Krieketwêreldbeker 1983

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Krieketwêreldbeker 1983
Datums 9 Junie – 25 Junie
Bestuurder Internasionale Krieketkonferensie (IKK)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Wallis Wallis
Kampioen Vlag van Indië Indië (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 27
Bywoning 231 081 (8 559 per wedstryd)
Meeste lopies Vlag van Engeland David Gower (384)
Meeste paaltjies Vlag van Indië Roger Binny (18)
1979
1987

Die Krieketwêreldbeker 1983, weens borgskapredes amptelik bekend as die Prudentiële beker 1983, het van 9 tot en met 25 Junie 1983 in Engeland en Wallis plaasgevind. Dit was die derde krieketwêreldbeker in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK) aangebied is. Dié gasheer het ook die vorige Krieketwêreldbeker 1975 en Krieketwêreldbeker 1979 gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1983 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy Prudential plc geborg en staan dus amptelik as die Prudentiële beker 1983 bekend.

Die Prudentiële beker vir die krieketwêreldbekers van 1975, 1979 en 1983

Ag nasionale krieketspanne het aan die toernooi deelgeneem, waartydens 27 wedstryde beslis is. Van die spanne is in twee groepe met vier spanne elk verdeel, waarvan elke span twee keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die boonste twee spanne van elke groep het vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners van hierdie wedstryde het in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.

Indië wen op 25 Junie met 43 lopies teen die verdedigende kampioen Wes-Indië op Lord’s in Londen en het sodoende hul eerste titel ingepalm. Engeland en Pakistan was die ander twee semi-finaliste.

Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van 'n sportboikot teen dié land. Die nasionale krieketspan van Zimbabwe het vir die eerste keer aan 'n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Al die ander spanne het vir 'n derde keer aan 'n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.

Toewysing[wysig | wysig bron]

Indië het voorgestel dat hulle die derde Krieketwêreldbeker moet aanbied, maar die meeste IKK-lede het gemeen dat Engeland 'n meer geskikte plek was weens die daglig se langer tydperk in Junie. Dit het beteken dat 'n wedstryd binne een dag voltooi kon word.

Deelnemende spanne[wysig | wysig bron]

Uitslag van die kwalifikasie:

   Gekwalifiseer as volle lid van Internasionale Krieketkonferensie (IKK)

   Gekwalifiseer tydens IKK-trofee 1982

   Nie gekwalifiseer nie

   Nie deelgeneem nie

Die volgende ag spanne het vir die krieketwêreldbeker gekwalifiseer. Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus outomaties vir die Krieketwêreldbeker 1983 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer omdat hulle die IKK-trofee 1982 gewen het.

Span Kwalifikasiemetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Vlag van Engeland Engeland Gasheer Derde 1979 Naaswenner (1979) A
Vlag van Australië Australië Volle lede Derde 1979 Naaswenner (1975) B
Vlag van Indië Indië Derde 1979 Groepfase (1975, 1979) B
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Derde 1979 Halfeindrondte (1975, 1979) A
Vlag van Pakistan Pakistan Derde 1979 Halfeindrondte (1979) A
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka Derde 1979 Groepfase (1975, 1979) A
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië Derde 1979 Kampioene (1975, 1979) B
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe IKK-trofee 1982-wenner Eerste Debuut B

Stadions[wysig | wysig bron]

Engeland het 26 wedstryde op 14 verskeie plekke gehuisves, terwyl Wallis 1 wedstryd op 1 plek aangebied het.

Stadion Stad Kapasiteit Wedstryde
Lord’s Londen 30 000 3
Trent Bridge Nottingham 15 350 3
Headingley Leeds 14 000 3
The Oval Londen 23 500 3
Edgbaston Birmingham 21 000 3
County-krieketveld Derby 9 500 1
Bristol County Ground Bristol 16 000 1
County Ground Taunton 6 500 1
County-krieketveld Chelmsford 6 500 1
St. Helen's rugby- en krieketveld Swansea, Wallis 4 500 1
Grace Road Leicester 12 000 1
Old Trafford-krieketveld Manchester 19 000 3
County Ground Southampton 7 000 1
New Road Worcester 4 500 1
Nevill Ground Royal Tunbridge Wells 6 000 1

Wedstryde[wysig | wysig bron]

In twee groepe met vier spanne elk het elke span twee keer teen al die ander spanne wedstryde beslis; vir 'n oorwinning is vier punte, terwyl vir 'n gelykspel of geen uitslag twee punte toegeken is. Die twee boonste spanne van albei groepe het vir die halfeindrondte gekwalifiseer, waarvan albei wenners tot die eindstryd gevorder het. Altesaam is 27 wedstryde beslis.[1]

Groepfase[wysig | wysig bron]

Groep A[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver GU LT Pnt
Vlag van Engeland Engeland 6 5 1 0 4.671 20
Vlag van Pakistan Pakistan 6 3 3 0 4.014 12
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 6 3 3 0 3.927 12
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 6 1 5 0 3.752 4
9 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
322/6 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
216 (59 boulbeurte)
Allan Lamb 102 (105)
Martin Snedden 2/105 (12 boulbeurte)
Martin Crowe 97 (118)
Bob Willis 2/9 (7 boulbeurte)
Engeland wen met 106 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Barrie Meyer (Eng) en Don Oslear (Eng)
Speler van die wedstryd: Allan Lamb (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
9 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
338/5 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
288/9 (60 boulbeurte)
Zaheer Abbas 82 (81)
Ashantha de Mel 2/69 (12 boulbeurte)
Brendon Kuruppu 72 (101)
Sarfraz Nawaz 3/40 (12 boulbeurte)
Pakistan wen met 50 lopies
St Helen's, Swansea
Skeidsregters: Ken Palmer (Eng) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohsin Khan (Pak)
  • Sri Lanka het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Athula Samarasekera (SL) het sy EDI-debuut gemaak.
11 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
333/9 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
286 (58 boulbeurte)
David Gower 130 (120)
Ashantha de Mel 2/62 (12 boulbeurte)
Guy de Alwis 58* (51)
Vic Marks 5/39 (12 boulbeurte)
Engeland wen met 47 lopies
County Ground, Taunton
Skeidsregters: Mervyn Kitchen (Eng) en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: David Gower (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
11 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
238/9 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Pakistan Pakistan
186 (55.2 boulbeurte)
Bruce Edgar 44 (107)
Abdul Qadir 4/21 (12 boulbeurte)
Abdul Qadir 41* (68)
Richard Hadlee 3/20 (9 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 52 lopies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Barrie Leadbeater (Eng)
Speler van die wedstryd: Abdul Qadir (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Reserwedag op 12 Junie gebruik, 56 beurte van Nieu-Seeland voltooi op 11 Junie.
  • John Bracewell (NZ) en Abdul Qadir (Pak) het hul EDI-debuut gemaak.
13 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
193/8 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Engeland Engeland
199/2 (50.4 boulbeurte)
Zaheer Abbas 83* (104)
Bob Willis 2/24 (12 boulbeurte)
Graeme Fowler 78* (151)
Rashid Khan 1/19 (7 boulbeurte)
