Britse korthaarkat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Britse korthaarkat
Mystica from British Empire Cattery.jpg
Land  Brittanje
Ontstaan  Natuurlik
Pels  Kort
Patroon  Alle
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Die Britse korthaarkat (Engels: British Shorthair) is ’n katras. Dit is sedert 2001 die gewildste ras wat deur Brittanje se Governing Council of the Cat Fancy (GCCF) geregistreer is toe dit die Persiese kat verbygesteek het.[1]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Britse korthaarkatte is afstammelinge van katte wat deur die Romeine na Brittanje gebring is en daar met wilde katte gemeng het.[2][3][4] Hulle is later met Persiese katte gekruisteel om die pels digter te maak. Die katte is in 1871 reeds geskou.[2] Teen die 1940's het die katte se gewildheid afgeneem, maar ná die Tweede Wêreldoorlog het teelprogramme toegeneem en die katte is nou weer baie gewild.[2]

Beskrywing[wysig | wysig bron]

Die Britse korthaarkat het ’n digte pels en groot, ronde oë wat verskillende kleure kan hê. Hul koppe is rond en die lywe sterk en stewig. Hulle het ’n breë bors, skouers en heupe en kort bene. Die sterte eindig in ’n stomp punt en moenie te wollerig wees nie.[5] Die mannetjies is merkbaar groter as die wyfies. Hulle weeg sowat 5-10 kg, terwyl ’n wyfie sowat 5–7 kg weeg. Soos by baie rasse kan die mannetjie ’n breë kakebeen hê wat hom van ’n wyfie onderskei.

Hul pels kan baie kleure en patrone hê. Jare lank was die blou-grys pels baie gewild en het dié katte selfs hul eie teelnaam, die Britse bloukat, gehad. Daar is egter nou ’n wye verskeidenheid kleure, van swart tot wit, van room tot sjokoladebruin, van lila tot kaneel. Daar is ook kleurpunt-, gestreepte, getinte en tweekleurige katte. Al die kleure en patrone kan ook ’n skilpaddop-patroon hê: ’n kombinasie van rooi, room en ander kleure.[6]

Britse korthaarkatte is verdraagsaam en stabiel en kan maklik binnenshuis aangehou word. Hulle soek nie baie aandag nie en is nie hiperaktief nie. Hulle is geneig om hul eienaars in die huis rond te volg en sal eerder naby jou sit as op jou skoot. Hulle sal ook eerder op die grond gevryf as opgetel word.

Galery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Lys van katrasse

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Analysis of Breeds Registered by the GCCF". Governing Council of the Cat Fancy. Verkry op 2008-01-01. 
  2. 2,0 2,1 2,2 "British Shorthair Breed Profile". TheCatSite. Verkry op 2006-08-31. 
  3. "Breed Profile: British Shorthair". Cat Fanciers' Association. Verkry op 2011-08-14. 
  4. "British Shorthair". Waratah National Cat Alliance. Verkry op 2009-06-18. 
  5. "British Shorthair: Cat Breed FAQ". Cat Fanciers. Verkry op 2006-07-28. 
  6. "Breed Standard: British Shorthair" (PDF). Cat Fanciers' Association. Verkry op 2011-08-14. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Internasionale katrasse
Lang of  
halflang hare  
Amerikaanse kruloorkatAmerikaanse langhaarkatAmerikaanse stompstertkatBalinese katBritse langhaarkatBurmillaEgeïese katHeilige Birmaanse katJapannese stompstertkatJavanese katKimriese katKleurpunt-langhaarkatKoerile-stompstertkatLaPermMaine CoonManxMunchkinNebelungNoorse boskatOosterse langhaarkatPersiese katRagamuffinRagdollSelkirk-rexSiberiese katSkotse vouoorkatSomaliese katTurkse angoraTurkse van
Kort hare   Abessiniese katAmerikaanse draadhaarkatAmerikaanse korthaarkatAmerikaanse kruloorkatAmerikaanse stompstertkatAsiatiese katAustraliese sluierkatBengaalse katBirmaanse katBombaaikatBrasiliaanse korthaarkatBritse korthaarkatBurmillaChartreuxChausieCheetohCorniese rexDevon-rexDragon LiDuitse rexEgiptiese mauEksotiese korthaarkatEuropese korthaarkatHavana-bruinkatJapannese stompstertkatKoerile-stompstertkatKoratLaPermManxMunchkinOcicatOosterse korthaarkatOregon-rexPixie-bobRussiese bloukatRussiese wit-, swart- en streepkatSavannekatSelkirk-rexSerengeti-katSiamese katSingapuraSkotse vouoorkatSnowshoeSokokeThaise katTonkanese katToyger
Geen hare   BambinoDon-sfinksMinskinOekraïnse lefkoiPeterbaldSfinkskat