George H.W. Bush

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
George Herbert Walker Bush
George H. W. Bush, President of the United States, 1989 official portrait.jpg
41ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 20 Januarie 198920 Januarie 1993
Voorganger Ronald Reagan
Opvolger Bill Clinton
Geboortedatum 12 Junie 1924
Geboorteplek Milton, Massachusetts
Sterftedatum
Sterfteplek
Eerste Dame Barbara Bush
Politieke party Republikein
Visepresident Dan Quayle
Handtekening George Herbert Walker Bush Signature.svg

George Herbert Walker Bush (gebore 12 Junie 1924) is 'n voormalige Amerikaanse politikus van die Republikeinse Party. Hy was van 1989 tot 1993 die 41ste president van die Verenigde State van Amerika. Hy word veral onthou vir sy belofte voor die verkiesing dat hy nie belasting sou verhoog nie. Sy woorde was: "Read my lips — no new taxes". Nadat hy president geword het, het hy wel sommige belastings verhoog.[1] Ná sy presidentskap het hy homself grotendeels van die openbare lewe onttrek.

George H.W. Bush en president Ronald Reagan in 1981.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]