30 Mei gebruik.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Kampioenetrofee 2004
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Kampioenetrofee 2004.
t
|
||
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën onderbreek die speel nadat 38 boulbeurte van Engeland se kolfbeurt geboul is. Die res is op 11 September gespeel.
t
|
||
- Bangladesj het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Op 14 September was geen speel moontlik nie, vervolgens moes die reserwedag gebruik word.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Kampioenetrofee 2013
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Kampioenetrofee 2013.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Chris Morris (SA) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Wedstryd afgelas weens reën.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 40 boulbeurte per span.
- Duckworth-Lewis-metode hersien teiken om te wen: 102 lopies in 22 boulbeurte vir Indië.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 20 boulbeurte per span.
Kampioenetrofee 2017
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Kampioenetrofee 2017.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën verkort die wedstryd tot 46 boulbeurte per span.
- Duckworth-Lewis-Stern-metode hersien teiken om te wen: 235 lopies in 33 boulbeurte vir Australië.
- Ná verdere reën word die wedstryd afgelas.
t
|
||
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën verkort die wedstryd tot 48 boulbeurte per span.
t
|
||
- Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Fakhar Zaman (Pak) het sy EDI-debuut gemaak.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reën gedurende Engeland se kolfbeurt het enige verdere speel verhoed.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Krieketwêreldbeker 2019
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 2019.
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- ’n Vertraagde begin as gevolg van ’n nat buiteveld verkort die wedstryd tot 49 boulbeurte per span.[6]
t
|
||
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
t
|
||
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "The many shapes of England's cricket stadiums". BBC. Besoek op 12 Desember 2022.
- ↑ 2,0 2,1 (en) Rob Barnett (10 Augustus 2011). "Edgbaston at the cutting edge". Engelse en Walliese Krieketraad. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Oktober 2011. Besoek op 15 Augustus 2011.
- ↑ 3,0 3,1 Powell 1992.
- ↑ (en) Paul Weaver (29 Julie 2009). "If Australia thought Cardiff and Lord's was noisy, they haven't heard anything yet". The Guardian. Besoek op 23 Januarie 2011.
- ↑ (en) "England's Top 5 Test Performances – #4 – Edgbaston". 20 Maart 2016.
- ↑ (en) "Kane Williamson guides New Zealand to narrow World Cup win over South Africa". The Guardian. 19 Junie 2019. Besoek op 12 Desember 2022.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Edgbaston-krieketveld. |