Tallium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Tallium is 'n chemiese element met simbool Tl

Produksie[wysig | wysig bron]

Tallium is nie seldsaam nie. Dit kom met ongeveer 0.4 dpm in die aardkors voor en word veral as byproduk van die myning van sinksulfied (sinkblende) verkry wat as grondstof vir swaelsuurproduksie gebruik word. Die fyn stof bevat Tl2O of Tl2SO4, maar partykeer ook kadmium, telluur, seleen, indium en germanium. Die talliumverbindings kan opgelos en gesuiwer word. Uit die gesuiwerde produk word talliummetaal deur elektrolise vrygestel. Daar is ook minerale wat tallium bevat soos crookesiet (Cu,Tl,Ag)2Se en lorandiet Tl2As4S4.[1]

Gebruik[wysig | wysig bron]

Tallium word in glase met 'n lae smeltpunt (125-150 °C) en in bepaalde allooie gebruik. 'n Legering met lood is goed bestand teen sure. 'n Allooi met kwik het 'n smeltpunt van -60 °C en word in die poolgebiede in termometers en ander instrumente gebruik.[1]

'n Ander toepassing is in talliumhoudende keramiese supergeleiers. Byvoorbeeld Tl2Ca2Ba2Cu3O10 het 'n kritieke temperatuur vir supergeleiding wat 125 K bedra.

Ione[wysig | wysig bron]

Tallium kan Tl3+ en Tl+-ione vorm, maar die 1+ ioon is belangriker en die 3+-ioon is 'n sterk oksidant. Tallium vorm ook komplekse anione soos Tl11−13 met 'n gevulde dodekaedriese struktuur in verbindings met die alkalimetale soos Na3K8Tl11. [2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Chemistry of Aluminium, Gallium, Indium and Thallium, A.J. Downs,Springer Science & Business Media, 1993, ISBN 0751-40103-X, ISBN 978-0751-40103-5
  2. The Group 13 Metals Aluminium, Gallium, Indium and Thallium: Chemical Patterns and Peculiarities, Simon Aldridge, Anthony J. Downs, John Wiley & Sons, 2011, ISBN 0470-97668-3, ISBN 978-0470-97668-5

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

H He
Li Be B C N O F Ne
Na Mg Al Si P S Cl Ar
K Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br Kr
Rb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I Xe
Cs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At Rn
Fr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts Og
Alkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloïde Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekend