Golf van Suez

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Golf van Suez
Gulf of Suez from orbit 2007.JPG
Die Sinai-skiereiland met die Golf van Suez in die weste en die Golf van Akaba in die ooste vanuit die ruimte gesien, 2007
Koördinate: 28°45′N 33°00′O / 28.750°N 33.000°O / 28.750; 33.000Koördinate: 28°45′N 33°00′O / 28.750°N 33.000°O / 28.750; 33.000
Ligging: Egipte
Soort: Golf van die Indiese Oseaan
Gemiddelde diepte: 40 meter (130 voet)
Maksimum diepte: 70 meter (230 voet)
Lengte: 314 km (195 myl)
Breedte: 32 km (20 myl)
Invloei: Suezkanaal
Uitvloei: Rooisee
Eiland/e: Shadwan
Nedersettings: Suez
Kaart van die Sinai-skiereiland met die Golf van Suez in die weste en die Golf van Akaba in die ooste

Die Golf van Suez (Arabies: خليج السويس‎, khalīǧ as-suwais‎; voorheen: بحر القلزم, baḥar al-qulzum, letterlik: "Meer van Calm") is 'n golf aan die noordwestelike punt van die Rooisee tussen die Egiptiese vasteland in die weste en die Sinai-skiereiland in die ooste.

Die middel van die Golf van Suez vorm die grens tussen Afrika en Asië, wat van Egipte 'n transkontinentale land maak. Deur die Suezkanaal, die Golf van Suez, die Rooisee, die Bab-el-Mandeb en die Golf van Aden is die Middellandse See en die Indiese Oseaan met mekaar verbind.

Die belangrikste stad aan die Golf van Suez is Suez, waar die Suezkanaal in dié golf uitmond.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]