Kuilsrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kuilsrivier
Ligging van Kuilsrivier op 'n kaart (Wes-Kaap)
Kuilsrivier
Kuilsrivier
Koördinate: 33°55′28″S 18°40′42″O / 33.92444°S 18.67833°O / -33.92444; 18.67833Koördinate: 33°55′28″S 18°40′42″O / 33.92444°S 18.67833°O / -33.92444; 18.67833
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kaapstad
Oppervlak
 - Voorstad 39,86 km²  (15,4 vk m)
Bevolking (2011)
 - Voorstad 46 686
 - Digtheid 1 200/km² (3 108/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode Busse: 7579
Strate: 7580
Skakelkode(s) 021

Kuilsrivier is 'n noordelike voorstad van Kaapstad in die Oostenberg gebied tussen Bellville en Somerset-Wes. Kuilsrivier het ontstaan nadat 'n veepos op pad na Stellenbosch in die laat 17de eeu deur goewerneur Simon van der Stel opgerig is. Dit is naby die groot kuile waar die Kuils- en Bottelaryriviere ontmoet en was deur mylpaal 15 aangedui.[1]

Vandag spog die dorp met 'n goeie gholfbaan en bied dit ander ontspanningsgeriewe soos perdry, stap en fietsry deur die nabygeleë fynbosheuwels. Suid-Afrika se grootste versameling klassieke en veteraanmotors kan by die Wijnland Auto Museum besigtig word en 'n versameling van 20ste eeuse Russiese kuns en Faberge-eiers by die Marvol Russiese Museum op die Hazendal Wynlandgoed. Die Zevenwacht wynlandgoed is ook in Kuilsrivier geleë.[1]

Plaaslike bestuur[wysig | wysig bron]

Kuilsrivier het van 1950 tot 1996 sy eie munisipaliteit gehad. van 1996 tot 2000 was die dorp deel van die tussentydse Oostenberg-munisipaliteit. Sedert 2000 is dit deel van die Kaapstadse metropool.

Wapen[wysig | wysig bron]

Kuilsrivier se munisipale raad het in 1955 'n wapen aangeneem wat deur Ivan Mitford-Barberton ontwerp is : Deurgesny van rooi en golwend gedwarsbalk van silwer en blou, in die skildhoof 'n goue juk met vier skeie; 'n silwer skildhoof belaai met 'n rennende springbok van natuurlike kleur. Die wapen is in 1956 by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer.[2]


Bekende persone gebore in Kuilsrivier[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Tourism Cape Town (en) , Kuils River (en) , Besoek op 15 Desember 2007
  2. Kaap de Goeie Hoop Offisiële Koerant 2793 (13 Januarie 1956).