Meer van Tiberias

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Meer van Tiberias
Lake Tiberias (Sea of Galilee), Northern Israel.jpg
Nasa-Satellietbeeld van die Meer van Tiberias
Bathymetric map of Sea of Galilee.jpg
Kaart van die Meer van Tiberias
Koördinate: 32°50′N 35°35′O / 32.833°N 35.583°O / 32.833; 35.583Koördinate: 32°50′N 35°35′O / 32.833°N 35.583°O / 32.833; 35.583
Ligging: Israel
Soort: Binnemeer
Oppervlakte: 166 km² (64 myl²)
Gemiddelde diepte: 25,6 m (84 vt)
Maksimum diepte: 43 m (141 vt)
Volume: 4 km³ (0,96 myl³)
Lengte: 21 km (13 myl)
Breedte: 13 km (8,1 myl)
Opvangsgebied: 2 730 km² (1 050 myl²)[1]
Omtrek: 53 km (33 myl)
Invloei: Jordaanrivier[2]
Uitvloei: Jordaanrivier
Eiland/e: 2
Nedersettings: Tiberias
Vissers aan die See van Galilea, 1900
Die Meer van Tiberias

Die Meer van Tiberias (Hebreeus: יָם כִּנֶּרֶת, Arabies: بحيرة طبريا), algemeen bekend as die See van Galilea, is 'n meer in Galilea, Israel. Die meer is na Tiberias, die grootste stad aan die meer vernoem. Dit het 'n oppervlakte van 165 km² en 'n maksimum diepte van 46 meter. Die watervlak is 209 meters onder seevlak, wat dit die laagste varswatermeer en die tweede laagste meer ter wêreld maak.

Die meer is die belangrikste reservoir van soetwater in Israel. Dit word vanuit Noord-Israel en Suid-Libanon gevoed. Die Jordaanrivier vloei van noord na suid deur die meer, waarna die water na die Dooie See, die laagste meer ter wêreld vloei.

Mens kan 'n boottog oor die meer onderneem, met 'n mooi uitsig oor die water en die Golanhoogtes in die agtergrond. Rondom die meer is strande en verskeie toeristiese trekpleisters.

Van Jesus se optredes speel op en om die meer af. Jesus het 'n tydlank in Kapernaüm aan die meer gewoon. 'n Aantal bekende Bybelverhale, soos die wonderbare spysiging, en Jesus se wandeling op water, speel hier af.

Panoramiese uitsig oor die meer.
Panoramiese uitsig oor die meer.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Exact-me.org
  2. (en) Aaron T. Wolf, Hydropolitics along the Jordan River, United Nations University Press, 1995

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]