Manx (kat)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Manx
Manx breed cat named Inkku.jpg
Alternatiewe naam Stompstertkat van die Eiland Man
Herkoms Eiland Man
Ontstaan Natuurlik/mutasie
Pels Kort/lank
Patroon Alle behalwe kleurpunt
Nota Langhaar- en halflanghaar-voorbeelde word soms beskou as ’n aparte ras, die Kimriese kat.

Die Manx, of stompstertkat van die Eiland Man, is ’n katras wat sy oorsprong op die Eiland Man het. Dit het ’n natuurlike mutasie ondergaan wat meebring dat die stert afwesig is. Baie het ’n kort stert, maar Manx-katte is meer bekend daarvoor dat hulle geen stert het nie. Dit, asook hul langer agterpote en ronde kop, is die bekendste karaktertrekke van die diere. ’n Mens kry Manx-katte in alle kleure en patrone, hoewel effe wit voorbeelde skaars is. Langhaarkatte word soms beskou as ’n aparte ras, die Kimriese kat.

Manx-katte is bekende jagters en boere het hulle dikwels gebruik om knaagdiere te vang. Hulle word ook dikwels op skepe aangehou. Hulle word beskou as sosiaal, mak en aktief. Hulle word sedert die 1800's in katskoue ten toon gestel en die eerste teelstandaard is in 1903 gepubliseer.

Daar is verskeie volksverhale oor hoekom die kat nie ’n stert het nie. In een het Noag die deur van die Ark toegemaak toe dit begin reën en per ongeluk die kat se stert so afgekap.[1]

Variante[wysig]

Vier nuwe variëteite is uit die Manx ontwikkel: die langhaar-Manx, ook bekend as die Kimriese kat, die korthaar- en langhaarkat van die Eiland Man en die Tasmaanse Manx, hoewel slegs die Kimriese kat algemeen aanvaar word in katregisters.

Verwysings[wysig]

  1. Manx FAQ from Cat Fancier's Mailing List

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Manx (kat) (kategorie)


Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat