Makazole Mapimpi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Makazole Mapimpi Sportportaal
Geboortedatum 26 Julie 1990 (1990-07-26) (28 jaar oud)
Geboorteplek Mdantsane, Suid-Afrika
Lengte 1,87 m
Gewig 90 kg
Skool Jim Mvabasa SS School, King William’s Town
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Vleuel / Senter
Jeugspanne
Jare Span
2009 Grens Bulldogs
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2014–2016
2017–2018
Grens Bulldogs
Vrystaat Cheetahs
54
6
(149)
(35)
korrek soos op 31 Mei 2018.
Superrugby
Jare Klub / span Weds (pte)
2017
2017–2018
2018–
Southern Kings
Cheetahs
Sharks
14
13
3
(55)
(50)
(15)
korrek soos op 31 Mei 2018.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2018 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 1 (5)
korrek soos op 3 Junie 2018.

Makazole Mapimpi (gebore 26 Julie 1990 in Mdantsane, Suid-Afrika) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat tans op vleuel speel vir die Cheetahs in Pro14 en die Vrystaat Cheetahs in die plaaslike Curriebeker.[1]

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Jeug[wysig | wysig bron]

Mapimpi was in 2009 ’n lid van die Grens o/19-span wat aan die 2009 onder-19 Provinsiale kampioenskap deelgeneem het.

Grens Bulldogs[wysig | wysig bron]

Hy was een van verskeie amateurklubspelers in die Grens Bulldogs se provinsiale spangroep aan die begin van 2014 toe die professionele span bankrot verklaar is.[2] Hy is toe ingesluit in hul span vir die 2014 Vodacombeker-kompetisie en het sy debuut gemaak in hul eerste wedstryd teen die Natal Haaie. Grens verloor die wedstryd 24-46, maar Mapimpi open sy eersteklasdebuut met 'n drie kort na halftyd.[3] Hy het ook begin in hul 6-60 nederlaag teen hul Oos-Kaapse teenstanders, die OP Kings[4] en hul volgende wedstryd teen Keniaanse uitnodigingspan, die Tusker Simba XV, en druk Grens Bulldogs se tweede drie in die wedstryd om aan hulle 'n 18-17 oorwinning te besorg, hul enigste van die kompetisie.[5]

Springbokloopbaan[wysig | wysig bron]

Mapimpi maak sy toetsdebuut vir die Springbokke op 2 Junie 2018 teen Wallis in Washington, D.C. op die ouderdom van 27 jaar.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. SARU Spelerprofiel - Makazole Mapimpi URL besoek op 7 Maart 2017
  2. "Bankrupt BRFU can't pay staff". Daily Dispatch. 16 Januarie 2014. Besoek op 17 Januarie 2014. 
  3. Grens Bulldogs 24-46 Cell C Sharks XV URL besoek op 7 Maart 2017
  4. Oostelike Provinsie Kings 60-6 Grens Bulldogs URL besoek op 7 Maart 2017
  5. Grens Bulldogs 18-17 Tusker Simba XV URL besoek op 7 Maart 2017