Afrika-kremetart

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Afrika-kremetart
A. digitata in die Ivoorkus.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Magnoliopsida
Orde: Malvales
Familie: Malvaceae
Genus: Adansonia
Spesie: Adansonia digitata
L.

Die Afrika-kremetart (Adansonia digitata) of kalbasboom is die mees bekende van die agt kremetartspesies, en was die eerste om wetenskaplik beskryf te word. Dit is die enigste van die 8 spesies wat inheems is aan Afrika, en word redelik algemeen aangetref in die warm, droë bosveld, savanne en droë woude van Afrika. Dit is ook inheems aan die kusstrook van die Comoro-argipel en die noordwestelike deel van Madagaskar.

Blomme[wysig | wysig bron]

Die blomme van die Afrika-kremetart leef soos dié van ander kremetartspesies net vir 'n enkele nag. Die blomtyd is van November tot Januarie, essensieel die aanvang van die reënseisoen in suider-Afrika en Madagaskar. Elke blom dra soveel as 1 500 helmdrade wat 'n soort tossel vorm. Elke aand kort voor of na sononder gaan daar 'n stel van die blomme gelyktydig oop by verskillende bome. Dit gebeur binne enkele minute, deurdat die blomblare opwaarts oopvou. Die blomme stel tydens die nag geure vry wat bestuiwers lok wat op soek is na die nektar wat hoog binne die blomkroon vrygestel word. Die bestuiwers dra die stuifmeel weer oor na 'n volgende blom se stamper.

Fotogalery[wysig | wysig bron]