Engeland wen met 8 paaltjies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Barrie Meyer (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Zaheer Abbas (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en verkies om te kolf.
13 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
206 (56.1 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
209/5 (39.2 boulbeurte)
Ranjan Madugalle 60 (87)
Richard Hadlee 5/25 (10.1 boulbeurte)
Geoff Howarth 76 (79)
Ashantha de Mel 2/30 (8 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 5 paaltjies
Bristol County Ground, Bristol
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Richard Hadlee (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
15 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
234 (55.2 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
238/8 (59.5 boulbeurte)
David Gower 92* (96)
Richard Hadlee 3/32 (10 boulbeurte)
Jeremy Coney 66* (97)
Bob Willis 4/42 (12 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 2 paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Jack Birkenshaw (Eng) en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Jeremy Coney (NZ)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
16 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
235/7 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
224 (58.3 boulbeurte)
Imran Khan 102* (133)
Ashantha de Mel 5/39 (12 boulbeurte)
Sidath Wettimuny 50 (127)
Abdul Qadir 5/44 (12 boulbeurte)
Pakistan wen met 11 lopies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Don Oslear (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Abdul Qadir (Pak)
  • Sri Lanka het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
18 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
232/8 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Engeland Engeland
233/3 (57.2 boulbeurte)
Javed Miandad 67 (100)
Vic Marks 2/45 (12 boulbeurte)
Graeme Fowler 69 (96)
Mudassar Nazar 2/34 (12 boulbeurte)
Engeland wen met 7 paaltjies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Don Oslear (Eng)
Speler van die wedstryd: Graeme Fowler (Eng)
  • Pakistan het die loot gewen en verkies om te kolf.
18 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
181 (58.2 boulbeurte)
v
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
184/7 (52.5 boulbeurte)
Martin Snedden 40 (55)
Ashantha de Mel 5/32 (12 boulbeurte)
Roy Dias 64* (101)
Martin Snedden 2/58 (10.5 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 3 paaltjies
County Ground, Derby
Skeidsregters: David Constant (Eng) en Barrie Leadbeater (Eng)
Speler van die wedstryd: Ashantha de Mel (SL)
  • Sri Lanka het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
20 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
136 (50.4 boulbeurte)
v
Vlag van Engeland Engeland
137/1 (24.1 boulbeurte)
Sidath Wettimuny 22 (49)
Paul Allott 3/41 (10.4 boulbeurte)
Graeme Fowler 81 (77)
Ashantha de Mel 1/33 (10 boulbeurte)
Engeland wen met 9 paaltjies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: Barrie Leadbeater (Eng) en Ken Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Bob Willis (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
20 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
261/3 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
250 (59.1 boulbeurte)
Zaheer Abbas 103* (121)
Jeremy Coney 2/42 (12 boulbeurte)
Jeremy Coney 51 (78)
Mudassar Nazar 3/43 (12 boulbeurte)
Pakistan wen met 11 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: David Evans (Eng) en Mervyn Kitchen (Eng)
Speler van die wedstryd: Imran Khan (Pak)
  • Pakistan het die loot gewen en verkies om te kolf.

Groep B[wysig | wysig bron]

Span Wed Wen Ver GU LT Pnt
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 6 5 1 0 4.308 20
Vlag van Indië Indië 6 4 2 0 3.870 16
Vlag van Australië Australië 6 2 4 0 3.808 8
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe 6 1 5 0 3.492 4
9 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
239/6 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Australië Australië
226/7 (60 boulbeurte)
Duncan Fletcher 69* (84)
Graham Yallop 2/28 (9 boulbeurte)
Kepler Wessels 76 (130)
Duncan Fletcher 4/42 (11 boulbeurte)
Zimbabwe wen met 13 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: David Constant (Eng) en Mervyn Kitchen (Eng)
Speler van die wedstryd: Duncan Fletcher (Zim)
9 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Indië Indië
262/8 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
228 (54.1 boulbeurte)
Yashpal Sharma 89 (120)
Michael Holding 2/32 (12 boulbeurte)
Joel Garner 37 (29)
Ravi Shastri 3/26 (5.1 boulbeurte)
Indië wen met 34 lopies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: Barrie Leadbeater (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Yashpal Sharma (Ind)
  • Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Reserwedag op 10 Junie gebruik, 22 beurte van Wes-Indië op 9 Junie voltooi.
  • Dit is Wes-Indië se eerste nederlaag in 'n krieketwêreldbekerwedstryd.
11 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
252/9 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Australië Australië
151 (30.3 boulbeurte)
Larry Gomes 78 (153)
Geoff Lawson 3/29 (12 boulbeurte)
David Hookes 45 (45)
Winston Davis 7/51 (10.3 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 101 lopies
Headingley, Leeds
Skeidsregters: David Constant (Eng) en David Evans (Eng)
Speler van die wedstryd: Winston Davis (WI)
  • Australië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Reserwedag op 12 Junie gebruik, 42 boulbeurte van Wes-Indië op 11 Junie voltooi.
  • Graeme Wood (Aus) het met pyn by 18/1 afgetree.
11 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
155 (51.4 boulbeurte)
v
Vlag van Indië Indië
157/5 (37.3 boulbeurte)
Iain Butchart 22* (35)
Madan Lal 3/27 (10.4 boulbeurte)
Sandeep Patil 50 (54)
Peter Rawson 2/11 (5.1 boulbeurte)
Indië wen met 5 paaltjies
Grace Road, Leicester
Skeidsregters: Jack Birkenshaw (Eng) en Roy Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Madan Lal (Ind)
  • Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Robin Brown (Zim) het sy EDI-debuut gemaak.
13 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Australië Australië
320/9 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Indië Indië
158 (37.5 boulbeurte)
Trevor Chappell 110 (131)
Kapil Dev 5/43 (12 boulbeurte)
Kapil Dev 40 (27)
Ken MacLeay 6/39 (11.5 boulbeurte)
Australië wen met 162 lopies
Trent Bridge, Nottingham
Skeidsregters: Don Oslear (Eng) en Roy Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: Trevor Chappell (Aus)
  • Australië het die loot gewen en verkies om te kolf.
13 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
217/7 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
218/2 (48.3 boulbeurte)
Duncan Fletcher 71* (88)
Andy Roberts 3/36 (12 boulbeurte)
Gordon Greenidge 105* (147)
Peter Rawson 2/39 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 8 paaltjies
New Road, Worcester
Skeidsregters: Jack Birkenshaw (Eng) en David Evans (Eng)
Speler van die wedstryd: Gordon Greenidge (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
  • Gerald Peckover (Zim) het sy EDI-debuut gemaak.
15 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
282/9 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Indië Indië
216 (53.1 boulbeurte)
Viv Richards 119 (146)
Roger Binny 3/71 (12 boulbeurte)
Mohinder Amarnath 80 (139)
Michael Holding 3/40 (9.1 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 66 lopies
The Oval, Londen
Skeidsregters: Barrie Meyer (Eng) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en verkies om te kolf.
  • Dilip Vengsarkar (Ind) het met pyn by 89/2 afgetree.
16 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Australië Australië
272/7 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
240 (59.5 boulbeurte)
Graeme Wood 73 (121)
John Traicos 2/28 (12 boulbeurte)
David Houghton 84 (108)
Rodney Hogg 3/40 (12 boulbeurte)
Australië wen met 32 lopies
County Ground, Southampton
Skeidsregters: David Evans (Eng) en Roy Palmer (Eng)
Speler van die wedstryd: David Houghton (Zim)
  • Australië het die loot gewen en verkies om te kolf.
18 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Australië Australië
273/6 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
276/3 (57.5 boulbeurte)
Kim Hughes 69 (124)
Malcolm Marshall 2/36 (12 boulbeurte)
Viv Richards 95* (117)
Rodney Hogg 1/25 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 7 paaltjies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Roy Palmer (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
  • Australië het die loot gewen en verkies om te kolf.
18 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Indië Indië
266/8 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
235 (57 boulbeurte)
Kapil Dev 175* (138)
Peter Rawson 3/47 (12 boulbeurte)
Kevin Curran 73 (93)
Madan Lal 3/42 (11 boulbeurte)
Indië wen met 31 lopies
Nevill Ground, Royal Tunbridge Wells
Skeidsregters: Barrie Meyer (Eng) en Mervyn Kitchen (Eng)
Speler van die wedstryd: Kapil Dev (Ind)
  • Indië het die loot gewen en verkies om te kolf.
  • Kapil Dev (Ind) het die eerste Indiese krieketspeler geword wat 'n EDI-honderdtal behaal.[2]
  • Kapil Dev behaal die destyds hoogste individuele EDI-telling tydens 'n krieketwêreldbeker.
  • Kapil Dev se 175 bevat 16x4 en 6x6.
20 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Indië Indië
247 (55.5 boulbeurte)
v
Vlag van Australië Australië
129 (38.2 boulbeurte)
Yashpal Sharma 40 (40)
Rodney Hogg 3/40 (12 boulbeurte)
Allan Border 36 (49)
Madan Lal 4/20 (8.2 boulbeurte)
Indië wen met 118 lopies
County Ground, Chelmsford
Skeidsregters: Jack Birkenshaw (Eng) en David Shepherd (Eng)
Speler van die wedstryd: Roger Binny (Ind)
  • Indië het die loot gewen en verkies om te kolf.
20 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
171 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
172/0 (45.1 boulbeurte)
Kevin Curran 62 (92)
Wayne Daniel 3/28 (9 boulbeurte)
Desmond Haynes 88* (136)
John Traicos 0/24 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 10 paaltjies
Edgbaston, Birmingham
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en David Constant (Eng)
Speler van die wedstryd: Faoud Bacchus (WI)
  • Zimbabwe het die loot gewen en verkies om te kolf.

