Velddrif

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Velddrif
Bokkomlaan, een van Velddrif se gewilde toeristebestemmings.
Bokkomlaan, een van Velddrif se gewilde toeristebestemmings.
Ligging van Velddrif op 'n kaart (Wes-Kaap)
Velddrif
Velddrif
 Velddrif se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 32°47′0″S 18°10′0″O Koördinate: 32°47′0″S 18°10′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Bergrivier
Stigting 1946
Oppervlak[1]
 - Dorp 8,87 km²  (3,4 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 11 017
 - Digtheid 1 242/km² (3 216,8/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 12.2%
 • Kleurling 57.1%
 • Indiër/Asiër 0.5%
 • Blank 29.6%
 • Ander 0.6%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 83.5%
 • Xhosa 8.7%
 • Engels 5.8%
 • Ander 2.1%
Poskode (straat) 7365
Poskode (posbus) 7365
Skakelkode(s) 022
Geskiedkundige opstal op die plaas Langrietvlei naby Velddrif.

Velddrif is 'n vissersdorp aan die mond van die Bergrivier geleë in die Bergrivier Plaaslike Munisipaliteit-gebied. Dit grens aan Laaiplek en Port Owen. Velddrif se bevolking is in 2011 op sowat 11 000 geraam, teenoor 7 800 in 2007 en 5 905 in 1996. Die dorpie het sy naam gekry omrede dit die enigste plek was waar vee en voertuie die rivier kon kruis. Die drif is vervang met 'n brug. Daar is 'n groot sout aanleg van Cerebos suid van Velddrif waar 12 000 ton sout jaarliks uit die see ontgin word.

Port Owen[wysig]

Port Owen is 'n vakansiedorp en 'n marina, aangrensend aan die vissershawe van Laaiplek en word omring deur soutmoerasse. Die area is bekend vir sy voëllewe: meer as 350 verskillende see-, land- en riviervoëls word hier gevind.

Port Owen was die eerste diepsee, residensiële marinaontwikkeling in Suid-Afrika. Die waterweë word beheer deur die Port Owen Marina Owerheid. [2] Port Owen word aan drie kante omring deur die Groot Bergrivier, wat se toekomstige groei beperk word om seker te maak dit bly rustig en eksklusief. Die rivier is vir 56 km bevaarbaar deur klein bote.[3]

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Velddrif”. Sensus 2011.
  2. Gideon Estates
  3. Port Owen Handbook deur Gideon Langart


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg