Koper(II)chloried
Algemeen | |
---|---|
Naam | Koper(II)chloried |
Chemiese formule | CuCl2 |
Molêre massa | 134,45 [g/mol][1] |
CAS-nommer | 7447-39-4[1] |
Voorkoms | bruin vastestof[1] |
Reuk | Reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=690,4 pm; b=330,0 pm; c=682,4 pm; β=122,197°[2] |
Ruimtegroep | C2/m[2] |
Nommer | 12 |
Smeltpunt | 620 °C (ontbind >300 °C)[1] |
Kookpunt | 993 °C[1] |
Digtheid | 3,386[1] |
Oplosbaarheid | oplosbaar[1] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | nie-brandbaar |
LD50 | 140-583 [mg/kg] (oraal; rot)[1] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Koper(II)chloried is 'n verbinding van chloor met koper in sy +2 oksidasietoestand met formule CuCl2. Dis 'n sout van koper met soutsuur.
Watervrye koper(II)chloried is higroskopies en blootgestel aan vog vorm dit skielik sy dihidraat CuCl2.2H2O wat groen is en aan die lug vervloei. Die stof is oplosbaar in water (706 [g/L]), metanol, etanol (530 [g/L]) en matig oplosbaar in asetoon en etielasetaat.[3]
Struktuur
[wysig | wysig bron]Die Cu2+-ioon het 'n [Ar]3d9 konfigurasie en ondergaan Jahn-Tellerverwringing. Die koördinasie het amper die vorm van 'n plat vierkant met kort Cu-Cl-afstande en twee lang afstande in die aksiale rigting loodreg op die vlak van die vierkant. Dit geld vir ook vir ander halokuprate soos KCuCl3 of NH4CuCl3.[4]
Vibrasies
[wysig | wysig bron]Die vibrasies van die verwronge koördinasie-oktaëder kan in infrarooi- en Ramanspektroskopie waargeneem word.[4]
CuCl2 | CuCl2.2H2O | Spektroskopie | Modus | |
---|---|---|---|---|
Frekwensie cm-1 | 406 (sterk) | Raman | Cu-O simm. strek | |
Frekwensie cm-1 | 428 (swak) | IR | Cu-O asimm. strek | |
Frekwensie cm-1 | 320 (sterk) | 284 (baie sterk) | IR | Cu-Clkort asimm. strek |
Frekwensie cm-1 | 247 (sterk) | 287 (baie sterk) | Raman | Cu-Clkort simm. strek |
Frekwensie cm-1 | 276 (skouer) | Raman | Cu-Clkort asimm. strek | |
Frekwensie cm-1 | 215 (baie sterk) | 166 (sterk) | Raman | Cu-Cllank simm. strek |
Frekwensie cm-1 | 201 (skouer) | 189 (baie sterk) | IR | Cu-Cllank asimm. strek |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 1,8 "MSDS". Fisher. Besoek op 25 Augustus 2023.
- ↑ 2,0 2,1 "Tolbachite". Aflow.
- ↑ "Cupric Chloride (Compound)". PubChem NIH.
- ↑ 4,0 4,1 Stepakova, L.V., Skripkin, M.Y., Chernykh, L.V., Starova, G.L., Hajba, L., Mink, J. and Sandström, M. (2008). "Vibrational spectroscopic and force field studies of copper(II) chloride and bromide compounds, and crystal structure of KCuBr3". J. Raman Spectrosc. 39: 16–31. doi:10.1002/jrs.1778.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)