Krieketwêreldbeker 1975

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Krieketwêreldbeker 1975
Datums 7 Junie – 21 Junie
Bestuurder Internasionale Krieketkonferensie (IKK)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Engeland Engeland
Kampioen Vlag van Wes-Indië Wes-Indië (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Australië Australië
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 15
Bywoning 158 000 (10 533 per wedstryd)
Meeste lopies Vlag van Nieu-Seeland Glenn Turner (333)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Australië Gary Gilmour (11)[2]
1979

Die Krieketwêreldbeker 1975 het van 7 tot en met 21 Junie 1975 in Engeland plaasgevind. Dit was die eerste krieketwêreldbeker in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK) aangebied is. Die Krieketwêreldbeker 1975 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy Prudential plc geborg en staan dus amptelik as die Prudentialbeker 1975 bekend.

Die Prudentiële beker vir die krieketwêreldbekers van 1975, 1979 en 1983

Agt nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1975 deelgeneem: Die destydse ses toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië), saam met die voorste geassosieerde lid Sri Lanka en, vir die enigste keer, Oos-Afrika. Vir die Oos-Afrikaanse span is krieketspelers uit die lande Kenia, Tanzanië, Uganda en Zambië uitgenooi. Die spanne is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die boonste twee spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners van hierdie wedstryde het in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.

Die konsep van eendagkrieket was nog in die vroeë stadiums en tussen 1971 en 1975 is net 18 sulke wedstryde tussen die toetslande beslis. Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van 'n sportboikot teen dié land.

Engeland, Nieu-Seeland, Wes-Indië en Australië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer en dit was tot dusver die enigste krieketwêreldbeker, waartydens geen span van die Indiese subkontinent vir die uitklopfase kon kwalifiseer nie. Australië het Engeland en Wes-Indië het Nieu-Seeland geklop, voordat Wes-Indië – die gunsteling vóór dié toernooi – Australië in die eindstryd op Lord’s in Londen met 17 lopies verslaan en sodoende die eerste krieketwêreldbekerwenners geword het.

Die openingswedstryd van die toernooi is deur een van die mees bisarre kolfpogings in die eendaggeskiedenis, Indië se Sunil Gavaskar s'n, gekenmerk. Nadat Engeland 334/4 aangeteken het, met Dennis Amiss wat 137 lopies behaal het, het Gavaskar deur die volle 60 boulbeurte geslaan vir 36 lopies nie uit nie, met verskeie invalle van ongelukkige Indiese aanhangers tot gevolg.[3]

Toewysing[wysig | wysig bron]

Volgens die IKK het Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste krieketwêreldbeker te huisves, vervolgens is die Krieketwêreldbeker 1975 aan Engeland toegeken.[4]

Deelnemende spanne[wysig | wysig bron]

Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1975 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus outomaties vir die Krieketwêreldbeker 1975 gekwalifiseer. Sri Lanka en Oos-Afrika was die enigste twee spanne sonder toetsstatus en is uitgenooi om die oorblywende twee plekke te vul.[5]

Uitslag van die kwalifisering:

   Gekwalifiseer as volle lid van Internasionale Krieketkonferensie (IKK)

   Gekwalifiseer deur uitnodiging

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Vorige beste prestasie Rang Groep
Vlag van Engeland Engeland Gasheer Debuut 1 A
Vlag van Australië Australië Volle lede Debuut 3 B
Vlag van Indië Indië Debuut 5 A
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Debuut 4 A
Vlag van Pakistan Pakistan Debuut 6 B
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië Debuut 2 B
ECACC.jpg Oos-Afrika Uitnodiging Debuut A
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka Debuut B

Stadions[wysig | wysig bron]

Die eerste krieketwêreldbeker is in Engeland se ses tradisionele toetskrieketstadions beslis. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Krieketwêreldbeker 1975 gespeel, waarvan twee halfeindstryde en een eindstryd.

Londen, Groter Londen
Krieketwêreldbeker 1975 (Engeland)
Londen, Groter Londen
Lord’s The Oval
51°31′45.84″N 0°10′21.72″W / 51.5294000°N 0.1727000°W / 51.5294000; -0.1727000 (Lord’s) 51°29′1″N 0°6′54″W / 51.48361°N 0.11500°W / 51.48361; -0.11500 (The Oval)
Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 23 500
Lord's Pavilion.jpg The Oval Pavilion.jpg
Birmingham, Wes-Midlands Manchester, Groter Manchester
Edgbaston Old Trafford
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W / 52.4558139; -1.9024889 (Edgbaston) 53°27′22.85″N 2°17′12.34″W / 53.4563472°N 2.2867611°W / 53.4563472; -2.2867611 (Old Trafford)
Kapasiteit: 21 000 Kapasiteit: 19 000
Edgbaston Cricket Ground Pavillion.jpg Old Trafford Pavilion.JPG
Nottingham, Nottinghamshire Leeds, Wes-Yorkshire
Trent Bridge Headingley
52°56′12.78″N 1°07′55.78″W / 52.9368833°N 1.1321611°W / 52.9368833; -1.1321611 (Trent Bridge) 53°49′3.58″N 1°34′55.12″W / 53.8176611°N 1.5819778°W / 53.8176611; -1.5819778 (Headingley)
Kapasiteit: 15 350 Kapasiteit: 14 000
Trent Bridge Pavilion End.jpg Headingley Cricket Stadium.jpg

Wedstryde[wysig | wysig bron]

In twee groepe van vier spanne elk het elke span een keer teen al die ander spanne wedstryde beslis; vir 'n oorwinning is vier punte, terwyl vir 'n gelykop of geen uitslag twee punte toegeken is. Die twee boonste spanne van albei groepe het vir die halfeindrondte gekwalifiseer, waarvan albei wenners tot die eindstryd gevorder het. Altesaam 15 wedstryde is beslis, waarvan 12 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd.[6]

Groepfase[wysig | wysig bron]

Groep A[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver GU LT Pnt
Vlag van Engeland Engeland 3 3 0 0 +4.94 12
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 3 2 1 0 +4.07 8
Vlag van Indië Indië 3 1 2 0 +3.24 4
ECACC.jpg Oos-Afrika 3 0 3 0 +1.90 0
7 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
334/4 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Indië Indië
132/3 (60 boulbeurte)
Dennis Amiss 137 (147)
Syed Abid Ali 2/58 (12 boulbeurte)
Gundappa Viswanath 37 (59)
Peter Lever 1/16 (10 boulbeurte)
Engeland wen met 202 lopies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: David Constant (Eng) en John Langridge (Eng)
Speler van die wedstryd: Dennis Amiss (Eng)
7 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
309/5 (60 boulbeurte)
v
ECACC.jpg Oos-Afrika
128/8 (60 boulbeurte)
Glenn Turner 171* (201)
Parbhu Nana 1/34 (12 boulbeurte)
Frasat Ali 45 (123)
Dayle Hadlee 3/21 (12 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 181 lopies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Arthur Fagg (Eng)
Speler van die wedstryd: Glenn Turner (NZ)
11 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
266/6 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
186 almal uit (60 boulbeurte)
Keith Fletcher 131 (147)
Richard Collinge 2/43 (12 boulbeurte)
John Morrison 55 (85)
Tony Greig 4/45 (12 boulbeurte)
Engeland wen met 80 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Bill Alley (Eng) en Tom Spencer (Eng)
Speler van die wedstryd: Keith Fletcher (Eng)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
11 Junie 1975

Telkaart
ECACC.jpg Oos-Afrika
120 almal uit (55.3 boulbeurte)
v
Vlag van Indië Indië
123/0 (29.5 boulbeurte)
Jawahir Shah 37 (84)
Madan Lal 3/15 (9.3 boulbeurte)
Sunil Gavaskar 65* (86)
Frasat Ali 0/17 (6 boulbeurte)
Indië wen met 10 paaltjies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Arthur Jepson (Eng)
Speler van die wedstryd: Farokh Engineer (Ind)
14 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
290/5 (60 boulbeurte)
v
ECACC.jpg Oos-Afrika
94 almal uit (52.3 boulbeurte)
Dennis Amiss 88 (116)
Zulfiqar Ali 3/63 (12 boulbeurte)
Ramesh Sethi 30 (102)
John Snow 4/11 (12 boulbeurte)
Engeland wen met 196 lopies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Bill Alley (Eng) en John Langridge (Eng)
Speler van die wedstryd: John Snow (Eng)
  • Oos-Afrika het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
14 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Indië Indië
230 almal uit (60 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
233/6 (58.5 boulbeurte)
Syed Abid Ali 70 (98)
Brian McKechnie 3/49 (12 boulbeurte)
Glenn Turner 114* (177)
Syed Abid Ali 2/35 (12 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 4 paaltjies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en Arthur Fagg (Eng)
Speler van die wedstryd: Glenn Turner (NZ)
  • Indië het die loot gewen en verkies om te kolf.

Groep B[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver GU LT Pnt
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 3 3 0 0 +4.35 12
Vlag van Australië Australië 3 2 1 0 +4.43 8
Vlag van Pakistan Pakistan 3 1 2 0 +4.45 4
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 3 0 3 0 +2.78 0
7 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Australië Australië
278/7 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Pakistan Pakistan
205 almal uit (53 boulbeurte)
Ross Edwards 80* (94)
Naseer Malik 2/37 (12 boulbeurte)
Majid Khan 65 (76)
Dennis Lillee 5/34 (12 boulbeurte)
Australië wen met 73 lopies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Bill Alley (Eng) en Tom Spencer (Eng)
Speler van die wedstryd: Dennis Lillee (Aus)
7 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
86 almal uit (37.2 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
87/1 (20.4 boulbeurte)
Somachandra de Silva 21 (54)
Bernard Julien 4/20 (12 boulbeurte)
Roy Fredericks 33 (38)
Somachandra de Silva 1/33 (8 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 9 paaltjies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en Arthur Jepson (Eng)
Speler van die wedstryd: Bernard Julien (WI)
11 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Australië Australië
328/5 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
276/4 (60 boulbeurte)
Alan Turner 101 (113)
Somachandra de Silva 2/60 (12 boulbeurte)
Sunil Wettimuny 53* (102)
Ian Chappell 2/14 (4 boulbeurte)
Australië wen met 52 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en Arthur Fagg (Eng)
Speler van die wedstryd: Alan Turner (Aus)
11 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
266/7 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
267/9 (59.4 boulbeurte)
Majid Khan 60 (108)
Viv Richards 1/21 (4 boulbeurte)
Deryck Murray 61* (76)
Sarfraz Nawaz 4/44 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 1 paaltjie
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: David Constant (Eng) en John Langridge (Eng)
Speler van die wedstryd: Sarfraz Nawaz (Pak)
14 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Australië Australië
192 almal uit (53.4 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
195/3 (46 boulbeurte)
Ross Edwards 58 (74)
Andy Roberts 3/39 (10.4 boulbeurte)
Alvin Kallicharran 78 (83)
Ashley Mallett 1/35 (11 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 7 paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en David Constant (Eng)
Speler van die wedstryd: Alvin Kallicharran (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
14 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
330/6 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
138 almal uit (50.1 boulbeurte)
Zaheer Abbas 97 (89)
Bandula Warnapura 3/42 (8 boulbeurte)
Anura Tennekoon 30 (36)
Imran Khan 3/15 (7.1 boulbeurte)
Pakistan wen met 192 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Arthur Jepson (Eng) en Tom Spencer (Eng)
Speler van die wedstryd: Zaheer Abbas (Pak)
  • Sri Lanka het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Ajit de Silva (SL) het sy EDI-debuut gemaak.

Uitklopfase[wysig | wysig bron]

  Halfeindrondte Eindrondte
             
18 Junie – Leeds
 Vlag van Engeland Engeland 93  
 Vlag van Australië Australië 94/6   21 Junie – Londen
     Vlag van Australië Australië 274
18 Junie – Londen    Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 281/8
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 158
 Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 159/5  

Halfeindrondte[wysig | wysig bron]

18 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
93 almal uit (36.2 boulbeurte)
v
Vlag van Australië Australië
94/6 (28.4 boulbeurte)
Mike Denness 27 (60)
Gary Gilmour 6/14 (12 boulbeurte)
Gary Gilmour 28* (28)
Chris Old 3/29 (7 boulbeurte)
Australië wen met 4 paaltjies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Bill Alley (Eng) en David Constant (Eng)
Speler van die wedstryd: Gary Gilmour (Aus)
  • Australië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
18 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
158 almal uit (52.2 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
159/5 (40.1 boulbeurte)
Geoff Howarth 51 (93)
Bernard Julien 4/27 (12 boulbeurte)
Alvin Kallicharran 72 (92)
Richard Collinge 3/28 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 5 paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Lloyd Budd (Eng) en Arthur Fagg (Eng)
Speler van die wedstryd: Alvin Kallicharran (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.

Eindstryd[wysig | wysig bron]

21 Junie 1975

Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
291/8 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Australië Australië
274 (58.4 boulbeurte)
Clive Lloyd 102 (85)
Gary Gilmour 5/48 (12 boulbeurte)
Ian Chappell 62 (93)
Keith Boyce 4/50 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 17 lopies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Tom Spencer (Eng)
Speler van die wedstryd: Clive Lloyd (WI)
  • Australië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.


Krieketwêreldkampioen 1975
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië

Finale puntestand[wysig | wysig bron]

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die agt deelnemende nasionale krieketspanne ná die Krieketwêreldbeker 1975.

Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1975:

   Kampioen

   Naaswenner

   Halfeindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

Rang Span Groep Wed Wen Gel Ver LV LT +/– LT Pnt
Finaliste
1 Vlag van Wes-Indië Wes-Indië B 5 5 0 0 999 976 +23 20
2 Vlag van Australië Australië B 5 3 0 2 1166 1060 +106 12
In die halfeindrondte uitgeskakel
3 Vlag van Engeland Engeland A 4 3 0 1 983 506 +477 12
4 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland A 4 3 0 1 886 783 +103 12
In die groepfase uitgeskakel
5 Vlag van Pakistan Pakistan B 3 1 0 2 801 682 +119 +4.45 4
6 Vlag van Indië Indië A 3 1 0 2 485 687 –202 +3.24 4
7 Vlag van Sri Lanka Sri Lanka B 3 0 0 3 500 745 –245 +2.78 0
8 ECACC.jpg Oos-Afrika A 3 0 0 3 342 722 –380 +1.90 0

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Records / Prudential World Cup, 1975 / Most Runs". ESPNcricnfo. 21 Junie 1975. Besoek op 14 Julie 2019. 
  2. (en) "Records / Prudential World Cup, 1975 / Most Wickets". ESPNcricnfo. 21 Junie 1975. Besoek op 14 Julie 2019. 
  3. (en) "Sunny's World Cup go-slow". ESPNcricinfo. 12 Februarie 2011. Besoek op 14 Julie 2019. 
  4. (en) "The birth of the World Cup". ESPNcricinfo. 31 Januarie 2015. Besoek op 14 Julie 2019. 
  5. (en) "West Indies victory heralds a new era". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2019. 
  6. (en) "The 1975 World Cup in England – West Indies victory heralds a new era". ESPNcricinfo. Besoek op 14 Julie 2019. 

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Krieketwêreldbeker Cricketball.svg

Engeland 1975Engeland 1979Engeland / Wallis 1983Indië / Pakistan 1987Australië / Nieu-Seeland 1992Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003Wes-Indië 2007Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011Australië / Nieu-Seeland 2015Engeland / Wallis 2019Indië 2023