Don-sfinks
Don-sfinks | ||||
Alternatiewe naam | Donskoi Haarlose Don-kat | |||
Land | Rusland | |||
Soort lyf | Gemiddeld | |||
Pels | Haarloos | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die Don-sfinks (Russies: Донской сфинкс; Engels: Donskoy, Don Sphynx) is ’n haarlose katras van Russiese oorsprong. Dit is nie verwant aan die beter bekende Kanadese sfinkskat nie. Dié se gebrek aan hare word veroorsaak deur ’n resessiewe geen, terwyl die Don s’n veroorsaak word deur ’n dominante geen.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die ras se geskiedenis begin in 1987 toe die katteler Jelena Kowalewa ’n haarlose wyfiekatjie in die Russiese stad Rostof aan die Don ontdek het.[1] Haar kleintjies was almal haarloos en sy word dus beskou as die stammoeder van die ras. Die Don-sfinks is in 1997 deur die World Cat Federation (WCF) en in 2005 deur The International Cat Association (TICA) erken.
Die Peterbald is aanvanklik geskep deur die Don-sfinks met die Siamese kat en Oosterse korthaarkat te kruis om ’n Oosterse haarlose kat te kry. Kruisings tussen die Don-sfinks en Peterbald word nie meer toegelaat nie.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die kat is van gemiddelde grootte en sterk gebou met groot ore, amandelvormige oë en lang, gewebde tone. Hulle moet gereeld versorg word al het hulle nie hare nie. As hy te veel gebad word, kan sy vel egter vetterig word.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Donskoy". The International Cat Association (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2015. Besoek op 24 Oktober 2009.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Don-sfinks-teelinligting Geargiveer 6 Februarie 2012 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Don-sfinks.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia