Gaan na inhoud

Terbium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Jcwf (besprekings | bydraes) op 18:39, 7 Desember 2023
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
65 gadoliniumterbiumdisprosium
-

Tb

Bk
Algemeen
Naam, simbool, getal terbium, Tb, 65
Chemiese reeks lantaniede
Groep, periode, blok 3, 6, f
Atoommassa 158.92535 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie [Xe] 4f85d16s2
Elektrone per skil 2, 8, 18, 26, 9, 2
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Kristalstruktuur heksagonaal digspakking
Strukturbericht-kode A3
Oksidasietoestande 3,
(matige basiese oksied)

Terbium is 'n chemiese element met die simbool Tb.

Terbium is een van die lantaniede. Dit kan uit die mineraal monasiet verkry word waarvan dit 0.03% uitmaak. Ioonuitwisseling het die skeiding van hierdie element van die ander lantaniede moontlik gemaak en 'n reduksie van die anhidriese chloried of fluoriet met kalsiummetaal kan gebruik word om terbiummetaal te vervaardig.

Dit is 'n silwergrys metaal wat in twee modifikasies voorkom. Die oorgangstemperatuur is 1 289 °C. Die metaal is in lug taamlik stabiel. Dit is smeebaar en kan met 'n mes gesny word. Die oksied is donkermaroen of sjokolade van kleur. Die element het 21 isotope met massa's tussen 145 en 165 au.[1]

Chemiese eienskappe

[wysig | wysig bron]

Terbium onderskei hom van ander lantanoïede omrede van sy vermoë om vierwaardige verbindings te vorm. Dit hang saam met die feit dat die elektronkonfigurasie van 'n neutrale terbiumatoom in sy grondtoestand [Xe]6s25d24f8 is. Gewoonlik vorm Ln-metale met fluoor driewaardige fluoriede LnF3 omdat hulle die s- d-elektrone verloor maar nie hulle f-elektrone nie. Terbium reageer teen kamertemperatuur verder en verloor een f-elektron:[2]

DieTb4+-ioon het die konfigurasie [Xe]6s25d24f7. Soos gadolinium Gd3+ is die f-skil vir die helfte gevul en dit stabiliseer hierdie konfigurasie. Terbium is nie heeltemal uniek nie. Serium kan ook CeF4 en doen dit reeds teen kamertemperatuur.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "live science" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2019.
  2. "L". in: Concise Encyclopedia Chemistry. Berlin, New York: De Gruyter. 1994. pp. 579–608. doi:10.1515/9783110854039.579.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]


H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend