Skotse vouoorkat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Skotse vouoorkat
Adult Scottish Fold.jpg
Herkoms Skotland
Ontstaan Natuurlik
Soort lyf Stewig
Pels Kort/lank
Patroon Alle
Wetenskaplike naam Felis catus
Nota Nie deur alle verenigings erken nie.

Die Skotse vouoorkat (Engels: Scottish Fold) is ’n katras met ’n dominante-geen-mutasie wat veroorsaak dat die ore gevou is na die voorkant van hul gesig.

Geskiedenis[wysig]

Die oorspronklike Skotse vouoorkat was ’n plaaskat met die naam Susie, wat in 1961 op ’n plaas in Skotland gevind is. Haar ore het ’n buitengewone vou ingehad en toe sy kleintjies kry, het twee van hulle ook die vou in die ore gehad. ’n Buurman, William Ross, wat ’n katliefhebber was, het een aangeneem. Hy het die ras in 1966 by Brittanje se Governing Council of the Cat Fancy (GCCF) geregistreer en begin om met die katte te teel met die hulp van die genetikus Pat Turner. In die teelprogram is gevind dat as een ouer die geen verskaf vir gewone ore en die ander ouer ’n geen vir gevoude ore, is die kans 50 persent dat die kleintjies gevoude ore sou hê.[1]

Die kat is nie in Europa as ’n skoukat aanvaar nie en die GCCF het die registrasie van die katte in 1971 teruggetrek weens gebreke en kommer oor genetiese afwykings in die ore soos doofheid en infeksie. Die ras is egter na Amerika uitgevoer en daar is voortgegaan met die teling van die katte deur hulle te kruisteel met Britse en Amerikaanse korthaarkatte. Sedertdien het die katte nie die oorprobleme nie, hoewel meer was daarin kan opbou as by ander katte.[2][3]

Beskrywing[wysig]

Lilakleurige Skotse vouoorkat.

Alle Skotse vouoorkatte word gebore sonder die vou. Dié wat die geen dra, se ore sal gewoonlik binne 21 dae ’n vou begin toon. Die oorspronklike katte het net een vou in elke oor gehad, maar deur selektiewe teling is dit vermeerder tot ’n dubbele of driedubbele vou wat meebring dat die ore heeltemal plat teen die kop lê.

Hulle is medium-groot katte en die hele bou, veral die kop en gesig, is rond. Die oë is groot en rond. Die neus is kort met ’n effense wip. Die bene is middelmatig tot kort. Die pels kan kort of lank wees en hulle kan feitlik enige kleur of kombinasie van kleure hê, insluitend wit, maar nie kleurpunte nie.[1]

Al die katte, dié met gevoude en normale ore, is rustig en pas maklik by ander diere aan. Hulle is gewoonlik baie liefdevol en spelerig.[3]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Scottish Fold FAQ”. Fanciers.com: 1971-11-30. URL besoek op 2009-10-03.
  2. CFA breed article on Scottish Folds”. Cfa.org: 1999-05-31. URL besoek op 2009-10-03.
  3. 3,0 3,1 J. Anne Helgren. “Petfinder "Scottish Fold"”. Petfinder.com. URL besoek op 2009-10-03.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Skotse vouoorkat (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat