Darling, Wes-Kaap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Darling
Kunsmark by Evita se Perron
Kunsmark by Evita se Perron
Ligging van Darling op 'n kaart (Wes-Kaap)
Darling
Darling
Koördinate: 33°23′S 18°23′O Koördinate: 33°23′S 18°23′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Weskus
Plaaslike Munisipaliteit Swartland
Stigting 1853
Tydsone SAST (UTC+2)

Darling is 'n klein dorp in die Weskus-gebied van die Wes-Kaap, omtrent 75 km noord van Kaapstad.

Die NG kerkgebou op Darling is deur Wynand Louw ontwerp en die hoeksteen in 1958 gelê.

Geskiedenis[wysig]

Teen die begin van die 18de eeu het omtrent 29 boere in 'n gebied genaamd Groenkloof geboer. Darling is in 1853 op een van die plase, Langfontein, gestig. Dit is vernoem na sir Charles Henry Darling wat in 1851 na die Kaap gekom het as luitenant-goewerneur.

Dorp en omgewing[wysig]

Die Darling-museum stel die geskiedenis van die dorp en die Darling roomhuis, wat in 1899 deur twee Sweedse setlaars, Nils Georg Moller en G. Threnstrom, gevestig is en in 1950 gesluit is, ten toon. Darling is beroemd vir veldblomme en sedert 1917 word die Darling-veldblomskou elke jaar deur die Darling-veldblomvereniging, wat in 1915 deur mev. Suzanne Malan en mnr. Frederick Duckitt van Waylands gestig is, gehou. [1]. Landbou in die gebied is gefokus op graanproduksie, druiwe, aartappels, ertjies en suiwelboerdery. Die eerste Merinoskape in Suid-Afrika is ook hier aangehou nadat 'n verskepingsfout hulle hier afgelewer het. Wolproduksie in Suid-Afrika vind sy oorsprong in die Darling-omgewing.

Die Suid-Afrikaanse satiris Pieter-Dirk Uys voer baie van sy vertonings as Evita Bezuidenhout by Evita se Perron, 'n kabaretteater en restaurant in Darling, op. Die kunsmark daarnaas is in 2006 deur die Darling-trust, 'n liefdadigheidsorganisasie wat die probleme van verarmde gemeenskappe in die omgewing aanspreek, oorgeneem.

Die Hildebrand-monument is op Darling opgerig ter ere van veldkornet C.P. Hildebrand van die Boeremagte se Maritz-kommando. Darling was die mees suidelike dorp waartoe 'n Boere-kommando deurgedring het tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899 - 1902).

Die gerestoureerde Victoriaanse huise en boomryke strate maak Darling 'n gewilde naweekoord vir inwoners van Kaapstad en omgewing.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg