Toyger

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Toyger
Toyger - Cornish Rex presentation show Riihimäki 2008-11-16 IMG 0101.JPG
Land  VSA
Ontstaan  Hibride
Soort lyf  Sterk
Pels  Kort
Patroon  Strepe
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
x Prionailurus bengalensis
Portaal  Portaalicoon   Katte

Die Toyger is ’n katras wat die gevolg is van ’n teelprogram met gestreepte kortharige huiskatte om ’n kat te ontwikkel wat soos ’n speelgoedtier (Engels: toy tiger) lyk.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Die ras is in die 1980's ontwikkel deur Judy Sudgen. Sy het besonderse merke aan twee van haar katte gesien.[1] Dit het aan die katte se kop voorgekom, ’n area waar gewoonlik geen definitiewe patrone is nie. Sy het daarna ’n kat van Indië af ingevoer wat ook besonderse merke aan sy kop gehad het en toe met die katte begin teel. Sy het later die Bengaalse kat in die teelprogram gebruik om die ras ’n groter lyf te gee. Aangesien die Bengaalse kat ’n hibride is, word die Toyger ook as ’n hibride geklassifiseer.

The International Cat Association (TICA) het die kat in 2007 kampioenskapstatus gegee.[2]

Beskrywing[wysig | wysig bron]

Volgens die TICA-standaard is die kat van middelmatige grootte met ’n sterk, gespierde lyf en groot beenstruktuur. Die oë is rond en ver uitmekaar; diep en ryk kleure word verkies. Die ore is klein en rond.

Die merke aan die pels moet ’n groot kontras met die agtergrondkleur vorm en kan swart en bruin tot selfs taankleurig wees. Aan die nek, bene en stert moet hulle ’n sirkel-effek hê.

Die Toyger se oë is rond en ver uitmekaar.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat