Maine Coon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Maine Coon
Maine Coon cat by Tomitheos.JPG
Alternatiewe naam Coon, Maine
Herkoms VSA
Ontstaan Natuurlik
Pels Lank
Patroon Alle behalwe kleurpunt en strepies
Wetenskaplike naam Felis catus

Die Maine Coon is ’n langharige katras met ’n kenmerkende voorkoms en ’n goeie jagvermoë.

Geskiedenis[wysig]

Die Maine Coon is een van die oudste natuurlike katrasse in Noord-Amerika en is oorspronklik veral in Maine aangetref[1] waar dit dié staat se amptelik kat is.

Dit is nie seker wanneer die kat in Amerika beland het nie, maar daar is verskeie teorieë. Die algemeen aanvaarde teorie is dat die Maine Coon ontstaan het ná kruisings tussen plaaslike korthaarkatte en langhaarkatte wat deur Engelse seevaarders (moontlik deur kapt. Charles Coon) of 11de-eeuse Wikings na Amerika gebring is.[2][3] Die verbinding met die Wikings is vanweë die kat se ooreenkoms met die Noorse boskat.

Die kat was in die laat 19de eeu gewild op katskoue, maar sy bestaan is bedreig toe ander langhaarkatte in die 20ste eeu van oorsee na Amerika gebring is.[4]

Beskrywing[wysig]

’n Silwer gestreepte Maine Coon.

Dit is een van die grootste huiskatte en mannetjies kan tot 11 kg weeg. Die lyf is sterk en die bors breed. Die kat het ’n reghoekige lyf en lang pels. Die hare is korter op die kop en skouers en langer op die maag en sye, terwyl sommige katte ’n maanhaaragtige kraag het. Die pels het min versorging nodig. Die harige stert kan tot 36 cm lank wees[5] en loop dunner na die punt.

Maine Coons kan enige kleur hê, maar kleure wat op hibrides dui, soos sjokolade, laventel, kleurpunte en fyn strepies word nie vir skoue aanvaar nie.[6] Die algemeenste kleur is bruin met strepe.[7] Alle oogkleure word aanvaar, behalwe blou en ’n onpaar kleur by katte wat nie wit is nie.[8]

Maine Coons is bekend vir hul intelligensie[9] en sagmoedigheid.[4] Hulle bereik eers volle volwassenheid op drie tot vyf jaar, terwyl ander katte sowat ’n jaar neem.[10]

Verwysings[wysig]

  1. Breed Information”. Maine Coon Breeders & Fanciers Association. URL besoek op 2008-10-26.
  2. Simpson, Mike en Trish. “The Maine Coon: America's Native Longhair”. Maine Coon Breeders & Fanciers Association. URL besoek op 2010-12-11.
  3. State Cat — Maine Coon Cat”. Departement van buitelandse sake van Maine. URL besoek op 2009-01-30.
  4. 4,0 4,1 Maine Coon Synopsis”. American Cat Fanciers Association. URL besoek op 2008-10-26.
  5. Maine Coon: A Gentle Giant”. (pdf) Royal Canin. URL besoek op 2008-10-31.
  6. Frew, Gail. “Breed Article: America's First Show Cat - The Maine Coon Cat”. Cat Fanciers' Association. URL besoek op 2010-12-11.
  7. Choosing a Maine Coon”. PetPlace.com. Intelligent Content Corp. URL besoek op 2008-11-02.
  8. The ACFA Maine Coon Standard”. American Cat Fanciers Association. URL besoek op 2008-11-02.
  9. Robins, Sandy. “Training Day”. Popular Cats Series 2: 118–125. Besoek op 2008-11-07.
  10. Maine Coon Cat”. Cat Fanciers Federation.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Maine Coon (kategorie)

Sien ook[wysig]

Lys van katrasse

Crystal txt.png

Hierdie artikel is vertaal van die Engelse Wikipedia

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat