Krieketwêreldbeker 1979

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Krieketwêreldbeker 1979
Datums 9 Junie – 23 Junie
Bestuurder Internasionale Krieketkonferensie (IKK)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Engeland Engeland
Kampioen Vlag van Wes-Indië Wes-Indië (2de titel)
Naaswenner Vlag van Engeland Engeland
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
Meeste lopies Vlag van Wes-Indië Gordon Greenidge (253)
Meeste paaltjies Vlag van Engeland Mike Hendrick (10)
1975
1983

Die Krieketwêreldbeker 1979 het van 9 tot en met 23 Junie 1979 in Engeland plaasgevind. Dit was die tweede krieketwêreldbeker in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK) aangebied is en die tweede in Engeland. Dié gasheer het ook die vorige Krieketwêreldbeker 1975 gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1979 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy Prudential plc geborg en staan dus amptelik as die Prudentiële beker 1979 bekend.

Die Prudentiële beker vir die krieketwêreldbekers van 1975, 1979 en 1983

Die toernooi se formaat van 1975 het onveranderd gebly en ag nasionale krieketspanne het aan die toernooi deelgeneem, waartydens 15 wedstryde beslis is. Van die spanne is in twee groepe met vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die boonste twee spanne van elke groep het vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners van hierdie wedstryde het in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.

Die verdedigende kampioen Wes-Indië wen op 23 Junie met 92 lopies teen Engeland op Lord’s in Londen en het sodoende hul tweede titel ingepalm. Nieu-Seeland en Pakistan was die ander twee semi-finaliste.

Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van 'n sportboikot teen dié land. Die nasionale krieketspan van Kanada het vir die eerste keer aan 'n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Al die ander spanne het vir 'n tweede keer aan 'n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Die Krieketwêreldbeker 1979 is deur die IKK aan Engeland toegewys.

Deelnemende spanne[wysig | wysig bron]

Uitslag van die kwalifikasie:

   Gekwalifiseer as volle lid van Internasionale Krieketkonferensie (IKK)

   Gekwalifiseer tydens IKK-trofee 1979

   Nie gekwalifiseer nie

   Nie deelgeneem nie

Die volgende ag spanne het vir die krieketwêreldbeker gekwalifiseer. Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus outomaties vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer. Sri Lanka en Kanada was die enigste twee spanne sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deurdat hulle die IKK-trofee 1979 se eindstryd bereik het.[1] Oos-Afrika, wat aan die eerste krieketwêreldbeker deelgeneem het, kon nie vir hierdie krieketwêreldbeker kwalifiseer nie, dus het geen Afrikaspan deelgeneem nie.

Span Kwalifikasiemetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Vlag van Engeland Engeland Gasheer Tweede 1975 Halfeindrondte (1975) A
Vlag van Australië Australië Volle lede Tweede 1975 Naaswenner (1975) A
Vlag van Indië Indië Tweede 1975 Groepfase (1975) B
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Tweede 1975 Halfeindrondte (1975) B
Vlag van Pakistan Pakistan Tweede 1975 Groepfase (1975) A
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië Tweede 1975 Kampioene (1975) B
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka IKK-trofee 1979-wenner Tweede 1975 Groepfase (1975) B
Vlag van Kanada Kanada IKK-trofee 1979-naaswenner Eerste Debuut A

Stadions[wysig | wysig bron]

Die tweede krieketwêreldbeker is in Engeland se ses tradisionele toetskrieketstadions beslis. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Krieketwêreldbeker 1979 gespeel, waarvan twee halfeindstryde en een eindstryd.

Londen
Krieketwêreldbeker 1979 (Engeland)
Londen
Lord’s The Oval
Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 23 500
Lord's Pavilion.jpg The Oval Pavilion.jpg
Birmingham Manchester
Edgbaston Old Trafford
Kapasiteit: 21 000 Kapasiteit: 19 000
Edgbaston Cricket Ground Pavillion.jpg Old Trafford Pavilion.JPG
Nottingham Leeds
Trent Bridge Headingley
Kapasiteit: 15 350 Kapasiteit: 14 000
Trent Bridge Pavilion End.jpg Headingley Cricket Stadium.jpg

Wedstryde[wysig | wysig bron]

In twee groepe met vier spanne elk het elke span een keer teen al die ander spanne wedstryde beslis; vir 'n oorwinning is vier punte, terwyl vir 'n gelykspel of geen uitslag twee punte toegeken is. Die twee boonste spanne van albei groepe het vir die halfeindrondte gekwalifiseer, waarvan albei wenners tot die eindstryd gevorder het. Altesaam 15 wedstryde is beslis.[2]

Groepfase[wysig | wysig bron]

Groep A[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver GU LT Pnt
Vlag van Engeland Engeland 3 3 0 0 3.07 12
Vlag van Pakistan Pakistan 3 2 1 0 3.60 8
Vlag van Australië Australië 3 1 2 0 3.16 4
Vlag van Kanada Kanada 3 0 3 0 1.60 0
9 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Australië Australië
159/9 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Engeland Engeland
160/4 (47.1 boulbeurte)
Andrew Hilditch 47 (108)
Geoffrey Boycott 2/15 (6 boulbeurte)
Graham Gooch 53 (96)
Trevor Laughlin 2/38 (9.1 boulbeurte)
Engeland wen met 6 paaltjies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: David Constant (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Graham Gooch (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
9 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Kanada Kanada
139/9 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Pakistan Pakistan
140/2 (40.1 boulbeurte)
Glenroy Sealy 45 (110)
Sarfraz Nawaz 3/26 (10 boulbeurte)
Sadiq Mohammad 57* (122)
John Valentine 1/18 (9 boulbeurte)
Pakistan wen met 8 paaltjies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Sadiq Mohammad (Pak)
14 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
286/7 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Australië Australië
197 almal uit (57.1 boulbeurte)
Asif Iqbal 61 (57)
Gary Cosier 3/54 (12 boulbeurte)
Andrew Hilditch 72 (129)
Sikander Bakht 3/34 (11 boulbeurte)
Pakistan wen met 89 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Asif Iqbal (Pak)
  • Australië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Reserwedag gebruik; 13 Junie uitgespoel.
  • Jeff Moss en Graeme Porter (albei Aus) het hul EDI-debuut gemaak.
14 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Kanada Kanada
45 almal uit (40.3 boulbeurte)
v
Vlag van Engeland Engeland
46/2 (13.5 boulbeurte)
Franklyn Dennis 21 (99)
Chris Old 4/8 (10 boulbeurte)
Graham Gooch 21* (31)
Robert Callender 1/14 (6 boulbeurte)
Engeland wen met 8 paaltjies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: John Langridge (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Chris Old (Eng)
  • Kanada het die loot gewen en verkies om te kolf.
  • Reserwedag gebruik; 13 Junie uitgespoel.
  • Robert Callender (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
16 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Kanada Kanada
105 almal uit (33.2 boulbeurte)
v
Vlag van Australië Australië
106/3 (26 boulbeurte)
John Vaughan 29 (43)
Alan Hurst 5/21 (10 boulbeurte)
Kim Hughes 27* (40)
Cornelius Henry 2/27 (10 boulbeurte)
Australië wen met 7 paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: David Constant (Eng) en John Langridge (Eng)
Speler van die wedstryd: Alan Hurst (Aus)
  • Australië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Charles Baksh (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
16 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
165/9 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Pakistan Pakistan
151 almal uit (56 boulbeurte)
Graham Gooch 33 (90)
Majid Khan 3/27 (12 boulbeurte)
Asif Iqbal 51 (104)
Mike Hendrick 4/15 (12 boulbeurte)
Engeland wen met 14 lopies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en David Evans (Eng)
Speler van die wedstryd: Mike Hendrick (Eng)
  • Pakistan het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.

Groep B[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver GU LT Pnt
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 3 2 0 1 4.35 10
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 3 2 1 0 4.43 8
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 3 1 1 1 4.45 6
Vlag van Indië Indië 3 0 3 0 2.78 0
9 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Indië Indië
190 almal uit (53.1 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
194/1 (51.3 boulbeurte)
Gundappa Viswanath 75 (134)
Michael Holding 4/33 (12 boulbeurte)
Gordon Greenidge 106* (173)
Kapil Dev 1/46 (10 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 9 paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: David Evans (Eng) en John Langridge (Eng)
Speler van die wedstryd: Gordon Greenidge (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Surinder Khanna (Ind) het sy EDI-debuut gemaak.
9 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
189 almal uit (56.5 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
190/1 (47.4 boulbeurte)
Anura Tennekoon 59 (96)
Brian McKechnie 3/25 (10.5 boulbeurte)
Glenn Turner 83* (143)
Ajit de Silva 1/39 (12 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 9 paaltjies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Geoff Howarth (NZ)
13 Junie 1979

Telkaart
v
Wedstryd verlaat sonder dat enige bal geboul is.
The Oval, Londen
Skeidsregters: onbekend
Speler van die wedstryd: nie toegeken nie
  • geen loot nie
  • Twee reserwedae gebruik, as gevolg van swaar reën nie gespeel nie.
  • Dit was die eerste wêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat 'n bal geboul is.[3]
13 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Indië Indië
182 almal uit (55.5 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
183/2 (57 boulbeurte)
Sunil Gavaskar 55 (144)
Brian McKechnie 3/24 (12 boulbeurte)
Bruce Edgar 84* (167)
Mohinder Amarnath 1/39 (12 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 8 paaltjies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Bruce Edgar (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
18 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
238/5 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Indië Indië
191 almal uit (54.1 boulbeurte)
Sunil Wettimuny 67 (120)
Mohinder Amarnath 3/40 (12 boulbeurte)
Dilip Vengsarkar 36 (57)
Somachandra de Silva 3/29 (11 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 47 lopies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: Ken Palmer (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Duleep Mendis (SL)
  • Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Reserwedag gebruik, oorspronklike wedstryddatum (16 Junie) is uitgewas; 17 Junie was 'n Sondag.
  • Ranjan Madugalle en Ranjan Gunatilleke (albei SL) het hul EDI-debuut gemaak.
16 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
244/7 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
212/9 (60 boulbeurte)
Clive Lloyd 73* (80)
Jeremy Coney 2/40 (12 boulbeurte)
Richard Hadlee 42 (48)
Andy Roberts 3/43 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 32 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Clive Lloyd (WI)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Ewen Chatfield (NZ) het sy EDI-debuut gemaak.

Uitklopfase[wysig | wysig bron]

  Halfeindrondte Eindrondte
             
20 Junie – Manchester
 Vlag van Engeland Engeland 221/8  
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 212/9   23 Junie – Londen
     Vlag van Engeland Engeland 194
20 Junie – Londen    Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 286/9
 Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 293/6
 Vlag van Pakistan Pakistan 250  

Halfeindrondte[wysig | wysig bron]

20 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
221/8 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
212/9 (60 boulbeurte)
Graham Gooch 71 (84)
Brian McKechnie 2/46 (12 boulbeurte)
John Wright 69 (137)
Mike Hendrick 3/55 (12 boulbeurte)
Engeland wen met 9 lopies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: John Langridge (Eng) en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Graham Gooch (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Wayne Larkins (Eng) het sy EDI-debuut gemaak.
20 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
293/6 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Pakistan Pakistan
250 almal uit (56.2 boulbeurte)
Gordon Greenidge 73 (107)
Asif Iqbal 4/56 (11 boulbeurte)
Zaheer Abbas 93 (122)
Colin Croft 3/29 (11 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 43 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en David Constant (Eng)
Speler van die wedstryd: Gordon Greenidge (WI)
  • Pakistan het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.

Eindstryd[wysig | wysig bron]

23 Junie 1979

Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
286/9 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Engeland Engeland
194 almal uit (51 boulbeurte)
Viv Richards 138* (157)
Phil Edmonds 2/40 (12 boulbeurte)
Mike Brearley 64 (130)
Joel Garner 5/38 (11 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 92 lopies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.


Krieketwêreldkampioen 1979
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië

Finale puntestand[wysig | wysig bron]

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die ag deelnemende nasionale krieketspanne ná die Krieketwêreldbeker 1979.

Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver LV LT +/– LT Pnt
Finaliste
1 Vlag van Wes-Indië Wes-Indië B 5 4 1 0 1017 846 +171 18
2 Vlag van Engeland Engeland A 5 4 0 1 786 853 –67 16
In die halfeindrondte uitgeskakel
3 Vlag van Pakistan Pakistan A 4 2 1 1 827 794 +33 10
4 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland B 4 2 1 1 797 836 –39 10
In die groepfase uitgeskakel
5 Vlag van Sri Lanka Sri Lanka B 3 1 1 1 427 381 +46 +4.45 6
6 Vlag van Australië Australië A 3 1 0 2 462 551 –89 +3.16 4
7 Vlag van Indië Indië B 3 0 0 3 563 615 –52 +2.78 0
8 Vlag van Kanada Kanada A 3 0 0 3 289 292 –3 +1.60 0

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) ICC Trophy 1979 – background”. espncricinfo.com. URL besoek op 24 Mei 2019.
  2. (en) The 1979 World Cup in England – West Indies retain their title”. ESPN Cricinfo. URL besoek op 24 Mei 2019.
  3. (en) Cricket World Cup 2015: Australia v Bangladesh washed out by rain”. BBC: 21 Februarie 2015. URL besoek op 24 Mei 2019.

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • (en) Browning, Mark (1999). A complete history of World Cup Cricket 1975–1999. Simon & Schuster. ISBN 0-7318-0833-9. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Krieketwêreldbeker Cricketball.svg

Engeland 1975Engeland 1979Engeland 1983Indië/Pakistan 1987Australië/Nieu-Seeland 1992Pakistan/Indië/Sri Lanka 1996Engeland 1999Suid-Afrika/Zimbabwe 2003Wes-Indië 2007Indië/Sri Lanka/Bangladesj 2011Australië/Nieu-Seeland 2015Engeland 2019Indië 2023