Amerikaanse kruloorkat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Amerikaanse kruloorkat
American curl 2.jpg
Herkoms VSA
Ontstaan Mutasie
Soort lyf Gemiddeld
Pels Kort/lank
Patroon Alle
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Amerikaanse kruloorkat (Engels: American Curl) is ’n katras wat uitgeken kan word aan sy ongewone ore, wat van sy gesig af terugkrul na die middel van sy agterkop.

Geskiedenis[wysig]

’n Amerikaanse kruloorkat.

Die ras het in 1981 in Lakewood, Kalifornië, ontstaan vanweë ’n spontane mutasie.[1] ’n Amerikaanse kruloorkat is in 1983 vir die eerste keer op ’n katskou ten toon gestel en in 1987 het die langharige weergawe kampioenskapstatus gekry by The International Cat Association (TICA). In 1993 het die kat die eerste ras geword wat tot die kampioenskap-afdelings vir lang én kort hare van die Amerikaanse Cat Fanciers' Association (CFA) toegelaat is.[2]

Beskrywing[wysig]

Die kat is van gemiddelde grootte en bereik eers ná 2 tot drie jaar volwassenheid. Hulle is sterk en gesond. Hulle moet versigtig gehanteer word, anders kan die ore se kraakbeen beskadig word. Die lang- en kortharige weergawes het albei sagte, syagtige hare wat plat teen hul lyf lê.

Klein katjies word met reguit ore gebore wat binne 10 dae begin krul. Ná vier maande sal die ore nie verder krul nie en behoort hulle hard te voel. Skoukatte se ore moet in ’n boog van tussen 90 en 180 grade krul. ’n Kat waarvan die ore aan die agterkop raak, word gediskwalifiseer.

Verwysings[wysig]

  1. Robinson, R. (1989). “The American Curl Cat”. Journal of Heredity 80 (6): 474–475.
  2. Cat Fanciers: American Curl

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat