Krieketwêreldbeker 2027

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gnome globe current event.svg Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport
Krieketwêreldbeker 2027
Icc cricket world cup trophy.jpg
Die IKR-trofee waarom meegeding sal word
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Vlag van Namibië Namibië
Deelnemers 14
Wedstryde gespeel 54
2023
2031

Die Krieketwêreldbeker 2027 (Engels: 2027 Cricket World Cup), amptelik bekend as die IKR Krieketwêreldbeker 2027, sal in 2027 in Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië aangebied word. Dit sal die 14de krieketwêreldbeker in internasionale eendagkrieket (EDI) wees wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en ná die Krieketwêreldbeker 2003 die tweede in Suider-Afrika. Die 2003-toernooi is deur Suid-Afrika, Zimbabwe en Kenia aangebied.

14 nasionale krieketspanne neem aan die Krieketwêreldbeker 2027 deel, waartydens 54 wedstryde gespeel word. Die spanne word in twee groepe van sewe spanne elk verdeel, waarvan die boonste drie spanne van elke groep vir die Super Ses kwalifiseer. Van die Super Ses kwalifiseer die boonste vier spanne vir die halfeindrondte. Elke wedstryd bestaan uit 50 boulbeurte per span. ’n Soortgelyke formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1999 en die Krieketwêreldbeker 2003 aangewend.[1]

Toewysing[wysig | wysig bron]

Krieket Suid-Afrika het in Mei 2021 aangekondig om vir Krieketwêreldbeker 2027 te bid.[2] Die Internasionale Krieketraad het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie op 16 November 2021 aangewys. Suid-Afrika, Zimbabwe en Namibië is as gashere vir die 2027-toernooi benoem, terwyl die 2031-toernooi aan Indië en Bangladesj toegeken is.[3]

Wedstryde[wysig | wysig bron]

In twee groepe van sewe spanne elk speel elke span een keer teen al die ander spanne wedstryde; vir ’n oorwinning word vier punte, terwyl vir ’n gelykop of geen uitslag twee punte toegeken word. Die drie boonste spanne van elke groep kwalifiseer vir die Super Ses. In die Super Ses-rondte speel elke span teen die spanne, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, speel nie teen mekaar nie en die punte van dié wedstryde word na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die vier beste spanne van die Super Ses vorder tot die halfeindrondte en die twee wenners van die halfeindrondte speel die eindstryd. Altesaam 54 wedstryde word gespeel, waarvan 42 tydens die groepfase, nege in die Super Ses, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Nagraj Gollapudi (1 Junie 2021). "ICC expands men's world events: ODI WC to 14 teams, T20 WC to 20 teams". ESPNcricinfo. Besoek op 16 November 2021.
  2. (en) "South Africa To Bid For 2027 Cricket World Cup". NDTV Sports. 1 Mei 2021. Besoek op 16 November 2021.
  3. (en) Nagraj Gollapudi (16 November 2021). "USA co-hosts for 2024 T20 WC, Pakistan gets 2025 Champions Trophy, India and Bangladesh 2031 World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 16 November 2021.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Krieketwêreldbeker Cricketball.svg

Engeland 1975Engeland 1979Engeland / Wallis 1983Indië / Pakistan 1987Australië / Nieu-Seeland 1992Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003Wes-Indië 2007Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011Australië / Nieu-Seeland 2015Engeland / Wallis 2019Indië 2023Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027Indië / Bangladesj 2031