Uitklopfase[wysig | wysig bron]

  Halfeindrondte Eindrondte
             
22 Junie – Manchester
 Vlag van Engeland Engeland 213  
 Vlag van Indië Indië 217/4   25 Junie – Londen
     Vlag van Indië Indië 183
22 Junie – Londen    Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 140
 Vlag van Pakistan Pakistan 184/8
 Vlag van Wes-Indië Wes-Indië 188/2  

Halfeindrondte[wysig | wysig bron]

22 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
213 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Indië Indië
217/4 (54.4 boulbeurte)
Graeme Fowler 33 (59)
Kapil Dev 3/35 (11 boulbeurte)
Yashpal Sharma 61 (115)
Paul Allott 1/40 (10 boulbeurte)
Indië wen met 6 paaltjies
Old Trafford, Manchester
Skeidsregters: David Evans (Eng) en Don Oslear (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohinder Amarnath (Ind)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
22 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Pakistan Pakistan
184/8 (60 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
188/2 (48.4 boulbeurte)
Mohsin Khan 70 (176)
Malcolm Marshall 3/28 (12 boulbeurte)
Viv Richards 80* (96)
Rashid Khan 1/32 (12 boulbeurte)
Wes-Indië wen met 8 paaltjies
The Oval, Londen
Skeidsregters: David Constant (Eng) en Alan Whitehead (Eng)
Speler van die wedstryd: Viv Richards (WI)
  • Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.

Eindstryd[wysig | wysig bron]

25 Junie 1983

Telkaart
Vlag van Indië Indië
183 (54.4 boulbeurte)
v
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
140 (52 boulbeurte)
Kris Srikkanth 38 (57)
Andy Roberts 3/32 (10 boulbeurte)
Vivian Richards 33 (28)
Madan Lal 3/31 (12 boulbeurte)
Indië wen met 43 lopies
Lord’s, Londen
Skeidsregters: Dickie Bird (Eng) en Barrie Meyer (Eng)
Speler van die wedstryd: Mohinder Amarnath (Ind)
  • Wes-Indië het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.


Krieketwêreldkampioen 1983
Vlag van Indië Indië

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) The 1983 World Cup in England – India stun the world”. ESPN Cricinfo. URL besoek op 17 Mei 2019.
  2. (en) Kapil bedevils Zimbabwe”. ESPN Cricinfo. URL besoek op 17 Mei 2019.

Verdere leesstof[wysig | wysig bron]

  • (en) Browning, Mark (1999). A complete history of World Cup Cricket 1975–1999. Simon & Schuster. ISBN 0-7318-0833-9. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


Krieketwêreldbeker Cricketball.svg

Engeland 1975Engeland 1979Engeland 1983Indië/Pakistan 1987Australië/Nieu-Seeland 1992Pakistan/Indië/Sri Lanka 1996Engeland 1999Suid-Afrika/Zimbabwe 2003Wes-Indië 2007Indië/Sri Lanka/Bangladesj 2011Australië/Nieu-Seeland 2015Engeland 2019Indië 2023