Dragon Li

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dragon Li
Dragon Li - Li Hua Mau1.jpg
Alternatiewe naam  Li Hua Mao
Sjinese Li Hua
Land  Sjina
Ontstaan  Natuurlik
Soort lyf  Stewig
Pels  Kort
Patroon  Onderbroke strepe
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Die Dragon Li (Sjinees: 狸花猫; Li Hua Mao) is ’n Sjinese katras. Die Sjinese naam beteken "jakkalsblomkat"[1] na aanleiding van sy ooreenkoms met die jakkals en die kenmerkende patroon van die pels.

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Daar word geglo Dragon Li's stam van die Sjinese bergkat (Felis silvestris bieti) af en dat hulle self mak geword het. Daar is egter geen bewyse daarvoor nie. Dit is ’n skaars spesie, selfs in Sjina self. Die katte is in 2003 die eerste keer as ’n eksperimentele ras in Sjina geskou. In 2010 is dit deur die Cat Fanciers' Association (CFA) in die Gemengde Klas aanvaar.

Beskrywing[wysig | wysig bron]

Die Dragon Li het ’n unieke goudbruin kleur met onderbroke strepe. Dit het groot, ronde, amandelvormige geel of groen oë. Die lyf is stewig en van gemiddelde grootte. Die kat is besonder intelligent en baie bewus van sy omgewing.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Lys van katrasse

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat