Ragamuffin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ragamuffin
20050922AmarilloRes.jpg
Herkoms VSA
Ontstaan Kruisras
Soort lyf Stewig
Pels Halflank
Patroon Alle
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Ragamuffin is ’n katras wat in 1994 die eerste op die toneel verskyn het. Hy is bekend vir sy dik, konynagtige pels.

Geskiedenis[wysig]

In die 1960's het ’n teler, Ann Baker, verskeie klein katjies van ’n buurvrou gekoop en begin om wat nou as die Ragdoll bekend is, te ontwikkel. Sy het die International Ragdoll Cat Association (IRCA) gestig en streng standaarde opgestel vir enigiemand wat onder dié naam met die katte wou teel.[1] Ander verenigings mag ook nie die Ragdoll geregistreer het nie. In 1975 het ’n groep van die IRCA weggebreek met die doel om algemene erkenning vir die katte te kry. Hulle het eindelik die standaarde vir die Ragdoll ontwikkel soos wat groot verenigings dit tans aanvaar.[1]

In 1994 het nog ’n groep van die IRCA weggebreek weens die streng teelbeperkings. Hulle kon nie dieselfde naam gebruik nie en het hul kat die Ragamuffin (Afrikaans: skobbejak, smeerlap) genoem. Die naam is as ’n grap voorgestel, maar toe die oorspronklike registrasie nie verander kon word nie, moes die naam behou word. Om die katte se genetiese gesondheid te verbeter, is hulle met Persiese katte, Himalajakatte en langharige huiskatte gekruis en dit het die kat anders as sy Ragdoll-voorouers laat lyk.

Sommige katverenigings erken die Ragamuffin, terwyl ander dit nie doen nie omdat hy so baie soos die Ragdoll lyk. Die American Cat Fanciers Association (ACFA) en die Cat Fanciers' Association (CFA) het hulle in 2003 in die diverse klas aanvaar en in 2011 in die kampioenskapsklas. [2]

Beskrywing[wysig]

Ragamuffins is sterk, swaar katte wat eers ná vier of vyf jaar volwasse word.[3]. Hulle het ’n reghoekige lyf met ’n breë bors en kort nek. Hul pels is halflank en word langer na die maag toe. Dit is ook lank om die nek en kante van die gesig. Hulle kan enige kleur en patroon hê.

Die katte word geteel om liefdevol, sosiaal en spelerig te wees.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat