Birmaanse kat
Birmaanse kat | ||||
Alternatiewe naam | "Burmese" kat | |||
Land | Birma, Thailand | |||
Ontstaan | Natuurlik | |||
Pels | Kort | |||
Patroon | Effekleurig | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die Birmaanse kat (Engels: Burmese) is ’n kortharige katras wat in Afrikaans ook soms die "Burmese" kat genoem word na aanleiding van die Engelse naam. Die naam in Thai is ศุภลักษณ์ (soebh-bha-lak, wat beteken gelukkig, mooi).
Die kat moenie verwar word met die langharige heilige Birmaanse kat nie.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die meeste moderne Birmaanse katte is afstammelinge van een wyfiekat met die naam Wong Mau wat in 1930 van Birma na Amerika gebring is. Sommige verenigings beskou die Amerikaanse en Britse katte as twee verskillende groepe en noem laasgenoemde die Europese Birmaan.[1] Hulle was oorspronklik almal bruin, maar ná jare van selektiewe teling is verskeie kleure nou te kry.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Birmaanse katte is intelligent, sosiaal en vriendelik met mense. Hulle miaau graag, maar het ’n sagter stem as die Siamese kat, en roep dikwels hul eienaars. Hulle het baie aandag nodig en hou nie daarvan om vir lang rukke alleen gelaat te word nie.
Watter kleure aanvaarbaar is, wissel van vereniging tot vereniging. Die aanvaarbare oogkleur is geel of goudkleurig. Die pels is blink, met ’n satynagtige voorkoms. Die vorm van die Britse ras is meer gematig, maar moenie Oosters wees nie,[2] terwyl die Amerikaanse ras stewiger is. In Suider-Afrika word geen Birmaan geregistreer wat van Noord-Amerika af ingevoer is of ’n kat van daar in die laaste agt geslagte van sy stamboom het nie.[3] ’n Siamese tipe of te stewige lyf is ook ’n fout. Ook Engeland se Governing Council of the Cat Fancy verbied die registrasie van Noord-Amerikaanse katte om die "tradisionele" bloedlyne te bewaar.[4]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Cat Fanciers' Association: Breed Profile: European Burmese" (in Engels). 29 Mei 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2010. Besoek op 26 Oktober 2007.
- ↑ [httpp://www.burmesecatsociety.org.uk/faults.html "UK Burmese Cat Society"]. 23 Mei 2000. Besoek op 26 Oktober 2007.
- ↑ "Southern African Cat Council" (PDF). 1 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 7 Mei 2013. Besoek op 8 Januarie 2012.
- ↑ "Regpol" (PDF). The Governing Council of the Cat Fancy. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 Julie 2008. Besoek op 4 April 2008.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Suider-Afrikaanse standaarde Geargiveer 12 Augustus 2011 op Wayback Machine
- Taylor, David (1989). The Ultimate Cat Book. Dorling Kindersley Publishers Ltd. ISBN 0-86318-371-9. 4de druk
- National Alliance of Burmese Breeders, wat by die CFA geaffilieer is
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Birmaanse kat.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia