Cheetoh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Cheetoh
Herkoms VSA
Ontstaan Hibride
Pels Kort
Patroon Kolle
Wetenskaplike naam Felis catus x Prionailurus bengalensis
Nota Slegs erken deur The International Cat Association (TICA).

Die Cheetoh is ’n kortharige, hibridiese katras.

Geskiedenis[wysig]

Die kat is ontwikkel deur die kruising van spesifieke bloedlyne van die Bengaalse kat en Ocicat. Dit is ’n nuwe ras en dus baie skaars. Omdat een van sy voorouers, die Bengaalse kat, ’n hibride is, word die Cheetoh ook as ’n hibride geklassifiseer. Die enigste katregister wat dit erken, is The International Cat Association (TICA).

Voorkoms[wysig]

Die Cheetoh het die kenmerkende kolle van albei rasse waaruit hy ontstaan het. Hy het ook die lang bene van die Ocicat. Die doel van die Cheetoh-teelprogram was om ’n intelligente kat te ontwikkel wat aansienlik groter as ander katte is en met ’n wilde voorkoms sonder dat verdere "wilde" bloed bygevoeg word. Dit het ’n gladde, fluweelagtige pels. Behalwe sy voorkoms is ’n kenmerkende eienskap sy "wildekat"-manier van loop. Dit lyk of hy altyd op die jag uit is.

Daar is tans sewe kleurvariëteite: siënna (geelbruin) met swart of bruin kolle, goud met swart of bruin kolle, rookkleur met swart kolle, silwer met swart kolle, en die rooipunt met goue kolle. Ondanks hul voorkoms is die katte liefdevol en sosiaal.

Eksterne skakels[wysig]

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse


Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat